●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799380125

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Vries! Hierdie pretpark sal jou koue rillings gee ... Bennie en Jenny is opgewonde toe hulle hoor professor Fungus gaan help met 'n nuwe pretpark wat binnekort oopmaak. Winterland lyk na groot pret - daar is 'n ski-helling, rowwe ritte en selfs robotdiere uit die Ystydperk! Maar dan vind Bennie en Jenny uit iets is nie pluis by die pretpark nie. Watter geheimsinnige planne voer die vreemde De Vries-tweeling in die mou? Kort voor lank moet Bennie en Jenny 'n plan maak om die hele wêreld te red - voor die nare tweeling 'n nuwe Ystydperk laat begin! Jong wetenskapliefhebbers (en almal wat mal is oor snaakse stories!) verslind Jaco Jacobs se Professor Fungus-reeks - en die ongelooflike illustrasies deur Johann Strauss sorg sommer vir dubbel die leespret! Elke storie is propvol fantastiese karakters en wilde, skreeusnaakse avonture. En by Einstein se snor, agterin elke boek is daar boonop 'n eksperiment wat jy tuis kan doen!
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799380132

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Daar's 'n monster in die laboratorium ... Jenny is baie opgewonde. Sy het sowaar die hoofrol in die skoolkonsert gekry! Maar toe sy en Bennie die middag voor die konsert by professor Fungus gaan kuier, drink sy per ongeluk 'n vreemde mengsel ... En kort voor lank het dit VREESAANJAENDE gevolge! Jenny se hele lyf word pers en skubberig, haar gesig word harig ... en sy kry 'n stert! Sal professor Fungus betyds 'n teenmiddel kry - voor sy haar rol in die konsert kwyt is? Jong wetenskapliefhebbers (en almal wat mal is oor snaakse stories!) verslind Jaco Jacobs se professor Fungus-reeks - en die ongelooflike illustrasies deur Johann Strauss sorg sommer vir dubbel die leespret! Elke storie is propvol fantastiese karakters en wilde, skreeusnaakse avonture. En by Einstein se snor, agterin elke boek is daar boonop 'n eksperiment wat jy tuis kan doen!
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316148

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 50Jy spaar R 100
Lulu is 'n sagte hond wat onder harde omstandighede grootgeword het. Na haar geboorte in 'n klein buitekamertjie word sy van eienaar tot eienaar aangegee. In die proses ontmoet sy 'n klomp vreemde kreature en beleef die een avontuur na die ander. Eindelik vind Lulu 'n goeie huis by Ingie en Jack op die klein groenteplasie Pampoenkop. Hier kry sy liefde, genoeg kos en speel van ligdag tot saans laat saam met haar nuwe boeties en sussies. Maar dan gebeur daar iets wat als kan verander...Van avontuur tot avontuur vind Lulu Lerulu die dapperheid in haarself om te wys hoe 'n groot hart in een hond klop.
Publikasiedatum: 2017-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199708

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 49Jy spaar R 101
Lek gou aan 'n suurlemoen en kyk hoe lyk jy in die spieel. So suur soos wat jou gesig nou lyk, so lyk die broers Harry en Huibert Suur s'n altyd. En hulle hou boonop daarvan! Suig gou aan 'n suikerklontjie en lees wat gebeur wanneer Harry en Huibert op 'n dag 'n kaartjie in die pos kry wat hulle rustige lewe omkeer.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179751

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 135
R 50Jy spaar R 85
In hierdie plakkerboek met prinsesse kan kleintjies groot herbruikbare plakkers gebruik om lewe te gee aan elke toneel. Die kleurvolle illustrasies en interessante tonele sal hulle ure besig hou!
Publikasiedatum: 2019-11-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179768

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 135
R 50Jy spaar R 85
In hierdie plakkerboek met dinosourusse kan kleintjies groot herbruikbare plakkers gebruik om lewe te gee aan elke toneel. Die kleurvolle illustrasies en interessante tonele sal hulle ure besig hou!
Publikasiedatum: 2019-11-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179218

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 105
R 50Jy spaar R 55
Hierdie boek bevat fassinerende ruimte-tonele, met vreemde planete en fantastiese ruimtetuie. Kinders kan meer as 1 000 items in die ruimte-tonele soek terwyl telvermoë ontwikkel word. Hierdie boek is perfek om kinders vir ure besig te hou!
Publikasiedatum: 2019-09-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179225

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 105
R 50Jy spaar R 55
Hierdie boek bevat fassinerende diere-tonele, met diere uit Afrika, asook plaasdiere en seediere en vele meer. Kinders kan meer as 1 000 items in die diere-tonele soek terwyl telvermoë ontwikkel word. Hierdie boek is perfek om kinders vir ure besig te hou!
Publikasiedatum: 2019-09-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177719

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 170
R 50Jy spaar R 120
Hierdie kartonboek is die perfekte manier om jou kind bekend te stel aan die wêreld rondom ons! Honderde helderkleurige illustrasies en eenvoudige woorde leer kinders speel-speel van alles wat hulle gaan ontdek terwyl hulle grootword!
Publikasiedatum: 2018-07-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366297

