●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Grootdruk

Results 16 to 30 of 63
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415035023

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
R 99Jy spaar R 11
Braden O Shea is op 'n belangrike sending en moet toegang verkry tot Zara Perkins tot haar lewe, haar huis. Dus huur hy die pragtige partytjiebeplanner om naby haar te kan wees.Maar na een betowerende dans moet hy haar in 'n sneeustorm huis toe neem en word hy saam met haar vasgekeer. En noudat hy haar van nader leer ken het is verleiding sy enigste doelwit. Zara laat sy bloed bruis soos geen vrou wat hy al ooit geken het nie. Maar die beeldskone Zara is sku vir verbintenis en weet sy sal 'n man met so 'n twyfelagtige reputasie op 'n afstand moet hou.
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415035191

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 150
R 135Jy spaar R 15
Piper Quinn baklei hard vir die toekoms van haar toevlugsoord vir wolwe. Moeilike kinderjare het haar geleer om meer op haar gemak saam met diere as mense te voel veral saam met die pragtige wolwe van Aurora Alaska. Toe joernalis Ethan Hale dus daar opdaag om verslag oor haar sukkelende wolfskuiling te doen en van oordeel is dat die wolwe 'n gevaar vir die gemeenskap inhou is sy gereed om hom verkeerd te bewys.
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415035252

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
R 99Jy spaar R 11
Maddison Carter se nuwe beroep is die begin van 'n nuwe lewe totdat sy voor die versoeking te staan kom in die vorm van haar baas, Kit Buchanan wat verbode terrein is. Toe sy saam met hom na sy skotse kasteel moet gaan besef Maddison met Kit aan haar sy het sy nie die perfekte verlede nodig om die perfekte toekoms te kry nie
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415035054

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
R 99Jy spaar R 11
Daar is geen twyfel nie dat hulle huwelik een van gerief en politieke taktiek is. Maar die skaam skoonheid Aziza El Afarim hoop in die geheim dat haar man die seun wat sy eenmaal bewonder het iets sal onthou van die toegeneentheid wat hulle as kinders gedeel het. Behalwe dat sjeik Nabil bin Rashid Al Sharifa glad nie meer die seun is wat hy was nie. Die las van verlies en mag het hom onherkenbaar verander. Waar eenmaal warmte en vrygewigheid was brand nou net 'n gewetenlose passie. Hy sal Aziza alles gee behalwe sy liefde.
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415035160

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
R 99Jy spaar R 11
Toe Aleksandra Dimitriou onthul word as die geheime dogter van Akathinia se voormalige koning word sy uit haar gemaklike bestaan en by 'n koninklike werêld ingepluk.... onder beskerming van Aristos Nicolades.
Aristos het opdrag om nie aan die onskuldige prinses te raak nie. Maar die beeldskone Aleksandra bring rebelse drang na vore wat selfgemaakte Griekse magnaat gedink het hy lankal te bowe gekom het.
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415034934

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
R 99Jy spaar R 11
Toe biljoenêrstrooijonker Roland Devereux met Grace Faraday dans,slaan hy die strooimeisie se voete heeltemal onder haar uit. 'n Tydelike affair is al wat die wewenaar Roland vir Grace kan bied , maar tydens hulle warrelwindvakansie word hul vriendskap soveel meer.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033180

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
R 99Jy spaar R 11
'n Huwelik is die allerlaaste waarmee Gaetano Leonetti opgesaal wil wees. Maar nou het sy oupa bepaal as hy bestuurshoof van die familie se bank wil word, moet Gaetano 'n gawe doodgewone meisie vind om mee te trou. Oortuig dat sy oupa nie al sy varkies op hok het nie, besluit Gaetano om hom met die huishoudster Poppy Arnold te uitoorlê.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415034996

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 150
R 135Jy spaar R 15
'n Huishoudster is dalk net wat hy nodig het... As nuwe president van die Texas Cattleman's Club gaan Case Baxter voortaan sy hande vol hê. Hy is verplig maar teësinning om 'n huishoudster aan te stel. Hy is immers al voorheen lelik deur 'n fortuinsoeker ingeloop. En tog...toe die parmantige rooikop, Melinda Winslow, opdaag, is hy onteenseglik aangetrokke tot haar.
Mellie het groot planne vir haar klein skoonmaakdiensteonderneming. Om 'n invloedryke kliënt soos Case Baxter se naam op haar lys te hê sal 'n aanwins wees. Maar om beenaf op hom te raak kan alles bederf. Mellie sien kans om die wanorde in sy huis op te ruim... Maar sien sy kans vir die sexy beesboer.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415034903

