●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Kobus Geldenhuys

Results 61 to 75 of 85
Gesorteer volgens:  Prys
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798157216

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
"Dirk gaan by sy maatjie Konyn oorslaap. Maar op pad loop Dirk 'n paar skapie-maats raak en bring hulle saam. Konyn sê hy is mal daaroor as skapies kom oorslapies, maar hoe nou gemaak: Konyn se plek is propvol gestop!
Hoe gaan Dirk ooit kan slaap?"
Publikasiedatum: 2012-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182515

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Kwaaikofski verwag net een ding van skool: rus en vrede! Dit is tog die enigste plek waar 'n besige privaat speurder kan ontspan. Maar nou moet hy ondersoeke in sy eie klas doen! Die nuwe seun in die klas is in groot moeilikheid. Die oplossing is voor die hand liggend: Kwaaikofski lok die skuldiges in 'n onweerstaanbare soet lokval!
Publikasiedatum: 2021-11-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485312963

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Daar is slegte nuus en goeie nuus ... Die wêreld gaan eindig, MAAR die Bullebakke is hier om dit te keer! Dit beteken hulle sal net 'n vuurpyl moet “leen”, en daar is miskien iets kriewelrigs in die ruimtepakke ... en mnr. Piranha het moontlik te veel burrito's geëet ... Maar nou ja, dit kan tog nie so erg wees nie? Of ? Die dapper helde is op pad MAAN toe om die mal marmotjie te gaan wys wie's baas.

The bad news? The world is ending. The good news? The Bad Guys are back to save it! Sure, they might have to “borrow” a rocket... And there might be something nasty in one of the spacesuits... And Mr Piranha might have eaten too many bean burritos... But seriously, how BAD can it be? How bad?! SUPER BAD. It's one small step for the Sort-Of-International-League-Of-Good-Guys-Guys. It's one giant leap for three Bad Guys.
Publikasiedatum: 2021-09-22
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311751

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Die Bullebakke wil steeds helde wees, maar hierdie keer bevind hulle hulself in 'n penarie. Hulle het met die verkeerde marmotjie gemors! Hoe gaan hulle uit 'n REGTE BULLEBAK se kloue ontsnap? As hulle net kan saamwerk en ophou om mekaar te wil probeer eet! Boonop agtervolg 'n geheime ninja hulle ...

These bad guys still want to be seen as heroes, but they have run into a spot of trouble and are about to have a VERY BAD DAY! Die Bullebakke have messed with the wrong guinea pig, and the nasty furball wants revenge! Hopefully they will escape ... if they can only stop trying to eat each other!
And who is the misterious ninja following them around?
Publikasiedatum: 2020-08-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311768

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Marmelade, die bose marmotjie, het die hele wêreld in gevaar gedompel met behulp van sy weermag van zombie-katjies! Die Bullebakke sien dit as nog 'n geleentheid om hulle heldhaftigheid te bewys. Gelukkig voer hulle nie alleen die stryd teen die wollerige miaau-monsters nie. Hulle nuutste lid is nie net mooi nie (ja, Meneer Wolf kan sy oë nie van haar afhou nie!) sy besit ook allerhande cool vegvaardighede!

The evil Marmelade has launched an army of zombie kittens upon the world and it is up to Die Bullebakke to save it from these cute but crazy little meowing Zittens! Fortunately for them, they now have a very skilled foxy agent to help them out.
Publikasiedatum: 2020-08-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310525

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Ontmoet mnr. Wolf, mnr. Haai, mnr. Slang en mnr. Piranha. Hulle maak mens bang, hulle is gevaarlik en hulle is sommer net ... GOOR.
MAAR hierdie vier ouens wil graag helde wees. Hulle is moeg daarvoor om as slegte ouens gebrandmerk te wees. En hulle wil dit bewys, of jy nou daarvan hou of nie.
En hul eerste missie as GOEIE ouens besluit mnr. Wolf om honde uit 'n maksimum-sekuriteit-hondeskut te red. Maar sal die missie slaag met dié vier bullebakke saam?
Dié prettige boek is van bladsy 1 tot 144 vol snaakse illustrasies wat lui lesers sal geniet!
Publikasiedatum: 2019-08-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310532

