●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Kinders
Uitverkoping

Results 46 to 60 of 140
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799345926

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 250
R 115Jy spaar R 135
Sweef en ander verhale: 'n handleiding dien as 'n hulpmiddel vir onderwysers. Die handleiding bevat 'n wye verskeidenheid van vrae en aktiwiteite vir die klaskamer met die doel om die leerder se begrip van die kortverhale in Sweef en ander verhale te verbeter.
Publikasiedatum: 2014-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485301165

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Jane Ray
Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 40Jy spaar R 110
Hierdie is die merkwaardige ware verhaal van 'n kameelperd wat in 1827 van Egipte tot in Frankryk moes reis. Atir, die kameelperd se bewaarder, reis saam met haar tot in Parys, waar sy die eerste kameelperd tot op daardie tydstip is. Die mense is dolverlief op haar. 'n Pragtige verhaal deur 'n bekroonde outeur en kunstenaar.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485301974

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Amelia de Vaal
Kinders  -  Uitverkoping
R 260
R 99Jy spaar R 161
Vir langer as wat kroonprins Florin oud is, is die twee koninkryke Monfiel en Vinland in 'n wrede oorlog verwikkel. Tot daar op 'n dag 'n bode die goeie tyding bring dat die twee konings vrede gesluit het. Florin word na die vredesfees in Vinland genooi, maar daar aangekom, wag die grootste skok op die jong prins: Die sogenaamde vredesverdrag was 'n lokval. Sy pa, koning Philip, en sy gevolg is gevange geneem en Florin verloor in 'n oogwink alles wat hy het: sy pa, sy titel, sy koninkryk en sy eer. Koning Theodo laat hom leef, maar verdoem hom om opgelei te word as hofnar deur Mimus, Theodo se onvoorspelbare, enigmatiese en met tye gemene hofnar.
Saam met Mimus moet Florin dag na dag leer hoe om die laagste skepsel aan die hof te wees en sy kop te behou deur die koning te laat lag. Maar daar is meer aan Mimus as donkieore, 'n narmasker en lawwe toertjies, wat Florin laat wonder of Mimus dalk sy vertroueling en vriend kan wees ... of 'n pop wat slegs na Theodo se pype dans?

Mimus is 'n verhaal van konings en narre, mag en vernedering, humor en hartseer, en in die middel 'n enkele hofnar wat terselfdertyd lig én donker verteenwoordig. Dit is 'n intrige wat oud en jonk sal meesleur na die Middeleeue en tot op die laaste bladsy sal boei.

OOR DIE OUTEUR:
Lilli Thal het 'n meestersgraad in Middeleeuse geskiedenis en is sedert 2000 voltyds skrywer. Mimus is in 2004 vir die Deutscher Jugenliteraturpreis benoem. Haar ander suksesvolle jeugboek, Joran Noordewind, is in 2012 deur Protea Boekhuis uitgegee.
Publikasiedatum: 2015-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485301196

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 185
R 79Jy spaar R 106
Daar was eendag... lank gelede, of miskien gister eers ... 'n legendariese berg. Niemand wat teen die berg uitgeklim het, was ooit weer soos voorheen nie. Gevolglik is almal in die land te bang om teen die berg uit te klim. Mense vermy dit selfs om naby die berg te kom. Ten spyte daarvan wil iemand opklim. Maar reeds aan die voet van die berg verwelkom 'n bordjie hom waarop geskryf staan: 'Sien, as jy kan.' - Die man steek vas, maar gaan dan tog verder en begin om tree vir tree na die pad onder sy voete te kyk. Wat kan hy te wagte wees? Die Ruwe Berg is die gelykenis van 'n boekkunstenaar.
Publikasiedatum: 2015-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316162

