●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Grootdruk

Results 46 to 60 of 63
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033203

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 150
R 135Jy spaar R 15
Kade Quinn 'n bekende perdeafrigter was nog altyd rusteloos. Maar wanneer die ryk swerwer hoor hy het 'n seun by die pragtige Bridget Wells Verwek, moet hy sy prioriteite in heroënskou neem. Hy wil 'n pa vir sy kind wees en weer op Bridget verlief raak. Maar kan Bridget dit waag? Die onweerstaanbare cowboy het haar tevore liederlik in die steek gelaat.
Publikasiedatum: 2016-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033012

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 150
R 135Jy spaar R 15
Isabella Gray wou nog altyd graag op 'n klein dorpie woon.Pas in Claremont,Alabama aangeland, het sy dalk uiteindelik die geleentheid om dit te vind en nog meer,Aantreklike Titus Jameson en sy dogter Savannah trek onmiddelik Isabella se aandag. Die kind wat nie 'n ma het nie herinner Isabella baie aan haarself toe sy klein was,en sy besluit sy gaan die dogtertjie help om 'n bietjie uit haar dop te kruip.
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033074

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Noah Jackson wil net 'n chrirug wees,Maar hy word teen sy sin na Turraburra uitgeplaas,waar hy saam met die pragtige vroedvrou Lilia Cartwright as algemene praktisyn moet gaan werk. Sy lees hierdie aantreklike maar afgetrokke dokter die leviete voor oor sy gebrek aan dokterstakt,maar sien meer as net dit raak.En iets ontwaak in sy hart wat hy al lank toegesluit hou.
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415032923

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Aantreklike wêreldwyse Benedict Warrender het muurblommetjies Lily Gray destyds kwalik raakgesien,maar een kyk van hom was genoeg om haar in die verleentheid te bring.Sedert sy egter weens 'n onverwagte kinkel in haar lewenskabel weer in sy wentelbaan beland het is dit herinneringe aan hulle aardskuddende nag saam wat haar laat bloos.
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415032718

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Stadsjapie en dokter Cara Conner kan aan niks ergers dink as om na haar ouerhuis in 'n dorpie in Alabama terug te keer en ses maande daar in haar pa se praktyk te werk nie. Tot sy met haar nuwe kollega- en ou mededinger- dokter Slaon Trenton kennis maak. As hy tog net nie so onweerstaanbaar aantreklik was nie!
Gou begin Sloan se mensliewendheid egter Cara se bewondering afdwing. Dit gaan moeiliker wees om van hierdie buitengewone man af weg te gaan as wat sy haar ooit voorgestel het, totdat sy agterdogtig begin raak oor sy motiewe
Publikasiedatum: 2016-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415032039

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Eens was hy die kroonprins met 'n koninkryk om te regeer...
Maar toe 'n gebroke hart hom roekeloos maak, verloor Azeez byna alles-ook sy lewe. Nou moet hy kies: bring die res van sy lewe in die skadu's van die verlede deur, of gryp die toekoms aan as die ware koning van Dahaar.
Dokter Nikhat Zakhari het Azeez verlaat omdat sy nie vir hom kon gee wat hy nodig het om te heers nie. Maar nou het die enigste man wat sy ooit liefgehad het, haar helende aanraking nodig en sy is magteloos om hom te weerstaan.
Azeez weet hy moet die troon bestyg-maar sal hierdie onvergeetlike vrou instem om sy woestynkoningin te wees?
Publikasiedatum: 2016-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415032060

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 120
R 108Jy spaar R 12
Gestrand in 'n hewige Colorado-sneeustorm op enkelpa Dan Gallagher se ranch, tel dokter Beth Rogers die dae totdat die paaie weer oop is. 'n Opwindende nuwe lewe wag vir haar in New York en sy kan nie wag om daar te kom nie. Maar intussen bring die stadsdokter die omgewing se babas in die wêreld, help pasgebore kalfies voer en leer Dan se dogtertjie klavier speel.Koelkop Beth gooi selfs die aantreklike, skugter cowboy met 'n sneeubal of twee.
sy was oortuig sy kan nie wag om weg te kom nie, maar hoekom droom sy dan dat Dan vra om vir altyd te bly...?
Publikasiedatum: 2016-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415032091

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Jare gelede het Heath Langston met Julianna Eden weggeloop om te gaan trou. Dit sou nie hulle ouers se goedkeuring weggedra het nie. Aangesien die huwelik nooit volvoer is nie, het elkeen sy koers gegaan sonder om vir iemand te vertel wat hulle aangevang het.
Familiekwessies bring hulle noodgewonge terug na hulle geboortedorp. Hulle is verplig om onder dieselfde dak te woon. Heath, keelvol vir die bedrogspul,dring by Julianne aan op die egskeiding wat sy jare lank al ontduik. So nie moet sy die belofte nakom wat in haar oë smeul en uiteindelik sy vrou in die ware sin van die woord word.
Publikasiedatum: 2016-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415032534