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
10 000 hoenders is vasgevang in 'n hoë-tegnologie-hoenderplaas. Wie sal hulle kan red? Dit klink soos 'n missie vir die nuutgestigte Goor Gawies-klub.
Mnr. Wolf, mnr. Haai, mnr. Slang en mnr. Piranha is gereed vir die uitdaging. Maar daar is een klein probleem ... Een van hulle is baie lief vir hoendervleis. Maar toemaar, hulle is mos nou Goeie Ouens. Wat kan tog nou verkeerd gaan?
Dié prettige boek is van bladsy 1 tot 144 vol snaakse illustrasies wat lui lesers sal geniet!
Publikasiedatum: 2018-08-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798169868

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Uiteindelik het Kwaaikofski sy eie rekenaar. Nou hoef hy nie meer sy speursake soos 'n speurder in die Middeleeue op te los nie! En dit is ook nie 'n minuut te laat nie, want Kwaaikofski se nuutste saak lei hom op 'n geheimsinnige dwaalspoor tot diep in die vreemde wêreld van kuberkrakers. Hy moet 'n geheimsinnige rekenaarspeletjie genaamd Towertuin opspoor, voor dit dalk te laat is . . .
Publikasiedatum: 2015-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798169837

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
'n Sirkusbaas roep Kwaaikofski se hulp in: Sy suster, Vanessa, is die ster van die vertoning, maar ewe skielik maak sy elke keer dieselfde fout. Gewoonlik is haar toertjies foutloos en Kwaaikofski ruik lont. Hy sal gou moet uitvind wie besig is met aapstreke in sirkus Zampano.
Publikasiedatum: 2015-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798169806

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Kwaaikofski is g'n amateur nie - hy verkies om agter die skerms te werk. Maar in sy nuutste ondersoek beland hy in die kollig op die verhoog! Drie akteurs met hoofrolle in die skoolopvoering het onder vreemde omstandighede bedank . . . En net die mees talentvolle speurder in die dorp sal nou die skoolfees kan red!
Publikasiedatum: 2015-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798166577

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Bloot 'n roetine-ondersoek, dink Kwaaikofski wanneer Olga hom vra om 'n nuwe saak te ondersoek. Elke oggend verdwyn daar koerante voor haar kiosk. Dit lyk eers nie na 'n uitdaging om die dief vas te trek nie, maar voordat Kwaaikofski weet wat hom tref, beland hy in 'n baie gevaarlike situasie. Alleen en verdwaal in 'n doolhof van donker tonnels, kry die speurder uiteindelik snuf in die neus.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798166546

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Olga is ontroosbaar: haar luukse motor is beskadig! Kwaaikofski kom gou agter daar is meer as een motor met krapmerke op. Die leidrade neem hom na die karwassery in Hoofstraat. Maar die eienaar en sy skropborsels en skoonmaakmiddels is dalk baie gevaarliker as wat hy lyk .
Publikasiedatum: 2014-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798166515

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Kinders is mal oor Speurder Kwaaikofski! Uiteindelik kan hulle nóg 'n heerlike speuravontuur geniet. Kwaaikofski het kompetisie: 'n ander speurder krap in sy slaai! Hierdie ou noem homself 'Koning' en is heeltemal te groot vir sy skoene. Kwaaikofski kan dit beslis nie daar los nie - hierdie dorp is te klein vir albei van hulle. 'n Speurkompetisie sal bewys wie nou eintlik die speurkoning is!
Publikasiedatum: 2014-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798163248

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Gewoonlik ondersoek Kwaaikofski nie sake wat iets met honde te doen het nie - dit is vir beginners. As die stad se ander speurders moet uitvind hy loop agter 'n vermiste hond aan, skaam hy hom morsdood! Maar hierdie keer is dit 'n uitsondering - Masker Mike se reusehond, Wotan, is net so geheimsinnig en buitengewoon soos sy eienaar. Maar wie beskuldig vir Wotan van allerlei wandade? Is dit net 'n manier om van hom ontslae te raak, of probeer iemand vir Masker Mike bykom? Speurder Kwaaikofski stel ondersoek in. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Publikasiedatum: 2013-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798163149

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Hoe het dit eintlik gebeur dat Kwaaikofski 'n speurder geword het? Kwaaikofski dink terug aan sy eerste saak: Die slinkse slangset. Die legendariese saak wat gesorg het dat Kwaaikofski vir Olga ontmoet en ook Carpenters kougom ontdek het! Dit is ook die raaisel wat daartoe gelei het dat hy sy ware roeping vind: Om 'n wêreldklas speurder te word.

Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Publikasiedatum: 2013-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.