●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Kinders
Uitverkoping

Results 106 to 120 of 132
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197452

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Nicol Stassen
Illustreerder: Peter Beckhaus
Kinders  -  Uitverkoping
R 165
R 69Jy spaar R 96
Die klein vet hondjie slaap die heel graagste die hele dag lank in sy hondehok. Maar wat gebeur as hy die dag lus is om te speel? Dit hang heeltemal af van sy bui en wie sy pad sal kruis! Daarom word die storie elke keer anders verder vertel ... totdat die klein vet hondjie eindelik weer by sy hok ingaan om te slaap. Drie heeltemal verskillende stories wat uit die eerste sin spruit en wat die leser na willekeur kan lees en geniet.
Publikasiedatum: 2012-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199708

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 49Jy spaar R 101
Lek gou aan 'n suurlemoen en kyk hoe lyk jy in die spieel. So suur soos wat jou gesig nou lyk, so lyk die broers Harry en Huibert Suur s'n altyd. En hulle hou boonop daarvan! Suig gou aan 'n suikerklontjie en lees wat gebeur wanneer Harry en Huibert op 'n dag 'n kaartjie in die pos kry wat hulle rustige lewe omkeer.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179928

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 69Jy spaar R 91
Hierdie eksperimenteboek is nie vir bangbroeke of bewebroeke nie - slegs vir koelkoppe! Maak konkoksies van glibberige slym, verwyder 'n eier se dop sonder om dit te breek, kweek yslike koekies seep, maak 'n mummie van 'n baie stinkerige vis, en vele meer! Elke eksperiment word gevolg deur die ware en interessante wetenskaplike feite. Wetenskap is glad nie droog en vervelig nie, want hierdie boek borrel van pret en ontplof van verbeelding!
Publikasiedatum: 2019-10-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300144

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Amelia de Vaal
Kinders  -  Uitverkoping
R 185
R 79Jy spaar R 106
Die gevreesde rower Hotsenplots het weer toegeslaan! En hierdie keer op Kasper en Stoffel se ouma. Hy het haar geliefkoosde koffiemeultjie gesteel wat hulle vir haar verjaarsdag vir haar gegee het. Tot hier toe en nie verder nie! Kasper en Stoffel beraam 'n plan om die skurk vas te trek. Maar die een beland in die rowersnes en die ander in die kasteel van die grote, boosaardige towenaar Petrosilius Plagelman. Hoe nou gemaak?

OOR DIE OUTEUR
Otfried Preussler is 'n baie bekende kinderboekskrywer in Duitsland. Sy boeke is reeds in 55 tale vertaal en meer as 50 miljoen eksemplare is wêreldwyd verkoop. Hy is in 1972 bekroon met die Duitse Jugendliteraturpreis vir Krabat. Sy bekendste werke sluit in Krabat en Die rower Hotsenplots.
Publikasiedatum: 2014-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383614

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 200
R 59Jy spaar R 141
Adele was nog altyd versot op kuns. Dit was haar díng. Maar sedert die begin van die jaar kry sy skielik vrot punte. Dalk hou die nuwe kunsjuffrou nie van haar nie. Hoekom sukkel sy so met haar selfportret vir die volgende klasprojek? Is dit omdat sy haar bos rooi hare en kurwes so verwens? Die afgelope tyd voel dit buitendien of 'n groot hand haar wêreld gevat en geskud het. Soos daai ou bordspeletjies wat hulle kleintyd saamgevat het op vakansies. Iemand stamp per ongeluk net liggies aan die Slangetjies-en-leertjies en al die knope en dobbelsteentjies is deurmekaar, en niemand het meer 'n cooking clue of hulle naby die einde of die begin is nie. En dit alles begin die middag toe sy van die skool af stap en 'n leeu in hulle tuin ontdek ... Hierdie nuwe jeugverhaal uit die pen van die bekroonde Annelie Ferreira is 'n holderstebolder-wipwarit vol humor, romanse, aksie en avontuur.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389272

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Alex van Houwelingen
Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Wonderlike ware dierestories vir beginnerleespret
Ontmoet 'n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Vind uit wat gebeur het nadat twee vriende 'n leeu in 'n afdelingswinkel gekoop het, ontmoet 'n dapper hond genaamd Salty, en vind meer uit oor die dapper reddingspoging om Humphrey die boggelrugwalvis te red nadat hy die pad byster geraak het. Hierdie boek bevat ses asemrowende ware dierestories:
1. Die leeu wat drukkies kon gee
2. Salty en die Twin Towers
3. Humphrey die walvis verdwaal
4. 'n Hond soos Knersus
5. 'n Perd met tekkies
6. O, die liewe Lulu
Die stories word op 'n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

Ook beskikbaar in hierdie reeks:
Max die dapper gorilla en ander ware dierestories (9780799384505)
Publikasiedatum: 2018-07-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195151

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Uitverkoping
R 165
R 65Jy spaar R 100
Dis lente!
Die eerste warm sonstrale bereik die bodem van die meuldam en die klein waterman ontwaak uit sy winterslaap. Ná ontbyt gaan hy nuuskierig en vol avontuurlus uit die huis om sy omgewing te verken. Is al sy vriende nog daar?
Saam met sy dogter, Regine Stigloher, skenk Otfried Preussler aan sy lesers 'n nuwe prenteboek van sy klassieke werk, wat nou vir die eerste keer in Afrikaans uitgegee word.
Publikasiedatum: 2011-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194079

