●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Grootdruk

Results 31 to 45 of 63
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415034026

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Stergios Antoniou het sy stiefsuster Jodie Little ,laas gesien die nag toe hulle uiteindelik toegegee het aan hulle verbode aangetrokkenheid tot mekaar.Jodie die molesmaker wat die deur gewys is. Toe hy te midde van 'n uiters belangrike saketransaksie hoor sy is terug in Athene ontvoer hy haar na sy privaat eiland.
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033852

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 150
R 135Jy spaar R 15
Kimberly Gallagher is terug in die dorp om haar ma se florerende huweliksbeplanningsaak te bestuur. Vir 'n ervare geleentheidsorganiseerder soos Kimberly, is dit geen probleem om die uiters spannende troureëlings vir die dogter van 'n senator reg te kry nie. Maar om voormalige polisieoffisier Drew Slade - die senator se sekuriteitshoof èn haar broer se gewese spanmaat - in die oë te kyk, sien sy nie voor kans nie. Drew weet Kimberly neem hom vir haar broer se tragiese dood kwalik. Maar vir enkelpa Drew voel Kimberly se terugkeer na 'n antwoord op sy gebede. En al stry Kimberly met alle mag daarteen, kan sy nie help om op hom verlief te raak nie.

Die vraag is of hulle verlede hulle vir altyd uitmekaar gaan hou, of sal 'n onverwagte onthulling van die waarheid hulle uiteindelik bymekaar bring?
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033845

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 150
R 135Jy spaar R 15
Na 'n ongure egskeidingskandaal en hofsaak in die VSA ontkom Louisa Harrison na Monte Calanetti in Toskane, Italië, smagtend na vrede en stilte, en die kans om haar lewe te herbou.

In Monte Calanetti sit die aantreklike Nico Amatucci, 'n skatryk wynboer, haar hart se snelgang. Maar het sy die moed om haar hart wat aan die genees is aan diè man met sy eie innerlike probleme toe te vertrou?
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033821

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 150
R 135Jy spaar R 15
Kalm en bedaarde Melodie Parnell, wat haar lewe lank al na ongebonde hartsog smag, dink sy het dit in die onweerstaanbaar aantreklike Roman Killian se bed raakgeloop. Maar in die smeulende nadraai van hulle passievolle ontmoeting word Melodie wreed na die werklikheid teruggeruk toe Roman sy eintlike doel met haar openbaar - om haar lewe te verwoes.

Roman bevredig die hunkering in Melodie se verruklike blou oë, maar dis net waar dinge skeefloop! Oortuig daarvan dat die vyand haar gestuur het, wou hy haar bloot straf! Toe dit blyk dat sy onskuldig was, is Roman genoodsaak om sy planne te wysig...
Gaan sy beloftes om wraak te neem dalk in huweliksbeloftes verander?
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033876

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Noodverpleegster Emily Hoover keer as 'n nuwe vrou terug na Williamsburg.Sy is nie meer skaam en teruggetrokke soos voorheen nie, maar sterk onafhanklik en niks skrik haar af nie.
haar enigste swakheid.....? Aantreklike dokter Chase Montgomery. Die vonke wat tussen hulle spat is so vurig soos altyd maar 'n vroeëre aanval op Emily dreig steeds om sake tussen hulle te verongeluk.
Chase is vasbeslote om Emily te oortuig sy sal altyd veilig in sy arms wees.Sien sy egter kans om weer haar hart oop te stel en opnuut verlief te raak?
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033869

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Hy wou nie die prinses hê nie, maar sal hy met die diensmeisie trou?

Nadat hy die koninklike geriefshuwelik wat sy inmengerige pa vir hom bewimpel het, net-net vrygespring het, is sakeman Will Rowling toegespits op wat hy wil hê. Een ding is seker: Hy wil Cat Iberra hê, sy pa se huishoudster, die vrou wat hy 'n paar jaar gelede verloor het.

