●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193829

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 69Jy spaar R 91
In 'n huisie by die see woon 'n kat, 'n hond en 'n muis gelukkig saam. Op 'n dag klop 'n vreemdeling aan die deur en bied aan elkeen 'n spesiale geskenk. Wie is hierdie misterieuse verkoopsman wat hulle wêreld op sy kop keer? Kan hulle gelukkige huisie hierdie storm oorleef?
Publikasiedatum: 2010-08-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869198251

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Daniel Hugo
Kinders  -  Uitverkoping
R 260
R 75Jy spaar R 185
Nederland, 1938. Fing Boon se droom stort in duie. In plaas van verder studeer om onderwyseres te word, moet sy by die Sigaarkeiser gaan werk. As oppasser - of eerder 'betaalde vriendin' - vir die Sigaarkeiser se eienaardige niggie Liesl voel sy al hoe meer opstandig oor haar lot: vriendskap is tog nie iets wat 'n mens kan koop nie? Boonop kan haar sussies Muulke en Jes haar ontevredenheid glad nie kleinkry nie - wat hulle betref is Fing se bed tog te gerieflik opgemaak en is haar afsydigheid teenoor Liesl pure aanstellerigheid. Maar dan breek die Tweede Wêreldoorlog uit, en Liesl is in groot gevaar. Die enigste een wat haar kan help, is Fing. As die noodlot onafwendbaar lyk, kry Fing op 'n wonderbaarlike wyse hulp: nie van mense nie, maar van die mynperd Heivisj en van 'n stokou lindeboom.
Die hemel van Heivisj is 'n vervolg op Nege Oop Arms, maar kan ook selfstandig gelees word.
Publikasiedatum: 2013-06-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300144

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Amelia de Vaal
Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 79Jy spaar R 71
Die gevreesde rower Hotsenplots het weer toegeslaan! En hierdie keer op Kasper en Stoffel se ouma. Hy het haar geliefkoosde koffiemeultjie gesteel wat hulle vir haar verjaarsdag vir haar gegee het. Tot hier toe en nie verder nie! Kasper en Stoffel beraam 'n plan om die skurk vas te trek. Maar die een beland in die rowersnes en die ander in die kasteel van die grote, boosaardige towenaar Petrosilius Plagelman. Hoe nou gemaak?

OOR DIE OUTEUR
Otfried Preussler is 'n baie bekende kinderboekskrywer in Duitsland. Sy boeke is reeds in 55 tale vertaal en meer as 50 miljoen eksemplare is wêreldwyd verkoop. Hy is in 1972 bekroon met die Duitse Jugendliteraturpreis vir Krabat. Sy bekendste werke sluit in Krabat en Die rower Hotsenplots.
Publikasiedatum: 2014-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199708

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 49Jy spaar R 111
Lek gou aan 'n suurlemoen en kyk hoe lyk jy in die spieel. So suur soos wat jou gesig nou lyk, so lyk die broers Harry en Huibert Suur s'n altyd. En hulle hou boonop daarvan! Suig gou aan 'n suikerklontjie en lees wat gebeur wanneer Harry en Huibert op 'n dag 'n kaartjie in die pos kry wat hulle rustige lewe omkeer.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388817

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Dale Blankenaar
Kinders  -  Uitverkoping
R 220
R 89Jy spaar R 131
'n Skreeusnaakse versameling skaterlagstories!
Kom eet by die Swakste Restaurant in die Heelal.
Vind uit wat gebeur as jy met supergom aan die mooiste meisie in die skool vasgeplak word.
Ontmoet die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het.
Gee vir tannie Breggie 'n ou soentjie - as jy dapper genoeg is!
Vind uit hoe 'n mens toonkonfyt maak.
En ontdek hoe 'n bol kougom die wêreld kan red ...
GIGGEL, GIL, BRUL, PROES, SNORK en SKATER van die lag met hierdie versameling skreeusnaakse stories uit die pen van die gewilde Jaco Jacobs. Hierdie bundel kortverhale bevat tien stories wat gewaarborg is om jong lesers se lagspiere oortyd te laat werk.
Inhoud
- Iets in die water
- Dis amper onmoontlik om saggies op 'n elektriese kitaar te speel
- Haai! Jy's mos Brandon Skye!
- Kom gee my 'n ou soentjie ...
- Die dag toe Karlo Karelse se kougom die wêreld gered het
- Toonkonfyt
- Stadsjapies
- Die Swakste Restaurant in die Heelal
- Die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het
- Supergom
Publikasiedatum: 2018-08-10
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391312

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Stephen Wallace
Kinders  -  Uitverkoping
R 200
R 79Jy spaar R 121
Drie van Janie Oosthuysen se immer gewilde kinderboeke kan nou geniet word in een opwindende omnibus.
- Die verlore eiland
Geen besoekers, geen telefoonoproepe en geen vakansies. Dis die reëls by madame Spina Webb se skool op die geheimsinnige Verlore Eiland. Nikkel en Pennie is dadelik agterdogtig toe hulle op die eiland kom. Watter vreemde dinge is by dié skool aan die gang? Hoekom tree madame Spina Webb so vreemd op? En wat is die geheimsinnige Ogopogo?
- Daar is vlooie in my bed
Rosie is moeg daarvoor om oom Flopper en tant Flousie se slaaf te wees. Oom Flopper ruik na ou voete en sy kulkunsies loop gedurig skeef. Tant Flousie kla heeldag en deel werk uit. Net voordat dinge heeltemal hand uit
ruk, ontmoet Rosie vir Stradivarius Vlooi en sy talentvolle maats wat in haar bed woon ...
- Die towerpotlood
Ronnie se senuwees is gedaan. Sy goor pleegouers, oom Mufter en tant Skimmel, gaan 'n muisvalletjie stel. Wat as hulle vir Paulus, Ronnie se hamster, daarin vang? Maar dan gebeur 'n vreemde ding op pad skool toe - Ronnie kry 'n towerpotlood present! Sal die towerpotlood hom en Paulus van die skoolboelies en sy nare pleegouers kan red?
Publikasiedatum: 2019-01-18
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197452