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Beatrice Rodriguez
Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 60Jy spaar R 90
Hierdie woordlose prenteboek bied 'n nuwe en vermaaklike blik op die bekende jakkals-en hoenderverhaal. Jakkals steel 'n hoender en die hoender se bekommerde vriende - 'n beer, haas en haan - agtervolg hulle dadelik. Hulle reis inderhaas deur 'n woud, oor 'n berg, die see, dag en nag. Wanneer hulle uiteindelik by die jakkals se woning aankom, begroet 'n onverwagse gesig hulle.
Publikasiedatum: 2011-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869198251

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Daniel Hugo
Kinders  -  Uitverkoping
R 180
R 75Jy spaar R 105
Nederland, 1938. Fing Boon se droom stort in duie. In plaas van verder studeer om onderwyseres te word, moet sy by die Sigaarkeiser gaan werk. As oppasser - of eerder 'betaalde vriendin' - vir die Sigaarkeiser se eienaardige niggie Liesl voel sy al hoe meer opstandig oor haar lot: vriendskap is tog nie iets wat 'n mens kan koop nie? Boonop kan haar sussies Muulke en Jes haar ontevredenheid glad nie kleinkry nie - wat hulle betref is Fing se bed tog te gerieflik opgemaak en is haar afsydigheid teenoor Liesl pure aanstellerigheid. Maar dan breek die Tweede Wêreldoorlog uit, en Liesl is in groot gevaar. Die enigste een wat haar kan help, is Fing. As die noodlot onafwendbaar lyk, kry Fing op 'n wonderbaarlike wyse hulp: nie van mense nie, maar van die mynperd Heivisj en van 'n stokou lindeboom.
Die hemel van Heivisj is 'n vervolg op Nege Oop Arms, maar kan ook selfstandig gelees word.
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316896

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 145
R 50Jy spaar R 95
Hierdie is die storie van Daniel Johannes (DJ) Opperman, 'n seun van Zoar, in die Weskaap. Danny - soos hy bekend is - speel skrumskakel vir sy skool se rugby span. Hy is 'n gelukkige seun en saam met sy maats, Pietie en Sammy, in graad elf.

Hy maak ogies vir die aantreklike Merryll. Hulle het baie pret in hierdie landelike dorpie.

'n Paar maande later word hul familielewe uitmekaar geruk. Sy Oupa van moederskant dring daarop aan dat Danny, sy moeder en suster in Mitchells Plein, Kaapstad kom intrek.

Danny begin matriek in 'n skool in Mitchells Plein. In die groot stad met die berg, die see, mooi meisies en tik, sukkel Danny om aan te pas en word vinnig deur dwelmsmouse in die skool geteiken …

Die DJ deel met die leser 'n boodskap van hoop en drome.
Publikasiedatum: 2017-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199739

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 65Jy spaar R 95
Klein dingetjies het groot gevolge! Wat kan alles gebeur as iemand 'n piesangskil onverskillig weggooi? Na 'n hele reeks gebeurtenisse is die hele Bronberg in rep en roer. Groot en klein geniet die mooiste deurmekaarspul - uiteindelik gebeur daar iets in die dorp!
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623501

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 85
Bybelstories vir groot kinders vertel gunsteling Bybelverhale eenvoudig oor sodat klein hartjies dit makliker kan verstaan.
Die prettige, kleurvolle illustrasies en kort Bybelverhale verseker dat Bybelstories vir groot kinders vir talle kleuters 'n spesiale plekkie op die boekrak sal hê.
Publikasiedatum: 2020-10-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384437

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Polly Dunbar
Kinders  -  Uitverkoping
R 120
R 60Jy spaar R 60
Buksie en Bella is heeldag besig, besig, besig! Hulle jaag mekaar, speel wegkruipertjie en hardloop rond en bont!
Hierdie pragtig geïllustreerde prenteboek is 'n ritmiese viering van die prettige, liefdevolle band tussen 'n baba en 'n hondjie.
In die klein rooi huis duik Buksie die hondjie onder die tafel in. Hy wag en kyk en wag nog 'n bietjie terwyl sy hart boems, boems, boems klop. En dan ... WHAAA! Uit die bloute verskyn die baba. Sy jil en gil en druk haar neus teen syne! Tyd om 'n nuwe wegkruipplek te kry ... Gou, Buksie! Gou, Buksie! Gou, Buksie .. GOU!
Met 'n snoesige, slaperige einde is hierdie die perfekte voorleesboek vir slaaptyd, en dit is 'n fantastiese geskenk vir jong lesers.
Publikasiedatum: 2018-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194413

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Daniel Hugo
Kinders  -  Uitverkoping
R 180
R 75Jy spaar R 105
Bart Moeyaert is die jongste van sewe broers op 'n ry. Daarom is die Belgiese koning sy peetpa en het hy 'n geskenk van die koninklike paleis ontvang: 'n goue beker en 'n goue lepel met 'n kroon en die letter B daarin gegraveer. Hy wonder nog steeds of die B vir Boudewijn of vir Bart staan. In hierdie versameling sketse vertel hy van al die avonture wat sewe broers kan beleef.
Publikasiedatum: 2011-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195533

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 60Jy spaar R 90
Boela van die blouwater is 'n jeugroman wat afspeel op 'n klein vissersdorpie, Oestermond.
Chris Barnard se gewilde verhaal is die eerste keer in 1962 gepubliseer en die kleurvolle karakters wat teen die agtergrond van die vissersdorpie geteken word, bekoor steeds.
Publikasiedatum: 2012-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.