●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Sonya Van Schalkwyk-Barrois

Results 16 to 30 of 33
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485306917

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 135Jy spaar R 15
Julius Caesar wend hom tot sielkundige oorlogvoering ... Ignasius Vullus, die Romeinse agent, maak moeilikheid en onder die Galliërs en probeer hulle beïnvloed om mekaar van verraad te verdink. Het Asterix regtig die geheim van die towerdrankie aan die Romeine verkoop? Sal Asterix, Obelix en Kasterolix die glibberige Ignasius Vullus kan uitoorlê en vrede in die dorpie herstel?
Asterix en die groot moles is die 15de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Publikasiedatum: 2017-12-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485304289

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 135Jy spaar R 15
Die Galliese stamhoof, Tweegesix, vra vir Allamapstix om sy koperpot vol geld te bewaar en uit die Romeine se hande te hou. Asterix hou wag by die pot, maar dit en die geld word gesteel. Asterix en Obelix moet nou maniere vind om geld in te bring sodat hulle die skade aan Tweegesix kan terugbetaal. Hulle doen enigiets: neem deel aan gladiatorkompetisies, is akteurs in 'n teaterproduksie en beroof selfs 'n bank! Sal hulle die geld kan terugbetaal en uitvind wie sit eintlik agter die kroekspul?
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485306085

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 135Jy spaar R 15
Die dapper Iberiërs hou nog die fort teen Julias Caesar, net soos Asterix en sy vriende. Maar wanneer die Romeine Grootcoq y Dores se seun gevange neem, staan die Galliërs reg om te help. Asterix en Obelix kry vir Pépé uit die kloue van die Romeine en moet hom Spanje toe neem. Langs die pad moet hulle egter teen 'n oeros baklei en die nukke van die astrante Pépé trotseer ... Asterix in Spanje is die 14de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300854

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 135Jy spaar R 15
Die atlete van die antieke wêreld kom in Athene bymekaar vir die Olimpiese Spele. Asterix en Obelix en die ander Galliërs skryf ook in, maar hulle beleef 'n terugslag: Die drink van towerdoepa is verbode, want dit is 'n opkikker. Kan die Galliërs die Olimpiese Spele wen sonder towerdoepa? En wat is die spesiale bestanddeel van die doepa wat staan in die hut waarvan die deur nie mooi sluit nie?

Asterix by die Olimpiese Spele is die 12de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Publikasiedatum: 2016-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300847

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 135Jy spaar R 15
Jare gelede is Vercingetorix by Alesia verslaan en Gallie is amptelik oorwin...'n teer onderwerp waaroor die Alesiers (of sal ons se Alesjiers) nie graag praat nie. Tydens hierdie oorwinning het Vercingetorix sy skild aan Caesar se voete neergewerp (letterlik), en sedertdien is dit nooit weer gesien nie...En word dit dus 'n gesogte voorwerp waarna nie net Caesar nie, maar ook ons Galliese helde soek. Hulle soektog neem hulle na interessante plekke en elkeen het 'n storie om te vertel oor wat van die beroemde skild geword het. Hul begin te wonder of hul ooit in die regte hoop houtskool soek! Dalk is die skild nie so ver weg van hulle soos hulle dink nie...
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300830

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 135Jy spaar R 15
Daar is groot fout met Obelix! Hy eet net twee wildevarke op 'n keer en dwaal rusteloos rond. Die druide sien 'n nuweling in die Galliese dorpie en sit dadelik twee en twee bymekaar. Die beeldskone Tierlantyn het kom kuier - en Obelix is dolverlief. Ongelukkig is Tierlantyn reeds verloof, en baie hartseer, want haar verloofde, Melodramatix, het as legioensoldaat in Afrika soek geraak. Natuurlik bied ons helde, gebroke hart maar dapper gemoed, die tog na Afrika aan om haar geliefde te red.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485305415

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 135Jy spaar R 15
Caesar het 'n boek geskryf! Ja, sowaar! Hy het sy kommentare oor die Galliese Oorlog neergepen. Maar sy slinkse uitgewer, Sinus Apocrivus, het ander planne met die manuskrip. Is Caesar se 'Kommentare oor die Galliese Oorlog' nog volledig, en hoekom word die kopiiste skielik opgesluit? Is dit dalk omdat hulle iets weet wat die res van Gallië nie mag weet nie, en wat die hele ryk gaan skud? Wanneer een van die kopiiste ontsnap met 'n papirusrol onder die arm, is die gort gaar!
Publikasiedatum: 2015-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485301875

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 135Jy spaar R 15
Julius Caesar is vasbeslote om Asterix-hulle se woud te ontbos en te omskep in 'n moderne woonkompleks vir die Romeine, met die naam die Speelplek van die Gode. Cosinus is die talentvolle jong argitek wat die projek onderneem en hy dryf die slawe om die bome uit te trek en te begin bou. Eers probeer Asterix-hulle die bouproses verhinder, maar besef dat die slawe benadeel word. Die Speelplek van die Gode word gebou en die Romeine trek in. Hoe gaan die Galliërs hul geliefde woud met wildevarke terugkry?
Asterix en die Speelplek van die Gode is die 17de boek in die gewilde Asterix-reeks.