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Nicol Stassen
Illustreerder: Peter Beckhaus
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 69Jy spaar R 91
Die klein vet hondjie slaap die heel graagste die hele dag lank in sy hondehok. Maar wat gebeur as hy die dag lus is om te speel? Dit hang heeltemal af van sy bui en wie sy pad sal kruis! Daarom word die storie elke keer anders verder vertel ... totdat die klein vet hondjie eindelik weer by sy hok ingaan om te slaap. Drie heeltemal verskillende stories wat uit die eerste sin spruit en wat die leser na willekeur kan lees en geniet.
Publikasiedatum: 2012-02-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193928

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 69Jy spaar R 91
Wildewragtigs soos ons is vir niks bang nie! Ons is mos nie meisies nie....
Publikasiedatum: 2011-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485304814

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Ben McAllen
Kinders  -  Uitverkoping
R 190
R 59Jy spaar R 131
Vir Tillie, die beste atleet in haar graad, is daar min dinge so frustrerend soos grootmense wat gedurig vreemde uitdrukkings gebruik. Wie wil nou hoor van husse met lang ore as jy doodgewoon gevra het wat daar vir ete is? Sy's darem al te oud vir sprokienonsens en simpel prekies! Maar dan begin Tillie se kat Krummel meteens praat ... en oortuig sy vir Tillie om saam met haar na die towerwêreld Tah te reis. In Tah, die land waar nuwe woorde deur die Woordenaar uitgedink en gemaak word, is 'n bose vloek besig om ou én nuwe woorde een vir een in die gisterkolk te laat verdwyn. Sal Tillie die Woordenaar se opdragte kan uitvoer om die vloek te verbreek - en só te keer dat Tah in 'n dorre woordwoestyn verander?<br/><br/>DIE OUTEUR<br/>Johann van Zyl, 'n joernalis van beroep met B.Com. en 'n Honneurs in Kommunikasiekunde agter sy naam, het reeds nege kortverhale vir volwassenes gepubliseer. Die Woordenaar van Tah is sy eerste kinderboek en is opgedra aan sy twee kinders, by wie hy self 'n rits nuwe woorde geleer het, en aan sy pa, 'n ware woordenaar. Net soos Tillie is Johann mal oor hardloop (wanneer hy nie deur die hele alfabet van beserings geteister word nie). Hy woon in Centurion. <br/><br/>DIE ILLUSTREERDER<br/>Ben McAllen is 'n veelsydige illustreerder en grafiese ontwerper met 'n uiteenlopende portefeulje wat projekte vir onder meer Oxford University Press, Musica, Cape Union Mart en Protea Boekhuis insluit. Die agt jaar wat hy as onder meer plaaswerker, matroos, kroegman, kelner en toergids op al vier uithoeke van die aarde deurgebring het vind beslis neerslag in sy kreatiewe en verbeeldingryke werk. Hy woon in Durban.
Publikasiedatum: 2015-10-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195212

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Shane Kleyn
Illustreerder: Elly Hees
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 69Jy spaar R 91
Worsies groei nie aan bome of iewers onder die grond nie. Worsies word gemaak van varke. Dit is nou eenmaal so. Hierdie boek gaan oor kampioenworsies. Dit gaan ook oor 'n vergete oupa, wat vroeer 'n slagter was, die liewe varkie Knor en die Worswedstryd van die Eeu. As jy nie van wors hou nie, moet jy liewer nie hierdie boek lees nie. En as jy wel van wors hou, eintlik ook nie. Of juis? Jy sien: Bette Babs kry op haar verjaardag 'n varkie van haar oupa. Sy noem hom Knor. Dit lyk miskien of Bette 'n oulike oupa het, maar het hy Knor vir haar gegee omdat hy wil inskryf vir die VVVVVV, die Vereniging Vir Vleisware Van Vars Varke, se worswedstryd?
Publikasiedatum: 2011-08-08
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928431367

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 55
R 20Jy spaar R 35
Dis tyd vir pret saam met al jou gunsteling karakters in hierdie opwindende boeke. Propvol inkleur-prente en aktiwiteite.
Publikasiedatum: 2020-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928431374

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 55
R 20Jy spaar R 35
Dis tyd vir pret saam met al jou gunsteling karakters in hierdie opwindende boeke. Propvol inkleur-prente en aktiwiteite.
Publikasiedatum: 2020-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928514077

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 55
R 20Jy spaar R 35
Dis tyd vir pret saam met al jou gunsteling karakters in hierdie opwindende boeke. Propvol inkleur-prente en aktiwiteite.
Publikasiedatum: 2020-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928469995

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 55
R 25Jy spaar R 30
Kinders sal nooit verveeld raak as hulle 'n ULTRA-aktiwiteitsboek het om hulle besig te hou nie! Hierdie boeke is vol kleurryke aktiwiteite, 'n storie, speletjies om te speel en prettige handwerk om te skep. Moenie die plakkers vergeet nie!
Publikasiedatum: 2020-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928469551

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 55
R 25Jy spaar R 30
Kinders sal nooit verveeld raak as hulle 'n ULTRA-aktiwiteitsboek het om hulle besig te hou nie! Hierdie boeke is vol kleurryke aktiwiteite, 'n storie, speletjies om te speel en prettige handwerk om te skep. Moenie die plakkers vergeet nie!
Publikasiedatum: 2020-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.