●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Kobus Geldenhuys

Results 31 to 45 of 85
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310914

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 195
Andy en Terry het nóg vloere aangebou by hulle fantastiese boomhuis! Nou is daar 39 vloere met allerhande prettige byvoegings - soos die wêreld se vreesaanjaendste tuimeltrein, 'n maller-as-mal-mallemeule, 'n reusetrampolien, en 'n disko om maar net 'n paar goed te noem. En die beste byvoeging van als? ... Terry se nuutste uitvindsel ... 'n masjien wat self boeke skryf en illustreer! Nou kan hulle meer speel en minder bekommer oor die sperdatum vir hul boek (waarmee hulle, soos elke jaar, laat is).
MAAR iets gaan verkeerd! Die masjien gaan berserk! En om die situasie te red, moet hulle Idiotus, die wêreld se grootste ONT-ontwikkelaar, se hulp inroep ...
Dis dalk hul slegste plan nog ...
Publikasiedatum: 2019-09-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781485310976

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 195
Andy en Terry woon in die beste boomhuis ter wêreld! En hulle het intussen bouwerk gedoen. Nou het die boomhuis 26 vloere! Hul boomhuis het nou onder andere ook 'n moddergeveg-arena, 'n stamkarretjiesbaan, 'n anti-gravitasiekamer, 'n skaatsplankbaan en 'n doolhof van doem wat so ingewikkeld is dat niemand nog ooit daaruit kon kom nie - tot nou toe ...
En dis die laaste persoon op aarde wie hulle wil sien!

Andy and Terry live in the world's best treehouse! And in the meantime they have been busy builders and added more storeys to their house. It now has 26!! There is a cool skate ramp, a crocodile-pit hazard, a mud-fighting arena and a maze of doom that is so complicated that nobody who has gone in has ever found his way out again. Until now ...
And the two besties are not delighted to see him!
Publikasiedatum: 2019-09-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179997

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 179
1) Die aand van die blou kaalkoppe
2) Die slinkse slangslenter
3) Honde,hoede en hande

Kwaaikofski is 'n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal 'n talent daarvoor. Gee hom 'n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski word deur ouens met kaalgeskeerde blou koppe ontvoer, hy vertel hoe sy pad vir die eerste keer met die van die Slang gekruis het en hy moet 'n vermiste hond opspoor.
Publikasiedatum: 2019-08-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310358

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 295
IS JY DAPPER GENOEG OM DIE WÊRELD SE STOUTERSTE STOUTGATTE TE ONTMOET?

Wees gewaarsku! In hierdie boek is daar tien splinternuwe stories oor die vyf mislikste meisies en die vyf stuitigste seuns ooit.

Jy sal onder andere kennis maak met Hompie die honger baba, wat sy ouers se huis van hoek tot kant leeg eet en hulle dan boonop ook verslind. En Grillerige Griselda gaan jou die horries gee met die poetse wat sy almal in haar skool (selfs die arme hoof ook) met haar grillerige goggas bak.

Laat die blitsverkoper David Walliams jou vermaak met tien heerlik ondeunde stories oor die aardigste kinders op aarde, met vrolike volkleurillustrasies deur Tony Ross.
Publikasiedatum: 2019-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310341

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 295
Ontmoet vyf stuitige seuns en vyf mislike meisies!

Soos Ruda - 'n meisie wat so baie op die rusbank sit en TV kyk dat sy aan die bank vasgroei! Of Dries Drup-drup - 'n seun wie se kwyl hom op 'n skooluitstappie in allerhande moeilikheid laat beland! En moenie vergeet van Sanet Skreenet nie - 'n monsteragtige ouer suster wat liederlike leuens vertel!

Laat die blitsverkoper David Walliams jou vermaak met tien heerlik ondeunde stories oor die aardigste kinders op aarde, met vrolike volkleurillustrasies deur Tony Ross.
Publikasiedatum: 2019-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310525

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Ontmoet mnr. Wolf, mnr. Haai, mnr. Slang en mnr. Piranha. Hulle maak mens bang, hulle is gevaarlik en hulle is sommer net ... GOOR.
MAAR hierdie vier ouens wil graag helde wees. Hulle is moeg daarvoor om as slegte ouens gebrandmerk te wees. En hulle wil dit bewys, of jy nou daarvan hou of nie.
En hul eerste missie as GOEIE ouens besluit mnr. Wolf om honde uit 'n maksimum-sekuriteit-hondeskut te red. Maar sal die missie slaag met dié vier bullebakke saam?
Dié prettige boek is van bladsy 1 tot 144 vol snaakse illustrasies wat lui lesers sal geniet!
Publikasiedatum: 2019-08-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310105

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 185
Jy kry allerhande soorte pa's. Daar is vettes en maeres, langes en kortes. Daar is lawwe pa's en ernstige pa's, pa's wat bulder en pa's wat sag praat.

