●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Kinders
Uitverkoping

Results 61 to 75 of 140
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384420

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Uitverkoping
R 120
R 59Jy spaar R 61
6 Konyn-kokke
1 Wolf in konynklere
1 Moeilikheidmaker
1 Goue Eier-trofee
... en hope smullekker SJOKOLADEKOEK!
Meng dit saam en jy kry die GROOTSTE HASIE-BAK-EN-BROU-KOMPETSIE van die JAAR!
Jan-Daniël is mal oor bak. Hy bak graag kaneelrolletjies, krummelrige brosbeskuit, karringmelk-koekies en sy gunsteling - sjokoladekoek. Daarom is Jan-Daniël baie opgewonde toe hy op 'n dag 'n uitnodiging kry om aan die Groot Hasie-bak-en-brou-kompetisie deel te neem. Daar is net een probleem: Jan-Daniël is nie 'n hasie nie - hy is 'n wolf. Daarom besluit hy om hom te vermom en aan die kompetisie deel te neem. Eers lyk dit of Jan-Daniël die ander deelnemers 'n ding of twee gaan wys, maar dinge loop lelik skeef toe een van die deelnemers probeer kul. Dan kry Jan-Daniël egter hulp uit 'n onverwagse oord - en hy ontmoet boonop iemand wat net soveel soos hy van sjokoladekoek hou!
Kleuters sal hulle lippe aflek vir hierdie heerlike bak-en-brou-storie vol aksie, avontuur en smullekker sjokoladekoek!
Publikasiedatum: 2018-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384376

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 195
R 89Jy spaar R 106
'n Vrolike, prettige eerste woordeboek vol kleurryke illustrasies. Kinders sal hope pret hê en basiese woordeskat in vier van Suid-Afrika se amptelike tale aanleer terwyl hulle hierdie boek speel-speel verken. Maklike woord-prent-assosiasies word in Afrikaans, Engels, Noord-Sotho en Zoeloe volgens verskillende temas gerangskik. Van die temas sluit in: klere, kos, tuin, teenoorgesteldes, voëls, diere, skool, my liggaam en my familie. 'n Moet-hê-boek vir elke gesin se boekrak!
Publikasiedatum: 2018-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383980

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Samantha van Riet
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 79Jy spaar R 81
Mieke is mal oor meerminne.
Haar ma en haar ouma dink hulle bestaan net in sprokies.
Maar Mieke weet hulle bestaan regtig.
En danksy die meerminprinses Luna en haar betowerde skulpkammetjie, kan Mieke deesdae by die meerminne in hul ongelooflike onderwater-wêreld gaan kuier! Dit voel teen hierdie tyd al soos haar tweede tuiste.
Prinses Luna is baie opgewonde toe sy uit die bloute 'n brief van prins Kadan kry. Hy is die meermin-prins van die Koraalkoninkryk - en op haar ma se verjaardagbal het hulle heerlik gedans. Daar is net een probleem: Luna se pa en Kadan se pa is aartsvyande!
Toe Luna besluit om vir Kadan in die Koraalkoninkryk te gaan kuier, wéét Mieke daar is moeilikheid op pad.
Kort voor lank trotseer hulle die donker dieptes van die oseaan waar allerlei skrikwekkende avonture op hulle wag - 'n storm, 'n donker kelpwoud, seeslange, skeepswrakke … en twee baie kwaai meerminkonings!
Publikasiedatum: 2018-02-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383904

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Linki Lutz
Kinders  -  Uitverkoping
R 120
R 50Jy spaar R 70
Saggies klap, saggies trap.
Een, twee, drie.
Rol die bal.
Vang die bal.
Een, twee, drie.
Mietsie en haar boetie, Maans, is twee katjies. Hulle hou daarvan om met hulle bal op die sagte gras te speel. Maar toe Mietsie aan die slaap raak, besluit Maans om oor die muur te spring en iemand te gaan soek wat met hom wil speel.
Mietsie word wakker en ontdek haar boetie is skoonveld! Toe sy hom gaan soek, kry sy vir Mors en Jors, die twee grys straatkatte wat hou van stry en baklei! Sal die twee straatkatte haar kan help om haar boetie te kry - en uit die pad van die gevaarlike straatbrakke te bly?
Hierdie pragtige, klankryke prenteboek met sy eenvoudige, maklik verstaanbare teks en oulike refrein is perfek vir hardop voorlees.
Publikasiedatum: 2018-01-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384314