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor 'n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.
Publikasiedatum: 2015-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300823

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 135Jy spaar R 15
Olaf Grotentaf, die gevreesde leier van die Noormanne, ken geen vrees nie. Daarom wil hy by 'n bangbroek leer wat vrees is, want hy dink dit laat 'n mens vlieg. Hy en sy manne doen aan by die Galliese kus en ontvoer vir Spiekerix, Allamapstix se kleinneef. Hy moet hulle leer wat vrees is. Weer eens moet Asterix en Obelix inspring om hul hoofman se nefie te red.

Asterix en die Noormanne is die negende boek in die gewilde Asterix-reeks.
Publikasiedatum: 2015-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300809

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 135Jy spaar R 15
Die Galliese hoofman Disvimygrix omhels die Romeinse kultuur met groot entoesiasme. Die Romeine sien dit as 'n gulde geleentheid om 'n idee by hom te plant: Hulle vra hom om die Galliese hoofman Allamapstix tot 'n stamhoofgeveg uit te daag. Die hoofman wat wen, neem beheer oor die ander stam. Gewoonlik sou Disvimygrix nie waag om Allamapstix uit te daag nie, maar die druïde, Kasterolix, is buite aksie. Obelix het hom raakgegooi met 'n menhir. Nou kan Kasterolix nie onthou hoe om die towerbrousel te maak wat Allamapstix se stam onoorwinlik sal maak nie. Daar is 'n groot kans dat Disvimygrix die groot stamhoofgeveg sal wen en beheer van Asterix se stam sal oorneem ...
Asterix en die groot geveg is die sewende boek in die gewilde Asterix-reeks.
Publikasiedatum: 2014-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300816

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 135Jy spaar R 15
Britannië is in die mag van die Romeine, maar een dorpie bied nog dapper weerstand. Hulle posisie is egter benard. Een van die Britte, Sturefax, is 'n kleinneef van Asterix en hy reis Gallië toe om hulp te vra. Asterix en Obelix is natuurlik gretig om te help en hulle reis met 'n vaatjie vol van Kasterolix se brousel saam met Sturefax na Britannië. Hulle trotseer mis, reën, lou garsbier en gekookte wildevark met kruisementsous. Ongelukkig verloor hulle die vat met towerdoepa en dit is 'n stryd teen die Romeinse goewerneur Cosus Oppiprimus oor wie eerste die vat in die hande gaan kry ...
Asterix en Cleopatra is die agtste boek in die gewilde Asterix-reeks.
Publikasiedatum: 2014-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869198008

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 135Jy spaar R 15
Caesar beskuldig Cleopatra daarvan daar haar volk agteruitgegaan het. Cleopatra is woedend, en beveel dadelik haar beste argitek om binne drie maande 'n spoggerige nuwe paleis vir Caesar te bou. Om so 'n onmoontlike taak te verrig, benodig die argitek dringend die hulp van Kasterolix en sy towerkuns.
Die sesde boek in die gewilde Asterix-reeks, wat groot en klein wereldwyd bekoor.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300229

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 135Jy spaar R 15
Asterix en Obelix ontdek een bitter koue oggend 'n blok ys op die strand ... met 'n bevrore Pikt binne-in. Kasterolix se doepa ruk hom weer reg en die twee vriende vergesel die Pikt, MacLawaai, terug Pikteland toe om hom met sy clan en sy verloofde te verenig. Maar in Pikteland is alles nie pluis nie. Die bose MacAber hou homself baas. Hy het 'n ooreenkoms gesluit met die Romeine, en doen alles in sy mag om as nuwe koning verkies te word. Maar ons vriende sal wel 'n stokkie (of 'n paal?) voor sy planne steek.
Publikasiedatum: 2013-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197971

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 135Jy spaar R 15
Oeps, dit het weer gebeur: Kasterolix is ontvoer. Hierdie keer deur 'n wilde bende Gote. Asterix en Obelix moet inderhaas die grens na Germanië oorsteek om hul geliefde druïde te bevry. Maar in die proses om Kasterolix te red, veroorsaak Asterix en Obelix 'n hele reeks bende-oorloë onder die Gote. Asterix en die Gote is die derde boek in die gewilde Asterix-reeks
Publikasiedatum: 2013-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197988

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 135Jy spaar R 15
Ag nee! Die Romeine het Liederlix gevange geneem om vir Caesar as 'n geskenk te gee. En Caesar is van plan om hom vir die leeus te gooi. Daar is net een manier waarop Asterix en Obelix die dorpsanger kan red: hulle moet gladiators word!

Asterix die gladiator is die vierde boek in die gewilde Asterix-reeks.
Publikasiedatum: 2013-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.