Daar is natuurlik goeie pa's.
En daar is slegte pa's …

“Ek is absoluut dol oor David Walliams se boeke... Hulle gaan klassieke werke word.”
Sue Townsend, Guardian

“Uiteindelik 'n waardige opvolger vir Dahl.”
Telegraph
Publikasiedatum: 2019-06-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309635

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Die vierde en finale boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks.
Lord Goth hou 'n musiekfees by die Grommengrys-herehuis, en die land se beste musikante gaan daar kom optree. Ada sien baie uit, maar eers kry sy te doen met haar ouma wat probeer om vir haar pa 'n deftige dame as vrou te kry, 'n sater wat in haar klerekas bly en Maltravers wat weer sy ou streke uithaal. Ada moet seker maak dat alles volgens plan verloop, en gelukkig bied 'n baie interessante huisgas aan om te help …
Publikasiedatum: 2019-04-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179171

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 170
1) Die kougomstrik
2) Die geheim van die vlieende koei
3) Die pienk skoolspook

Kwaaikofski is 'n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal 'n talent daarvoor. Gee hom 'n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski moet uitvind waarom sy gunsteling-kougom uit Olga se winkel verdwyn, die geheim van 'n vlieënde blou rubberkoei ontrafel en 'n vreemde pienk spook op die skoolgronde vastrek.
Publikasiedatum: 2019-03-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309628

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Die derde boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks.
Die wêreld se beroemdste skrywers kom spog met hulle bedorwe brakke by die Grommengrys-herehuis se literêre hondeskou.
Maar daar is allerhande vreemde dinge in en om die herehuis wat Ada pla - geheimsinnige dierespore, tjankgeluide snags en skoene waaraan gekou is. Kan sy uitvind wat aangaan voor dit weer volmaan is?
Publikasiedatum: 2019-02-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178495

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 230
Hierdie wonderlike boek met 15 tydlose verhale, pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters stel kinders bekend aan die betowerende wêreld van die Broers Grimm.
Publikasiedatum: 2019-02-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309215

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 210
Sê nou oeroue mites is glad nie mites nie, en daar bestaan regtig iets soos monsters en towerkuns?
Alfie is die troonopvolger, maar op veertien sukkel hy nog om skool te oorleef. Terwyl 'n oeroue vyand probeer om Brittanje in sy bose mag te kry, besef hy dit gaan baie meer gaan verg as wat hy ooit gedink het om koning te word: Alfie moet ook die Redder word: Die Redder van die Ryk.

Alfie thinks he knows his destiny. As the heir to the throne of Great Britain, he's fated to become the most disappointing king in the nation's history. Little does he know that with the throne comes an ancient secret. He who wears the crown of England, must protect the country as the legendary hero, the Redder.
The path of two kids with very different lives cross, and together they join the battle against criminals and monsters, villains and dragons, to save the nation.
Publikasiedatum: 2018-11-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309611

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Chris Riddell
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Die opvolg van die bekroonde Juffrou Goth en die spookmuis. Daar word naarstiglik voorbereidings getref vir die volmaanfees en die groot Grommengrou-bakkompetisie.
Beroemde kokke daag vir die groot geleentheid op, en soos gewoonlik tree Maltravers verdag op. Om alles te kroon verras Ada se ontwykende kamermeisie, Martelina, haar met 'n groot geheim en dit lyk asof almal Ada se verjaarsdag vergeet het!
Publikasiedatum: 2018-10-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308782

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 230
Toe 'n krieketbal Tom se kop tref, moet hy Lord Funt-hospitaal toe gaan, waar hy ontvang word deur 'n man met die skrikwekkendste voorkoms wat hy nog ooit gesien het. En net toe hy dink dat dinge nie erger kan word nie, ontmoet hy die bose matrone wat in beheer is van die kinderafdeling …

Die Middernagbende is David Walliams se negende kinderroman.
Publikasiedatum: 2018-09-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308799

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 200
Hierdie storie gaan oor 'n jong towenaarseun en 'n jong krygermeisie wat van geboorte af geleer is om mekaar soos gif te haat.
Die storie begin met die ontdekking van
'N REUSAGTIGE SWART VEER.
Is die towenaars en krygers dalk so besig om teen mekaar te baklei dat hulle nie agterkom dat 'n oeroue bose mag teruggekeer het nie?
Is daardie veer dalk regtig 'n hekseveer?
Publikasiedatum: 2018-08-28

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.