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 130
R 117Jy spaar R 13
Militêre bevelvoerder Jack Sullenberger is gewoond daaraan om probleme op te los. Maar toe sy pa in sy geliefde diner 'n beroerte kry, is dit Olivia Abbott, 'n kelnerin en mediese noodhulpstudent, wat hom te hulp snel. Jack haas hom huis toe om na sy pa om te sien en die besigheid oor te neem, maar hy loop hom trompop in Olivia se sterk opinies vas.Die staalharde soldaat en die kelnerin kan nie saamstem oor wat die beste vir die restaurant is nie. En toe Jack iets sien wat sy toenemende vertroue in Olivia skok, word die onbetwisbare aangetrokkenheid tussen hulle getoets.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415034521

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 150
R 135Jy spaar R 15
Verslaggewer Grace Corbett kom op 'n unieke storie af wat sy eenvoudig moet opvolg. Die stadsmeisie verhuis na Love, in Alaska waar die burgemeester se "Operasie Love" vroue van oor die hele land aan aantreklike Alaska-mans voorstel. Grace gee voor sy is ook een van die vroue op soek na romanse, en haar taak word aansiènlik makliker toe die aantreklike sheriff Boone Prestcotte haar hart steel. Hoewel Grace haarself belowe het sy sal nooit weer verlief nie smelt haar hart in die koue en pragtige Alaska vir Boone. Maar om die dienaar van die gereg se hart te wen, moet sy met die hele mandjie patats uitkom
Publikasiedatum: 2016-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415034507

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
R 99Jy spaar R 11
Vir Zafir al Masood die nuwe sjiek van Behaart was om die vurige Lauren Hamby te verlaat die moeilikste ding wat hy nog moes doen.Gebind deur 'n lewe van eer, is sy vuurwarm warrelwindaffair met lauren die enigste vryheid wat Zafir hom al ooit veroorloof het. Maar nadat hy uitvind Lauren verwag sy kind en was van plan om dit geheim te hou neem Zafir sy passievolle minnares gevange.Anders as hy, sal sy baba nie 'n sjiek se buite-egtelikr erfgenaam wees nie. En om daarvan seker te maak sal Zafir Lauren sy vroumaak !
Publikasiedatum: 2016-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415034514

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
R 99Jy spaar R 11
Toe kamermeisie Kyra Pappas skatryk Cristo Kiriakas se hotelsuite betree, is 'n huweliksaanbod die laaste ding wat sy verwag. Maar Cristo is in die knyp en sy moet help.Hoe kan sy nee sê as hy haar gaan help om haar lanverlore familie op te spoor? Die vraag is net: Kan Kyra keer dat sy op haar beeld van 'n skynverloofde verlief raak?
Publikasiedatum: 2016-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415034545

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
R 99Jy spaar R 11
Die talentvolle traumaspesialis Cade Byfield het skynbaar alles wat 'n mens se hart kan begeer, tog voel hy nog altyd iets ontbreek. Toe dokter Rebecca Flynn op die Karibiese Eiland aankom, begin Cade dink sy is heel moontlik die antwoord waarna hy op soek is.Maar die geheimsinnige skoonheid verberg 'n onsettende geheim die gesin wat Cade wil hê, is die een ding wat sy hom waarskeinlik nooit sal kan gee nie.Tot een hartstogtelike soen tydens 'n tropiese storm Rebecca tog laat wonder: Kan daar dalk 'n toekoms voorlê waarvan hulle albei droom, indien sy Cade met haar verlede sou vertrou?
Publikasiedatum: 2016-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415034040

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Montana-sheriff Mike Cruise het hom nooit as 'n pa voorgestel nie. Met tydelike toesig oor 'n kleuter moet hy egter vinnig leer. Genadiglik pas nuwe oppasser Malory Smythe goed in en Mike begin glo hy kan die gesinsopset laat werk. Hoewel hy weet dit kan nie vir ewig hou nie.
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415034033

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Vyf jaar gelede het Lily Holloway weggeloop van 'n motorongeluk af, haar rug gekeervir die verbode hartstog wat sy met haar stiefbroer Rafael Castelli gedeel het.Niks kon Lily laat terugkee na die onweerstaanbare Italianer se veeleisende wêreld nie. Noudat hul paaie weer gekruis het is sy desperaat om haar vryheid te behou en beweer geheueverlies sluit alle herinneringe aan hom uit.
Publikasiedatum: 2016-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.