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Brian Floca
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 69Jy spaar R 91
Prinses Klara se ouers glo 'n prinses moet skoon en slim en sterk wees. Daarom laat haar oppasser haar drie keer per dag bad. Haar ma lees vir haar vaal, vervelige boeke. En haar pa laat haar elke dag honderde keer touspring.
Prinses Klara is siek en sat daarvoor. Sy besluit wat sy nodig het, is 'n bietjie pret en avontuur. Daarom skryf sy vir haar towertante 'n spesiale briefie om te sê sy soek 'n hond.
Die volgende oggend staan daar 'n boks voor haar bed … maar binne-in is nie 'n hond nie. Dis 'n krokodil! 'n Krokodil wat glad nie weet hoe om hom mooi soet te gedra nie …
Prinses Klara besluit sy gaan die dag afvat. Sy beleef allerlei prettige avonture in die buitelug - sy klouter in bome rond, pluk aarbeie en raak heerlik vuil - terwyl die krokodil 'n rok aantrek, 'n kroon opsit en sy lyf prinses hou en die kasteel op sy kop keer!
Kinders sal versot wees op hierdie lawwe skaterlag-avontuur! Perfek vir voorlees of selflees.
Publikasiedatum: 2017-11-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383843

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 350
R 159Jy spaar R 191
Sal ons in die toekoms met vlieënde motors ry? Hoe werk 'n 3D-drukker? Kan mense regtig eendag op Mars gaan woon? Hoe lyk dit binne-in 'n PlayStation 4? Ontdek die verstommende tegnologiese uitvindings van die toekoms in hierdie asemrowende boek. Hoe supercool goed werk is 'n splinternuwe gids wat ongelooflike nuwe tegnologie verken, en kyk na die maniere hoe dit ons moderne wêreld vorm. Kinders sal versot wees op die prettige skootrekenaar-styl-omslag en die innoverende uitleg. Verstommende foto's en illustrasies verduidelik hoe enige iets van hommeltuie en superrekenaars tot onderwater-hotelle en vlieënde motors werk. Hoe supercool goed werk onthul die geheime van die heel innoverendste nuwe idees en verken ook die opwindende tegnologie van die toekoms.
Publikasiedatum: 2017-11-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316896

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 145
R 50Jy spaar R 95
Hierdie is die storie van Daniel Johannes (DJ) Opperman, 'n seun van Zoar, in die Weskaap. Danny - soos hy bekend is - speel skrumskakel vir sy skool se rugby span. Hy is 'n gelukkige seun en saam met sy maats, Pietie en Sammy, in graad elf.

Hy maak ogies vir die aantreklike Merryll. Hulle het baie pret in hierdie landelike dorpie.

'n Paar maande later word hul familielewe uitmekaar geruk. Sy Oupa van moederskant dring daarop aan dat Danny, sy moeder en suster in Mitchells Plein, Kaapstad kom intrek.

Danny begin matriek in 'n skool in Mitchells Plein. In die groot stad met die berg, die see, mooi meisies en tik, sukkel Danny om aan te pas en word vinnig deur dwelmsmouse in die skool geteiken …

Die DJ deel met die leser 'n boodskap van hoop en drome.
Publikasiedatum: 2017-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384291