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 179
R 50Jy spaar R 129
Die mans in Rose se lewe het haar almal in die steek gelaat. Na haar boetie, Gerard, se dood het haar ouers ook van haar vergeet. Deesdae kyk haar ma hopeloos te diep in die bottel en dwaal haar pa se oog heeltemal te veel. Vir Rose is hulle net Blackie en Verona, die mense met wie sy 'n huis moet deel tot sy agtien is. Haar laaste hoop en anker was Rodriek, maar ook hy begin vreemd optree. Hoekom maak hy asof sy saam met hom iets spesiaals gedeel het? Het hy haar drankie gedokter om haar in die bed te kry? Hoekom kan sy niks van die aand onthou nie? Vir die eerste keer in haar lewe is Rose werklik alleen. Selfs haar boesemvriendinne mag nie die detail van die verskriklike aand weet nie. In 'n tyd waar niks sin maak nie, is Rose van een ding seker: sy moet Rodriek terugkry. As sy haar kaarte reg speel kan sy dalk haar ouers se aandag ook terugkry. Sorrie maak nie gesond nie is 'n verhaal van oorsaak en gevolg, waarheid en leuens en wat dit beteken om verantwoordelikheid vir jou eie lewe te neem. Anzil Kulsen toor met woorde sodat jy wegraak in 'n onvoorspelbare verhaal van vriendskap, berou, liefde, drome en wraak. Met Anzil se sukses tot op hede, is dit geen verassing nie dat hierdie boek moeiteloos alle rasse en kulture insluit sonder om 'n wroeg-en-preek-boek te wees.
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485301790

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Miriam Zedelius
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 65Jy spaar R 95
Die wind skep die nota en dit kom op meneer Snippel se fiets te lande.
Meneer Vogel is vreeslik bly hieroor.
Hy vra: 'Kan dit waar wees? Kan ek dit sommerso saamneem?'
Meneer Snippel pluk nog appels in die boom en roep van bo uit die takke:
'Ja, sekerlik, neem gerus, neem gerus!'
'Dankie!' roep meneer Vogel.
'Tot siens!' roep albei, en meneer Vogel ry met die fiets weg.

Meneer Snippel sit 'n nota met die woorde 'Neem gerus' op 'n mandjie appels sodat sy bure daarvan sal saamneem, maar as die wind die briefie skep, lei dit tot 'n reeks misverstande ...
Publikasiedatum: 2015-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302261

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Shané Kleyn
Illustreerder: Kees de Boer
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 65Jy spaar R 95
'My fiets het altyd pap bande gehad.'
'Bande? Bánde? Jy was gelukkig. My fiets hét nie eens bande gehad nie. Ek het op 'n fiets met houtwiele gery. En die saal was altyd 'n bietjie los.'
'Is dit al? My fiets het vierkantige houtwiele gehad, geen saal nie en slegs één pedaal.'

Dirk kuier by sy oupas, maar hy moet steeds skool toe gaan. Daarom het sy oupas vir hom 'n fiets aanmekaargesit. As Dirk versigtig uitwys dat die fiets 'n bietjie lendelam is, begin die oupas grootpraat oor die teëspoed wat húlle moes trotseer om betyds by die skool uit te kom. 'n Skreeusnaakse verhaal!
Publikasiedatum: 2015-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485301745

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 140
R 59Jy spaar R 81
'n Byna woordlose prenteboek vir jong kinders van 3-6 met kleurvolle monsters wat ware vriende is. Hulle speel, lag en liefkoos mekaar, maar hulle soek ook skoor met mekaar, en maak dan weer vrede. Die dinamiese illustrasies en woorde is deur die bekende kinderboekillustreerder Mies van Hout met oliepastel en waskryt op 'n swart agtergrond in haar kenmerkende ekspressiewe styl geteken. Dit beeld herkenbare verhoudings vir klein monstertjies uit.
Publikasiedatum: 2015-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799377248

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 190
R 59Jy spaar R 131
Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.
Publikasiedatum: 2016-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199715

