●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869198190

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Daniel Hugo
Kinders  -  Uitverkoping
R 230
R 69Jy spaar R 161
In die Nederlandse provinsie Limburg naby die dorp Sittard staan 'n verwaarloosde huis - 'n huis waar die sussies Muulke, Fing en Jes maar langtand is om in te trek. Van tragiese tragedies en 'n ewige gerondswerf het hulle in hul kort lewens al genoeg gehad. Wie wil immers in 'n bouvallige kasarm met 'n voordeur aan die agterkant en 'n drumpel op kniehoogte woon - en dan nog rekening hou met 'n pa wat vas glo éérs glo, dan sien? Maar wanneer die meisies 'n eienaardige ontdekking in die kelder maak, beland hulle op die spoor van 'n fassinerende verhaal: 'n Verhaal van swerwers, verbode liefde en gebreekte beloftes - en van spoke wat wel tot rus gebring kan word.
Publikasiedatum: 2013-03-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639601489

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Christo Krüger
Kinders  -  Uitverkoping
R 140
R 59Jy spaar R 81
'n Pragtige storie oor vriendskap en liefde
Ons wonderlike, diverse, kleurvolle land is vol stories wat verdien om vertel te word. Een so pragtige en belangrike storie is dié van die vriendskap en liefde tussen kinders en hul oppassers. Hierdie storie gaan oor 'n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie. Nellie deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring 'n bietjie van haar wêreld, woorde en hart in syne in. Sion, op sy beurt, doen wat alle klein seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur. Hierdie spesifieke storie handel rondom die idee van beletha - die Zulu woord vir iets op jou rug dra. Deur hulle dinosourusse vir 'n piekniek te neem leer Nellie vir Sion die kuns van beletha en Sion begin besef dat sy klein lewe iets is wat die moeite werd is om te dra. Hierdie is 'n storie van onskuld, liefde en omgee wat mense aan mekaar sal verbind regoor kulture heen.
Publikasiedatum: 2020-08-06
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799355109

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 230
R 89Jy spaar R 141
Het jy senuwees van staal?
Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te lê en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie?
Dan is hierdie net die boek vir jou!
Publikasiedatum: 2012-08-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194086

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 69Jy spaar R 91
Alex is 'n vreetvarkie. Vandag sluip Alex weg na die tuin en eet 'n stuk of tien aartappels.
Maar Mamma is skielik daar. 'Waar is jy, ek soek na jou,' roep sy, 'en is jy nou al weer besig om te peusel? Moenie eet as dit nie etenstyd is nie, dit het ek al so baie vir jou gese!'
Publikasiedatum: 2011-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397741

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Elsbeth Eksteen
Kinders  -  Uitverkoping
R 180
R 69Jy spaar R 111
Lulu se grootste kompetisie nog!
Lulu droom daarvan om 'n modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar tekenboek te skets nie.
Daar is 'n vreemde reuk in Lulu-hulle se huis - die reuk van babapoeier! Lulu stem in om 'n paar dae lank 'n baba te help versorg. Klein Wikussie is die oulikste baba op aarde (behalwe as hy verrassings in sy doek maak) - en dit is groot pret om vir hom babakleertjies te ontwerp!
Maar by die skool het Lulu groter probleme. Greta, die nuwe meisie in hulle klas, lyk baie gaaf, maar agter Lulu se rug vertel sy allerhande nare dinge ... Sy reken Lulu is glad nie so 'n goeie ontwerper as wat almal dink nie! Greta spog dat sy selfs beter klere as Lulu kan ontwerp.
Lulu besluit om die uitdaging te aanvaar. Sy en Greta gaan 'n modevertoning hou ... en kyk wie die mooiste babaklere kan ontwerp! Maar het Lulu dalk vir Greta onderskat ...?

Hierdie reeks is ideaal vir jong meisies wat 'n belangstelling in modeontwerp het. Elsbeth Eksteen se kleurvolle illustrasies, waarvoor sy al 'n ATKV Woordveertjie gewen het, bring lewe tot Lulu se pragtige ontwerpe. Die Lulu-reeks is perfek vir beginnerlesers.
Publikasiedatum: 2019-11-13
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799380194

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 220
R 79Jy spaar R 141
Skaars drie maande terug was Lisa se lewe nog normaal. Hulle was 'n gesin, sy het vriende gehad en sy het geléwe vir ballet.
Maar toe verander alles in 'n oogwink.
Ná die bom bars, gaan haar ma vir drie maande oorsee, en Lisa moet by haar eksentrieke ouma gaan bly wat pienk tekkies dra en glo in lysies maak. Sy moet probeer aanpas in 'n nuwe skool waar alles onbekend is. En sy moet probeer vrede maak met wat gebeur het.
Lisa is nie seker of sy kans sien vir hierdie nuwe begin nie. 'n Mens kan tog nie 'n delete-knoppie druk en al die aaklige dinge in jou lewe uitvee nie.
Boonop is sy vasbeslote om nóóit weer te dans nie. En sy weier om met haar pa te praat, ná wat daardie vreeslike dag gebeur het ...
Die enigste ligpunt is Jaco, haar ouma se buurseun met die donker oë, wat sy kort voor lank beter leer ken. Maar dit lyk of iemand daarop uit is om dinge vir haar en Jaco moeilik te maak.
Sal Lisa die moed kan bymekaarskraap om weer alleen op 'n verhoog te stap en die wêreld in die oë te kyk?
'n Vars, boeiende debuutroman vir tieners oor die opdraandes én die lekkertes van grootword.
Publikasiedatum: 2017-04-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193973