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Elsbeth Eksteen
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 69Jy spaar R 91
Lulu droom daarvan om eendag 'n modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar rooi tekenboek te skets nie.
Die skool beplan 'n spesiale verjaardagfees. 'n Groot fees met lekker kos, 'n pretpark en speletjies. Daarom vra die skoolhoof vir Lulu om nuwe uniforms vir die trompoppies te ontwerp. Iets asemrowends! Iets la-di-da waarmee hulle by die fees gaan optree.
Maar ongelukkig is daar 'n vreeslike misverstand - en Lulu verbrou haar enigste kans om die uniforms te ontwerp.
Lulu is stomgeslaan. Een van die ander kinders in die skool gaan die klere ontwerp en maak. Maar wie?
Publikasiedatum: 2017-10-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366297

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Lana se gesin neem 'n pragtige Jack Russell-hondjie aan. Wanneer Lana die hondjie Rakker noem, het sy geen idee hoe stout hy gaan wees nie. Rakker beland die heeltyd in die moeilikheid. Sal Lana dit regkry om hom uit die moeilikheid te hou? Lana se maatjie, Lisa, is gekies om in 'n TV-advertensie te verskyn. Die enigste probleem is, dit is 'n advertensie vir hondekos - en Lisa is bang vir honde. Daarom besluit Lana om met haar hondjie, Rakker, saam te span om seker te maak Lisa skud vir eens en vir altyd haar vrees vir honde af. Maar dan kry die TV-mense onverwags 'n plaasvervanger-hond nodig - en Rakker kry uit die bloute die kans om 'n ster te word!
Jong troeteldierliefhebbers sal versot wees op Lana en haar ondeunde hondjie, Rakker, se skreeusnaakse avonture!
Publikasiedatum: 2017-10-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366280

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Lana se gesin neem 'n pragtige Jack Russell-hondjie aan. Wanneer Lana die hondjie Rakker noem, het sy geen idee hoe stout hy gaan wees nie. Rakker beland die heeltyd in die moeilikheid. Sal Lana dit regkry om hom uit die moeilikheid te hou?
Lana en haar sussie gaan blommemeisies op tannie Emma se troue wees. Maar Rakker is baie nuuskierig oor al die gewerskaf vir die troue - en hy wil ook deel van die planne wees. Lana wil graag hê Rakker moet troue toe kom, maar die res van haar gesin dink nie dit is 'n goeie plan nie. Kan Rakker hom lank genoeg soet gedra om ook na die troue genooi te word?
Jong troeteldierliefhebbers sal versot wees op Lana en haar ondeunde hondjie, Rakker, se skreeusnaakse avonture!
Publikasiedatum: 2017-10-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383829

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 180
R 59Jy spaar R 121
Is jy gereed om die liefde van jou lewe te ontmoet?
Waarvoor wag jy? Sluit dadelik aan!
Léa kan dit nie help nie - die hoofseun, Philip Cronjé, laat haar hart tjoklits klop.
Philip is 'n regte Romeo. Hy het bruin oë, hy is slim en aantreklik - en hy het 'n meisie. Nie dat dit regtig saak maak nie, want Léa weet 'n ou soos Philip sal nie eens twee keer na 'n vaal, vervelige meisie soos sy kyk nie.
Maar dan skep haar beste vriendin, Kaylie, vir haar 'n vals profiel op Kupido.com, 'n kletskamer waar jy veronderstel is om die liefde van jou lewe te ontmoet. En kort voor lank is daar iemand wat met Léa wil gesels - Philip!
Daar is net een probleem: Die meisie op die profiel het rooi hare, sy is 'n bikinimodel in haar vrye tyd, en sy is baie avontuurlustiger as Léa.
Hoe lank sal Léa dit regkry om Philip te flous?
'n Snaakse, romantiese debuutroman vir tieners deur 'n opwindende jong nuwe skrywerstem in Afrikaans!
Publikasiedatum: 2017-09-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383690

