●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Kinders
Uitverkoping

Results 76 to 90 of 140
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384314

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Brian Floca
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 69Jy spaar R 91
Prinses Klara se ouers glo 'n prinses moet skoon en slim en sterk wees. Daarom laat haar oppasser haar drie keer per dag bad. Haar ma lees vir haar vaal, vervelige boeke. En haar pa laat haar elke dag honderde keer touspring.
Prinses Klara is siek en sat daarvoor. Sy besluit wat sy nodig het, is 'n bietjie pret en avontuur. Daarom skryf sy vir haar towertante 'n spesiale briefie om te sê sy soek 'n hond.
Die volgende oggend staan daar 'n boks voor haar bed … maar binne-in is nie 'n hond nie. Dis 'n krokodil! 'n Krokodil wat glad nie weet hoe om hom mooi soet te gedra nie …
Prinses Klara besluit sy gaan die dag afvat. Sy beleef allerlei prettige avonture in die buitelug - sy klouter in bome rond, pluk aarbeie en raak heerlik vuil - terwyl die krokodil 'n rok aantrek, 'n kroon opsit en sy lyf prinses hou en die kasteel op sy kop keer!
Kinders sal versot wees op hierdie lawwe skaterlag-avontuur! Perfek vir voorlees of selflees.
Publikasiedatum: 2017-11-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383904

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Linki Lutz
Kinders  -  Uitverkoping
R 120
R 50Jy spaar R 70
Saggies klap, saggies trap.
Een, twee, drie.
Rol die bal.
Vang die bal.
Een, twee, drie.
Mietsie en haar boetie, Maans, is twee katjies. Hulle hou daarvan om met hulle bal op die sagte gras te speel. Maar toe Mietsie aan die slaap raak, besluit Maans om oor die muur te spring en iemand te gaan soek wat met hom wil speel.
Mietsie word wakker en ontdek haar boetie is skoonveld! Toe sy hom gaan soek, kry sy vir Mors en Jors, die twee grys straatkatte wat hou van stry en baklei! Sal die twee straatkatte haar kan help om haar boetie te kry - en uit die pad van die gevaarlike straatbrakke te bly?
Hierdie pragtige, klankryke prenteboek met sy eenvoudige, maklik verstaanbare teks en oulike refrein is perfek vir hardop voorlees.
Publikasiedatum: 2018-01-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383980

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Samantha van Riet
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 79Jy spaar R 81
Mieke is mal oor meerminne.
Haar ma en haar ouma dink hulle bestaan net in sprokies.
Maar Mieke weet hulle bestaan regtig.
En danksy die meerminprinses Luna en haar betowerde skulpkammetjie, kan Mieke deesdae by die meerminne in hul ongelooflike onderwater-wêreld gaan kuier! Dit voel teen hierdie tyd al soos haar tweede tuiste.
Prinses Luna is baie opgewonde toe sy uit die bloute 'n brief van prins Kadan kry. Hy is die meermin-prins van die Koraalkoninkryk - en op haar ma se verjaardagbal het hulle heerlik gedans. Daar is net een probleem: Luna se pa en Kadan se pa is aartsvyande!
Toe Luna besluit om vir Kadan in die Koraalkoninkryk te gaan kuier, wéét Mieke daar is moeilikheid op pad.
Kort voor lank trotseer hulle die donker dieptes van die oseaan waar allerlei skrikwekkende avonture op hulle wag - 'n storm, 'n donker kelpwoud, seeslange, skeepswrakke … en twee baie kwaai meerminkonings!
Publikasiedatum: 2018-02-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799345018

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 195
R 89Jy spaar R 106
''n Vrolike, prettige eerste woordeboek vol kleurryke illustrasies. Kinders sal hope pret hê en basiese woordeskat in vier van Suid-Afrika se amptelike tale aanleer terwyl hulle hierdie boek speel-speel verken. Maklike woord-prent-assosiasies word in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe volgens verskillende temas gerangskik. Van die temas sluit in: klere, kos, tuin, teenoorgesteldes, voëls, diere, skool, my liggaam en my familie. 'n Moet-hê-boek vir elke gesin se boekrak!
Publikasiedatum: 2018-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384437