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Piet Grobler
Kinders  -  Uitverkoping
R 180
R 79Jy spaar R 101
Nadat Moessorgski na 'n uitstalling van skilderye van sy gestorwe vriend Viktor Hartmann gegaan het, het hy in 1874 'n klavierwerk geskryf wat in 1922 deur Ravel georkestreer is en as gevolg van die orkesweergawe beroemd geword het. Philip de Vos het met sy verse die werk gemoderniseer om dit meer toegangklik vir moderne lesers te maak, terwyl dit steeds die gevoel van hierdie klassieke meesterwerk behou. Die prettige en slim Prente by 'n uitstalling beeld die besoeker uit soos hy van die een skildery na die volgende beweeg.
Publikasiedatum: 2016-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799377262

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Elsbeth Eksteen
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 79Jy spaar R 81
Lulu droom daarvan om 'n modeontwerper te word, nes haar ma en pa. Daarom is sy sommer baie in haar noppies toe Tannie Tula-Belle haar vra om 'n rok vir die operakonsert te ontwerp. Maar dit lyk of tannie Tula-Belle haar moeilikste kliënt gaan wees...
En kort voor lank moet Lulu help om die operakonsert te red ...
'n Heerlike boek vir jong lesers wat op soek is na humor en 'n lekker spannende storie - met Elsbeth Eksteen se fantastiese volkleurillustrasies wat bydra tot die pret!
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302285

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Shané Kleyn
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 69Jy spaar R 91
Willem die Wreedaard is geweldig wreed. Hy ontvoer briljante uitvinders en dwing hulle om masjiene te bou waarmee hy sy duiwelswerk kan doen. Maar daar kom 'n dag waarop hy besef dat hy so wreed is dat niemand van hom hou nie. Sal Willem 'n nuwe blaadjie kan omslaan?

'n Snaakse storie vir wreedaarde en weldoeners van alle ouderdomme!
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316148

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 50Jy spaar R 100
Lulu is 'n sagte hond wat onder harde omstandighede grootgeword het. Na haar geboorte in 'n klein buitekamertjie word sy van eienaar tot eienaar aangegee. In die proses ontmoet sy 'n klomp vreemde kreature en beleef die een avontuur na die ander. Eindelik vind Lulu 'n goeie huis by Ingie en Jack op die klein groenteplasie Pampoenkop. Hier kry sy liefde, genoeg kos en speel van ligdag tot saans laat saam met haar nuwe boeties en sussies. Maar dan gebeur daar iets wat als kan verander...Van avontuur tot avontuur vind Lulu Lerulu die dapperheid in haarself om te wys hoe 'n groot hart in een hond klop.
Publikasiedatum: 2017-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366228

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Lana wou nog altyd 'n hondjie hê - 'n liefdevolle hondjie wat saans by die voetenent van haar bed kan opkrul. Daarom is Lana baie opgewonde toe haar gesin 'n pragtige Jack Russell aanneem. Lana noem die hondjie Rakker - nog voordat sy weet hoe woelig en stout hy is. Oral waar hy kom, beland Rakker in die moeilikheid. Hy tjank snags, kou Lana se teddiebeer stukkend en veroorsaak 'n konsternasie by die veearts. Sal Lana dit regkry om hom uit die moeilikheid te hou? 'n Huis vir Rakker is die eerste boek in 'n splinternuwe reeks van agt boeke. Jong diereliefhebbers sal versot wees op Lana en die ondeunde Rakker se avonture. 'n Humoristiese lekkerlees-reeks met prettige illustrasies.
Publikasiedatum: 2017-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366235

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Rakker is verskriklik stout. Hy kou Lana se boetie se sokkerbal stukkend, grawe die plante uit die tuin, en kou selfs sy eie leiband flenters! Lana se gesin is raadop. Toe Oupa dus voorstel dat Lana hom na die hondeskool neem, dink Lana dit is 'n briljante idee. Nou kan Rakker maniere leer - en dalk nog 'n paar toertjies ook! Maar dinge verloop nie volgens plan nie ... Die hondeskool is die tweede boek in 'n splinternuwe reeks van agt boeke. Jong diereliefhebbers sal versot wees op Lana en die ondeunde Rakker se avonture. 'n Humoristiese lekkerlees-reeks met prettige illustrasies.
Publikasiedatum: 2017-01-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.