Maar Cat huiwer. Will het haar een keer in die steek gelaat - hy behoort hom te skaam! - maar twee keer? Wel, miskien is sy lus om vir die gek gehou te word. Maar gaan 'n familiegeheim haar tweede kans met die man wat haar hart gesteel het, in die wiele ry?
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033593

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Algemene Praktisyn,Julia MacKenzie se lewe is uiteindelik weer op koers. Die geveg om St. Bryar-kliniek te red, laat haar van haar hartseer vergeet en 'n nuwe toekoms op haar term skep.
Dit duur egter slegs tot Julia lètterlik in onweerstaanbare dokter Oliver Wyatt se arms val.Skielik is haar hele wêreld onderstebo. Oliver is nie net die toekomstige hertog van Breckonshire nie, maar ook die man wat dreig om haar praktyk te sluit.
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033579

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 150
R 135Jy spaar R 15
Dis Lily St. George se uiteindelike droom om te trou en 'n gesin te hê. Maar as tydelike kleuterskoolonderwyseres kan sy nie te geheg raak aan enigiemand in Oaks Crossing nie.Maar toe een van die dogtertjies haar enkelpa na die wys-en-vertel-klas bring is Lily dadelik tot die innemende Mike Kinley aangetrokke.
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033562

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Die oudhedehandelaar Caroline Fielding se werk beteken vir haar meer as haar huwelik met die aantreklike Jack Pearce. Na vyf jaar van skeiding behoort hulle verhouding iets van die verlede te wees,maar toe Jack opdaag om 'n egskeiding te vra, blyk dit hulle aangetrokkenheid tot mekaar is nog net so sterk as voorheen!
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033364

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 150
R 135Jy spaar R 15
Alessandro Falcone is alombekend as 'n wenner in alles wat hy aanpak. Om teen sy sin ter wille van sy bejaarde pa Skotland toe te moet gaan, is lastige vir die alleenloper biljoenêr, maar hy sal gaan,kry wat hy wil hê en padgee,Maar toe in die lang koue nagte van die Skotse Hooglande bied die verruklike Laura Ried welkome afleiding...
Laura mag dalk die teenoorgestelde wees van die glansryke vroue aan wie Alessandro gewoonlik voorkeur gee maar haar verfrissende onskuld en verleidelik lyf bied 'n bekoring wat van haar de te meer 'n uitdaging maak.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033371

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Kunskenner Prudence Elliot is geskok toe 'n nuwe werk haar van aansig tot aansig met Laszlo de Zsadany bring die onweerstaanbare enigma wat soos 'n komeet deur haar lewe geskiet het. En net haar gebroke hart agtergelaat het.Selfs meer skokkend is dat Laszlo nie net skatryk is nie maar die belofte van hul jeug wetlik bindend is...hy is haar man!!!!
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033388

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 150
R 135Jy spaar R 15
Biljoenêr Frederic Lafontaine is geleidelik besig om sy sig te verloor en hy hou almal op 'n afstand. Toe sy sjef Piper Rush egter 'n gelag en lig in sy lewe terugbring, laat sy hom sien hie die lewe kan wees.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033395

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 150
R 135Jy spaar R 15
Na  jare wat hy weg was om sy land te dien kom Cole Bishop uiteindelik huis toe met 'n nuwe baba op sleeptou. As enkelpa het Cole nou hulp nodig. Maar die laaste ding wat hy by sy nuwe werk verwag is 'n herontmoeting met sy jeugliefde nou volwasse en mooier as ooit.Tessa Aplewhite het dalk jare gelede Cole se hart gebreek,maar sy het hom nooit vergeet nir. En hy kan met haar hart toor soos niemand dit nog ooit kon doen nie. Maar Tessa het hom verwerp toe daar nie naasteby so baie op die spel was nie. Kan Cole haar weer vetrou en hulle in die proses vir altyd 'n gesin word.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033401

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Bloemiste Faith Crawford het 'n blink plan" koop" Hawke's Blooms se betuurshoof op 'n vrygeselveiling vir liefdadigheid en gebruik hulle afspraak om hom van haar talente met blommerangskikkings te oortuig.Haar plan loop skeef toe die fokus van die ontmoeting van blomme na 'n aardskuddende soen verskuif,
Dylan Hawke sit tussen twee vure. Om die talentvolle Faith te bevorder is nie 'n probleem nie maar maatskappyvoorskrifte verbied hom om met haar bevriend te raak. Hy is verplig om 'n professionele afstand te handhaaf die goeie naam van die gesinsaak mag andersins in die gedrang kom. Net jammer Dylan is nie met een soen tevrede nie.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033418

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Na 'n liefdesteleurstelling keer die kinderarts Caitlin Braemar terug na haar geboortedorp in Buckinghamshire om haar lewe van nuuts af te begin. Heeltemal onverwags kom sy agter haar buurman is Brodie Driscoll haar eerste liefde en steeds 'n lus vir die oog. Boonop is hy ook haar nuwe baas!
Publikasiedatum: 2016-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.