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Polly Dunbar
Kinders  -  Uitverkoping
R 120
R 60Jy spaar R 60
Buksie en Bella is heeldag besig, besig, besig! Hulle jaag mekaar, speel wegkruipertjie en hardloop rond en bont!
Hierdie pragtig geïllustreerde prenteboek is 'n ritmiese viering van die prettige, liefdevolle band tussen 'n baba en 'n hondjie.
In die klein rooi huis duik Buksie die hondjie onder die tafel in. Hy wag en kyk en wag nog 'n bietjie terwyl sy hart boems, boems, boems klop. En dan ... WHAAA! Uit die bloute verskyn die baba. Sy jil en gil en druk haar neus teen syne! Tyd om 'n nuwe wegkruipplek te kry ... Gou, Buksie! Gou, Buksie! Gou, Buksie .. GOU!
Met 'n snoesige, slaperige einde is hierdie die perfekte voorleesboek vir slaaptyd, en dit is 'n fantastiese geskenk vir jong lesers.
Publikasiedatum: 2018-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384420

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Uitverkoping
R 120
R 59Jy spaar R 61
6 Konyn-kokke
1 Wolf in konynklere
1 Moeilikheidmaker
1 Goue Eier-trofee
... en hope smullekker SJOKOLADEKOEK!
Meng dit saam en jy kry die GROOTSTE HASIE-BAK-EN-BROU-KOMPETSIE van die JAAR!
Jan-Daniël is mal oor bak. Hy bak graag kaneelrolletjies, krummelrige brosbeskuit, karringmelk-koekies en sy gunsteling - sjokoladekoek. Daarom is Jan-Daniël baie opgewonde toe hy op 'n dag 'n uitnodiging kry om aan die Groot Hasie-bak-en-brou-kompetisie deel te neem. Daar is net een probleem: Jan-Daniël is nie 'n hasie nie - hy is 'n wolf. Daarom besluit hy om hom te vermom en aan die kompetisie deel te neem. Eers lyk dit of Jan-Daniël die ander deelnemers 'n ding of twee gaan wys, maar dinge loop lelik skeef toe een van die deelnemers probeer kul. Dan kry Jan-Daniël egter hulp uit 'n onverwagse oord - en hy ontmoet boonop iemand wat net soveel soos hy van sjokoladekoek hou!
Kleuters sal hulle lippe aflek vir hierdie heerlike bak-en-brou-storie vol aksie, avontuur en smullekker sjokoladekoek!
Publikasiedatum: 2018-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384376

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 195
R 89Jy spaar R 106
'n Vrolike, prettige eerste woordeboek vol kleurryke illustrasies. Kinders sal hope pret hê en basiese woordeskat in vier van Suid-Afrika se amptelike tale aanleer terwyl hulle hierdie boek speel-speel verken. Maklike woord-prent-assosiasies word in Afrikaans, Engels, Noord-Sotho en Zoeloe volgens verskillende temas gerangskik. Van die temas sluit in: klere, kos, tuin, teenoorgesteldes, voëls, diere, skool, my liggaam en my familie. 'n Moet-hê-boek vir elke gesin se boekrak!
Publikasiedatum: 2018-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384215

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 225
R 105Jy spaar R 120
Hierdie pragtig ontwerpte handwerkboek wys jong kunstenaars hoe om vingerafdrukke, voetafdrukke en alledaagse dinge te gebruik om inspirerende, goedkoop en ekovriendelike kuns te maak!
'n Versameling eenvoudige maar uitdagende, goedkoop handwerkprojekte wat ideaal is vir ouers met min tyd en skole met 'n beperkte begroting, en wat hergebruik en herwinning bevorder. Die boek is pragtig geïllustreer met stap vir stap instruksies en fassinerende kunswerke. Elke aktiwiteit is eenvoudig en kan maklik toegepas word, en daarom gee dit jou jong kunstenaar se selfbeeld ook sommer 'n hupstoot!
Knip Verf Plak wys jou hoe om botteldoppie-ballonne, 'n stokkie-seerower, diereboekmerke, borrelplastiek-dinosourusse en veel, veel meer te maak. Tegnieke sluit in drukwerk, stempelwerk en eenvoudige collages - wat op slim maniere gebruik word vir fantastiese resultate!
Dit is pret om mooi goed van weggooigoed te maak, so kom ons spring weg en maak kuns!
Publikasiedatum: 2018-03-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384475