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 69Jy spaar R 91
Meneer Morf is 'n sirkushond met 'n groot hart. Elke dag dans hy op die koorde in die nok van die sirkustent en kry 'n dawerende applous. Maar roem is nie alles nie, en Meneer Morf voel baie eensaam. Op 'n dag verlaat hy die sirkus en gaan soek na ware liefde....
Publikasiedatum: 2011-01-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928426486

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 300
R 50Jy spaar R 250
Ontdek in Afrikaans: Amki en Zanda leesreeks
• Hierdie reeks het ten doel om Afrikaans vir kinders op 'n prettige manier deur middel van 'n oulike storie te leer en is veral gerig op Tweede Taal leerders. Amki en Zanda is van planeet Mars en neem elke kind saam op 'n heerlike avontuur om woordeskat en konsepte in Afrikaans te ontdek.

• 5 boeke in die reeks, elk met 2 stories.

• Kleurvolle illustrasies, 'n Afrikaans / Engelse woordelys en werksopdragte

• Die reeks is gemik op Tweede Taal leerders (Gr 3 - 6) wat Afrikaans as Akademiese taal moet leer. Ook geskik vir kinders (ouderdom 8 - 10) wat reeds goed Afrikaans kan lees.
Publikasiedatum: 2012-06-07
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193966

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 59Jy spaar R 101
Na 'n lang, diep slaap word die draak wakker. En hy is honger vreeslik honger. Die mense van die dorp stuur vir hom die klein seuntjie Oskar, en hy is net 'n klein happie! Oskar sal nie sy honger stil nie. Maar Oskar kan kosmaak. Sulke lekker kos dat die draak hom sal mis as hy hom moet opeet....
Publikasiedatum: 2010-11-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180733

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Alistair Ackermann
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 59Jy spaar R 101
Renosters tel, olifantmis en 'n lugskip met hittesoekende sensors en 'n meganiese slurp . . . 'n vakansie saam met ouma Hester is nooit vervelig nie! Maar wie is Wang Mang? Hoekom het hy 'n tenk vol rooi-en-wit gespikkelde vissies in sy helikopter? Wat wil hy met Thembi en Joe se mak renoster, Mafuta, maak? En wat het al hierdie dinge met olifante se toiletgewoontes uit te waai? Maak gereed, want ouma Hester, Tiaan en Lisa is in die Krugerwildtuin . . . en die spaanders gaan spat!
Publikasiedatum: 2020-10-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181860

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Alistair Ackermann
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 59Jy spaar R 101
Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter Lewendkerwen alles in haar onderwaterse laboratorium aan? Gelukkig laat ouma Hester en Graatjie nie met hulle mors nie!
Publikasiedatum: 2021-04-22
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180726

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 59Jy spaar R 101
Zany Zack voer 'n skrikbewind by VERI HAPPI KIDZ, die videospeletjiesfabriek. Met die hulp van 4 bose oumas van die Huur-'n-Ouma agentskap word kinders ontvoer en gedwing om dag en nag te werk. Maar gelukkig is daar ook oumas soos ouma Hester, Tian en Lisa se ouma. Haar Getaway-kar se wapens skrik vir niks en Tian en Lisa leer hoe om elke vernuftige toestel te gebruik in hul stryd teen die bose oumas. Die vakansie gaan beslis onvergeetlik wees!
Publikasiedatum: 2020-07-20
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181853

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Alistair Ackermann
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 59Jy spaar R 101
Meeluister-apparate, gesplitste olifantmis en geheime reaktors! Sabotasie, staatsgeheime en slymerig slakke! Die gewetenlose generaal Kerbhala en Spesiale Taakmag T-01 is warm op ouma Hester se spoor. Hoe gaan hulle uit die boosaardige folteraar se kloue ontsnap? Voor hulle weet, word ouma Hester, Tian en Lisa betrek by 'n gemene pakt met eienaardige ruimtewesens. As hulle sending misluk, is planeet Aarde in groot gevaar! Dis tyd om die ruimte in te snel. Die monsteragtige Molluske wag . . .
Publikasiedatum: 2021-06-11
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928469285

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 55
R 20Jy spaar R 35
Dis tyd vir pret saam met al jou gunsteling karakters in hierdie opwindende boeke. Propvol inkleur-prente en aktiwiteite.
Publikasiedatum: 2020-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928469957

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 55
R 25Jy spaar R 30
Kinders sal nooit verveeld raak as hulle 'n ULTRA-aktiwiteitsboek het om hulle besig te hou nie! Hierdie boeke is vol kleurryke aktiwiteite, 'n storie, speletjies om te speel en prettige handwerk om te skep. Moenie die plakkers vergeet nie!
Publikasiedatum: 2020-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.