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Die Mendoza broers is alombekend vir hulle aantreklikheid en vurigheid. Maar Matteo Mendoza, die langbeen, donkerkop vlieënier met die sielvolle oë, word dikwels deur sy meer spontane broer Cisco oorskadu. Nou het Matteo sy oog op restaurant-gasvrou Rachel Robinson. En die keer gaan hy nie vir sy broer terugstaan nie!
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415032688

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Om 'n locumverpleegster te wees, pas Rebel Taylor uitstekend. Geen bande, verhoudings of romanse nie. Wat kan sy in elk geval 'n man bied met die dat haar familie die Huntington gene dra. Maar Duncan McFee, Albuquerque se seksieste dokter, stem nie saam nie. Hy is vasbeslote om hierdie pragtige, wonderlike vrou van plan te laat verander en haar verhaal laat hom boonop sy hart op die spel plaas.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415032374

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Jessica Holcomb se verloofde laat haar voor die preekstoel in die steek. Sy gaan skuil in haar eertydse swaer se luukse strandhuis in Suid-Kalifornië om haar wonde te lek. Daar kom sy agter dat Zane Williams superster en gewilde countrysanger,steeds sukkel om sy vrou se tragiese dood te verwerk.
Die twee verwonde siele vind hulle gemaklike vriendskap heilsaam-tot Jess met 'n skok besef sy voel aangetrokke tot Zane, En om alles te kroon, gedra Zane hom eensklaps soos 'n jaloerse kerêl teenoor elke buurman wat in haar belang stel. Sou hy net oorbeskermend wees?Die vraag word beantwoord toe Jess in sy bed beland...
Publikasiedatum: 2016-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415032367

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 120
R 108Jy spaar R 12
Dokter Spring Darling het alles wat sy nodig het:'n Wonderlike familie en 'n bedrywige werk om die kinders van Cedar Springs,Noord-Carolina te help. Sy het moed opgegee om liefde daarby te voeg-tot die oomblik wat David Camden en sy oulike seuntjie by haar spreekkamer in stap.Spring aanvaar David is net nog 'n in-die-verknorsing-enkelpa wat na die gratis kliniek toe kom,maar voorkoms kan misleidend wees.Want David het 'n werk-hy is trouens die argitek wat 'n nuwe ontwikkeling in die middel van Spring se eiendom beplan!
Sal Spring haar huis, en 'n nuwe liefde kan behou as sy uitvind wat die ware toedrag van sake is.
Publikasiedatum: 2016-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415032152

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Een toweragtige week was al wat dit geverg het vir die skaam Lindsay Douglas om dolverlief te raak op die charismatiese Antonios Marakaios. Maar na 'n warrel- windtroue blyk die druk en eensaamheid daarvan om die trotse Griek se vrou te wees, te veel vir Lindsay en is haar enigste uitweg om weg te gaan.
Nou het haar vasberade man teruggekeer met net een eis: dat sy die familiebyeenkoms moet bywoon in ruil vir 'n finale skeiding. Maar Antonios se stem stuur steeds rillings langs Lindsay se ruggraat af en herinner haar aan hulle intense begeerte na mekaar. Kan een week genoeg wees om weer verlief te reek?
Publikasiedatum: 2016-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415032183

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Vasgekeer in 'n hut saam met die man wat haar laat smag na dìt wat haar nie beskore is nie...
Die huweliksfotograaf Briana Harper het nie verwag om by 'n verlowingsfotosessie in haar ekskêrel vas te loop nie! En toe 'n sneeustorm hulle gestrand laat...alleen... in 'n afgeleë berghut, weet sy sy is in die moeilikheid. Sy het Ian Lawson nog nooit vergeet nie. Maar nie een van die redes waarom hulle uitmekaar is, het verander nie. Hy is steeds 'n werkslaaf! Ian is egter 'n man wat weet wat hy wil hê, En hy wil Briana hê. Terwyl hy die leuens rondom sy verlowing ontrafel, laat dit hom vry om... toe te gee. Maar om te bewys dat hy verander het, kan dalk die muskietmagnaat se moeilikste onderhandeling ooit wees...
Publikasiedatum: 2016-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415032190

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Die eertydse weermagdokter Marc Rousseau is moontlik onweerstaanbaar sexy, maar hy spesialiseer daarin om moeilik te wees! En om sy aan sy met die pragtige dokter Anne Sebastian te werk, is 'n soete foltering - sy kyk dalk deur Marc se nors uiterlike, maar sy is beslis taboe...
Toe 'n laataandswemmery tot 'n vurige soen lei, begin hulle wonder - durf hulle 'n kans waag op 'n opwindende toekoms saam ?
Publikasiedatum: 2016-02-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.