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 49Jy spaar R 101
Jenna is versot op dans.
Die afgelope paar weke kan sy voel haar dansskoene is amper te klein, maar sy het nie die moed om haar ma vir nuwe skoene te vra nie. As 'n mens se pa oorlede is en jou ma twee werke doen net om kop bo water te hou, is balletklasse eintlik 'n onbetaalbare luukse. Om vir nuwe skoene te wens is so goed soos dagdromery. Sy moet maar net hoop die skoene hou nog 'n ruk - om nie eens van haar voos gedansde pointes te praat nie. Hopelik gebeur daar 'n wonderwerk!
Toe die Kaapse Balletgeselskap 'n kompetisie loods om talentvolle jong dansers die kans te gee om 'n winterskool in die Kaap én 'n vertoning van die fantastiese Russiese Balletgeselskap by te woon, begin Jenna se hoop opvlam.
Maar sy hou nie rekening met die jaloerse Mineke en haar ma se onderduimse planne nie ...
'n Deernisvolle, avontuurbelaaide storie wat bewys dat wonderwerke kan gebeur as jy in jou drome glo.

Hierdie boek het 'n sterk fokus op ballet, vriendskap en interpersoonlike verhoudings.
Publikasiedatum: 2018-04-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177702

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 170
R 50Jy spaar R 120
Met hierdie kartonboek word kinders aan die wonderlike wêreld van kleure bekendgestel! Helderkleurige illustrasies en eenvoudige eerste woorde leer kinders speel-speel van die kleure van die wêreld waarin hulle grootword!
Publikasiedatum: 2018-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388756

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 210
R 89Jy spaar R 121
Kom verloor jou hart op 'n perd.
Kate se hele lewe is op sy kop gekeer.
Nadat haar pa sy werk verloor, trek hulle gesin sak en pak na 'n plaas naby die Paarl. Dit beteken Kate moet haar hele lewe in Johannesburg en die Fab-susters, haar beste vriendinne, agterlaat om graad elf in 'n nuwe skool te begin, terwyl sy probeer aanpas by die rustige plaaslewe. Haar broer moet in sy matriekjaar sy plek in die eerste rugbyspan en sy leerlingraadsbalkie prysgee.
Sommer die eerste dag op Uitkyk trek een van die perde Kate se aandag. 'n Wit-en-bruin hings met vurige donker oë. Die perd se naam is Harmonie, maar dit pas glad nie by hom nie - hy is in harmonie met net mooi niks. Wanneer iemand dit naby hom waag, raak hy wild en hy laat nie 'n saal op sy rug toe nie. Will, die plaaseienaars se seun, bied aan om vir Kate perdrylesse te gee. Maar hy maak geen geheim daarvan dat hy reken dié stadsjapie-meisie wat vir perdemis gril, gaan nie die mas opkom nie.
Hy hou egter nie rekening met Kate se vasberadenheid nie.
Iets aan Harmonie trek haar aan, lok haar elke keer terug na sy kamp waar sy ure lank sit en die perd se grasieuse lyne in haar sketsboek teken. Hoe meer sy oor Harmonie se verlede uitvind, hoe sterker word die band tussen hulle. En toe Harmonie se toekoms in die weegskaal beland, moet Kate die dapperste ding van haar lewe doen …
'n Aangrypende lekkerlees-jeugverhaal oor tweede kanse en die kragtige band tussen 'n spesiale ruiter en 'n spesiale perd.
Kate in harmonie was op die kortlys van LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie in 2017.
Publikasiedatum: 2018-05-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384529

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Zinelda McDonald
Kinders  -  Uitverkoping
R 135
R 59Jy spaar R 76
'n Nuwe reeks propvol vakansiepret!
Jana en Alisha is beste vakansiemaats! Hulle sien uit na 'n heerlike vakansie propvol pret op Duinebaai. Die meisies besluit om piekniek te gaan hou op die strand - maar ongelukkig wil Jana se irriterende kleinboetie, Tiaan, en sy maatjie Rudie saamkom. Jana weet sommer die twee seuns gaan hulle piekniekplanne bederf!
Maar dan hoor die twee meisies 'n vreemde tjankgeluid tussen die duine. Toe hulle ondersoek gaan instel, ontdek hulle 'n klein hondjie wat seergekry het en hulle hulp dringend nodig het. Sal hulle die hondjie se eienaar kan opspoor?