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Lana se gesin neem 'n pragtige Jack Russell-hondjie aan. Wanneer Lana die hondjie Rakker noem, het sy geen idee hoe stout hy gaan wees nie. Rakker beland die heeltyd in die moeilikheid. Sal Lana dit regkry om hom uit die moeilikheid te hou? Lana se maatjie, Lisa, is gekies om in 'n TV-advertensie te verskyn. Die enigste probleem is, dit is 'n advertensie vir hondekos - en Lisa is bang vir honde. Daarom besluit Lana om met haar hondjie, Rakker, saam te span om seker te maak Lisa skud vir eens en vir altyd haar vrees vir honde af. Maar dan kry die TV-mense onverwags 'n plaasvervanger-hond nodig - en Rakker kry uit die bloute die kans om 'n ster te word!
Jong troeteldierliefhebbers sal versot wees op Lana en haar ondeunde hondjie, Rakker, se skreeusnaakse avonture!
Publikasiedatum: 2017-10-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366280

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Lana se gesin neem 'n pragtige Jack Russell-hondjie aan. Wanneer Lana die hondjie Rakker noem, het sy geen idee hoe stout hy gaan wees nie. Rakker beland die heeltyd in die moeilikheid. Sal Lana dit regkry om hom uit die moeilikheid te hou?
Lana en haar sussie gaan blommemeisies op tannie Emma se troue wees. Maar Rakker is baie nuuskierig oor al die gewerskaf vir die troue - en hy wil ook deel van die planne wees. Lana wil graag hê Rakker moet troue toe kom, maar die res van haar gesin dink nie dit is 'n goeie plan nie. Kan Rakker hom lank genoeg soet gedra om ook na die troue genooi te word?
Jong troeteldierliefhebbers sal versot wees op Lana en haar ondeunde hondjie, Rakker, se skreeusnaakse avonture!
Publikasiedatum: 2017-10-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366266

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Lana en haar gesin gaan die vakansie by haar ouma-hulle kuier. Dit is by die see en Ouma beplan hope prettige dinge vir die vakansie. Sy is egter baie gesteld daarop dat haar huis netjies moet wees - en dit gaan nogal moeilik wees met Rakker in die omtrek! Kan Rakker dit regkry om Ouma se hart te steel, voor sy so vies word dat sy hom terug huis toe stuur?
Vakansie by die see is die vyfde boek in 'n splinternuwe reeks van agt boeke. Jong diereliefhebbers sal versot wees op Lana en die ondeunde Rakker se avonture. 'n Humoristiese lekkerlees-reeks met prettige illustrasies.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366273

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Die diereskuiling Vierpotige Vriende vier Kersfees in Julie om geld in te samel. Daar gaan stalletjies wees met heerlike eetgoed, oulike geskenke - en selfs speelgoed vir honde! Lana voel jammer vir die honde wat nie huise het nie en beplan om saam met Rakker te gaan Kersliedjies sing. Met sy oulike Kersvader-hoed gaan hy beslis hope harte steel en baie geld vir liefdadigheid insamel. Maar ongelukkig verloop dinge nie volgens plan nie ... Rakker se prettige Kersfees is die sesde boek in 'n splinternuwe reeks van agt boeke. Jong diereliefhebbers sal versot wees op Lana en die ondeunde Rakker se avonture. 'n Humoristiese lekkerlees-reeks met prettige illustrasies. Eerste vyf titels in die reeks 1. 'n Huis vir Rakker (9780799366228) 2. Die hondeskool (9780799366235) 3. Speeltyd vir Rakker (9780799366242) 4. Die pajamapartytjie (9780799366259) 5. Vakansie by die see (9780799366266)
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366242

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Die skool se sportdag is om die draai en Lana is bekommerd sy gaan heel laaste in elke enkele item kom. Maar dan kry sy 'n briljante idee: Sy kan saam met die woelige Rakker begin oefen om lekker fiks te word! Sal Rakker tot haar redding kan kom? Speeltyd vir Rakker is die derde boek in 'n splinternuwe reeks van agt boeke. Jong diereliefhebbers sal versot wees op Lana en die ondeunde Rakker se avonture. 'n Humoristiese lekkerlees-reeks met prettige illustrasies.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366259

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Dit is amper Lana se verjaardag, en sy beplan 'n pajamapartytjie. Maar sy is 'n bietjie bekommerd. Wat as niemand na haar partytjie wil kom nie? Dan erken Lana se nuwe maat, Imke, dat sy bang is vir honde. En in Lana-hulle se huis is daar geen wegkomkans van die spelerige Rakker nie. Kan Lana en Rakker dit die beste verjaardag-pajamapartytjie ooit maak?
Die pajamapartytjie is die vierde boek in 'n splinternuwe reeks van agt boeke. Jong diereliefhebbers sal versot wees op Lana en die ondeunde Rakker se avonture. 'n Humoristiese lekkerlees-reeks met prettige illustrasies.
Publikasiedatum: 2017-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.