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 49Jy spaar R 101
Sanri is opgewonde toe sy hoor dat haar beste vriend, Markus, se neef op Raaiselfontein kom bly. Sy kan nie wag om vir Danté te ontmoet nie. Danté en sy gesin bly immers in Vlermuishoogte - 'n geheimsinnige ou kasteel buite die dorp.
Maar kort voor lank begin Sanri se neus weer kriewel. En dit beteken net een ding - sy ruik 'n storie ...
Waarom lyk dit asof Danté se pa 'n skaduwee soos 'n vlermuis het?
Watter geheime skuil in die grillerige kasteel?
En is Markus regtig in groot gevaar, soos sy neef hom waarsku ...?
Oor die reeks
Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n wêreldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend Markus beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein. Die aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies in hierdie reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!
Titels in die reeks
Sanri Steyn 1: Doktor Zombos se geheime formule (9780799366723)
Sanri Steyn 2: Die aliens oorkant die straat (9780799366730)
Sanri Steyn 3: Die seun met die superkat-kragte (9780799372915)
Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van Raaiselfontein (9780799372915)
Sanri Steyn 5: Die monsters van Middernagstraat (9780799380033)
Sanri Steyn 6: Die nag van die weerwolwe (9780799379068)
Sanri Steyn 7: Die vampiere van vlermuishoogte (9780799383690)
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366266

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Lana en haar gesin gaan die vakansie by haar ouma-hulle kuier. Dit is by die see en Ouma beplan hope prettige dinge vir die vakansie. Sy is egter baie gesteld daarop dat haar huis netjies moet wees - en dit gaan nogal moeilik wees met Rakker in die omtrek! Kan Rakker dit regkry om Ouma se hart te steel, voor sy so vies word dat sy hom terug huis toe stuur?
Vakansie by die see is die vyfde boek in 'n splinternuwe reeks van agt boeke. Jong diereliefhebbers sal versot wees op Lana en die ondeunde Rakker se avonture. 'n Humoristiese lekkerlees-reeks met prettige illustrasies.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366273

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Die diereskuiling Vierpotige Vriende vier Kersfees in Julie om geld in te samel. Daar gaan stalletjies wees met heerlike eetgoed, oulike geskenke - en selfs speelgoed vir honde! Lana voel jammer vir die honde wat nie huise het nie en beplan om saam met Rakker te gaan Kersliedjies sing. Met sy oulike Kersvader-hoed gaan hy beslis hope harte steel en baie geld vir liefdadigheid insamel. Maar ongelukkig verloop dinge nie volgens plan nie ... Rakker se prettige Kersfees is die sesde boek in 'n splinternuwe reeks van agt boeke. Jong diereliefhebbers sal versot wees op Lana en die ondeunde Rakker se avonture. 'n Humoristiese lekkerlees-reeks met prettige illustrasies. Eerste vyf titels in die reeks 1. 'n Huis vir Rakker (9780799366228) 2. Die hondeskool (9780799366235) 3. Speeltyd vir Rakker (9780799366242) 4. Die pajamapartytjie (9780799366259) 5. Vakansie by die see (9780799366266)
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383614

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 200
R 59Jy spaar R 141
Adele was nog altyd versot op kuns. Dit was haar díng. Maar sedert die begin van die jaar kry sy skielik vrot punte. Dalk hou die nuwe kunsjuffrou nie van haar nie. Hoekom sukkel sy so met haar selfportret vir die volgende klasprojek? Is dit omdat sy haar bos rooi hare en kurwes so verwens? Die afgelope tyd voel dit buitendien of 'n groot hand haar wêreld gevat en geskud het. Soos daai ou bordspeletjies wat hulle kleintyd saamgevat het op vakansies. Iemand stamp per ongeluk net liggies aan die Slangetjies-en-leertjies en al die knope en dobbelsteentjies is deurmekaar, en niemand het meer 'n cooking clue of hulle naby die einde of die begin is nie. En dit alles begin die middag toe sy van die skool af stap en 'n leeu in hulle tuin ontdek ... Hierdie nuwe jeugverhaal uit die pen van die bekroonde Annelie Ferreira is 'n holderstebolder-wipwarit vol humor, romanse, aksie en avontuur.
Publikasiedatum: 2017-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.