Oor die reeks
Jana en haar beste vakansiemaat, Alisha, hou vakansie op Duinebaai. Hulle maak allerlei opwindende planne om die vakansie gate uit te geniet! Maar ongelukkig is Jana se kleinboetie, Tiaan, en sy beste maatjie, Rudie, gedurig in die pad - en hulle doen hul bes om die twee meisies se vakansie te versuur! Maar die twee seuns se manewales lei elke keer tot hope pret en avontuur! Jong lesers sal versot wees op hierdie humoristiese, aksiebelaaide nuwe reeks uit die pen van Theresa van Baalen.
Titels in die reeks
1. 'n Piekniek op die strand (9780799384529)
2. Vlieërs en filmsterre (9780799384536)
Publikasiedatum: 2018-05-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384536

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Zinelda McDonald
Kinders  -  Uitverkoping
R 135
R 59Jy spaar R 76
'n Winderige dag word 'n weghol-avontuur!
Jana en Alisha is verveeld. Dit is veels te koud en winderig om te gaan swem. Maar dan ontdek hulle twee vlieërs ... Dit is die perfekte dag om daarmee op die strand te gaan speel! Ongelukkig besluit Jana se boetie, Tiaan, en sy maatjie, Rudie, hulle wil saamkom. Kort voor lank veroorsaak die twee seuntjies chaos. Hul vlieër raak met Jana s'n verstrengel en die tou breek!
Jana en Alisha is desperaat om hulle vlieër terug te kry en sit dit agterna. Dan beland hulle heel onverwags op 'n filmstel waar die beroemde tienerakteur Clint du Bell besig is om sy nuutste fliek te verfilm. En die filmspan is op soek na meisies om as ekstras in die fliek te speel ...
Skielik lyk dit of vandag die beste dag óóit gaan word!

Oor die reeks
Jana en haar beste vakansiemaat, Alisha, hou vakansie op Duinebaai. Hulle maak allerlei opwindende planne om die vakansie gate uit te geniet! Maar ongelukkig is Jana se kleinboetie, Tiaan, en sy beste maatjie, Rudie, gedurig in die pad - en hulle doen hul bes om die twee meisies se vakansie te versuur! Maar die twee seuns se manewales lei elke keer tot hope pret en avontuur! Jong lesers sal versot wees op hierdie humoristiese, aksiebelaaide nuwe reeks uit die pen van Theresa van Baalen.
Titels in die reeks
1. 'n Piekniek op die strand (9780799384529)
2. Vlieërs en filmsterre (9780799384536)
Publikasiedatum: 2018-05-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388565

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Alex van Houwelingen
Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Ontmoet 'n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek die ongelooflike verhaal van oudpresident Nelson Mandela wat ná 27 jaar in die tronk ons reënboognasie na vryheid gelei het; lees hoe Wolraad Woltemade en sy perd tydens 'n storm die see ingeswem het om die matrose van 'n sinkende skip te red; en ontmoet 'n dapper jong seun wat in die Anglo-Boereoorlog geweier het om sy mense te verraai. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale:
1. 'n Perd van 'n ander kleur
2. Die matriekheld van Henley-on-Klip
3. Nelson Mandela, 'n leier so na ons hart
4. Nkosi Johnson veg vir hoop
5. Wolraad Woltemade, 'n melkboer met durf
6. Japie Greyling swyg
Die stories word op 'n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
Publikasiedatum: 2018-05-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388688

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Hierdie opwindende nuwe reeks interaktiewe boeke is 'n prettige manier om jou baba aan die wonderwêreld van boeke bekend te stel! Die duursame kartonboeke het groot flappies om prettige raai-raaispeletjies te speel, en daar is verskillende interessante teksture op elke dubbelblad en op die voorblad sodat klein vingertjies speel-speel kan leer. Elke boek bevat helder, lewendige illustrasies en ritmiese, herhalende teks om vroeë taalvaardighede te ontwikkel.
Die reeks bestaan uit vier hoogs versamelbare titels:
Plaas
See
Diere
Parkie
Publikasiedatum: 2018-06-12

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.