●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA ●●●

Fiksie
Romans

Results 196 to 210 of 457
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624079194

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
R 279Jy spaar R 31
Griet skryf 'n sprokie is die verhaal van Griet Swart, wat deur die traumas van miskrame kindersterfte en egskeiding gedryf word tot die punt waar sy een aand haar kop in 'n gasoond druk. 'n Dooie kakkerlak in die oond red haar, want vir die res van die aand maak sy oond skoon. As terapie raai haar shrink haar aan om oor haar ervarings te skryf. En so kry die storie van Griet gestalte, 'n storie van seerkry en woede, maar verlig deur haar onvernietigbare sin vir humor.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415207475

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 260
R 234Jy spaar R 26
Etienne is twee-en-twintig en studeer filmkuns in London nadat hy uit Suid- Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van Thatcher, optogte teen apartheid, en Vigs, maar ook van eksperimentele kuns, postpunk en die Royal Vauxhall Tavern. Etienne raak verlief op 'n Duitse kunstenaar in hierdie skadustad waar mense in bouvallige kunstenaarskommunes woon.

In Londen kom Etienne af op die eerste van drie filmspoele wat tydens die dertigerjare in Duitsland verfilm is. Etienne begin na die verlore spoele soek, 'n soektog wat 'n obsessie word wanneer sy geliefde vermis raak in Berlyn. Terwyl Etienne die gevaarlike ruimtes weerskante van die Muur navigeer, begin die verhaal van 'n groepie Joodse filmmakers in Nazi-Duitsland vorm aanneem.

Etienne word egter teruggeruk na die hede en na Suid-Afrika, maar sy soektog na die vermiste film duur voort.

Argitektuur, kinematografie, seks, musiek, siekte, verlies en liefde deurweek SJ Naudé se kosmopolitaanse en roerende Die derde spoel , waarmee hy nuwe grond vir die roman in Afrikaans breek.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868427338

Fiksie: Romans

Vertaler: Daniel Hugo
Fiksie  -  Romans
R 290
R 261Jy spaar R 29
'n Familie bevind homself in twee geskeur wanneer hulle by die Anglo-Boereoorlog betrek word en 'n Boereseun teen sy Britse neef moet gaan baklei. Met die uitbreek van die oorlog word liefdes- en vriendskapsbande wat op die Transvaalse bosveld en in die sitkamers van Victoriaanse Engeland gesmee is, op die slagvelde van Suid-Afrika getoets.
Wanneer die eerste fase van die oorlog oorgaan in die guerrillafase en die vernietigende verskroeideaardebeleid geïmplementeer word, moet die twee nefies en hul sibbe moeilike keuses maak en alles op die spel plaas.
Wintersrust is 'n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur. Dit handel oor individue wat worstel met magte buite hul beheer. Sommige word deur wanhoop oorweldig en oorleef nie. Ander kom uiteindelik by vrede en vergifnis uit. Ondanks hul woede en gevoel van verontregting ontdek die familie 'n mag wat sterker as die oorlog is.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307631

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 220
R 198Jy spaar R 22
Wanneer Bilbo Baalens uit sy gerieflike hobbitgat weggevoer word deur Ghandalf die towenaar en dertien vrypostige dwerge, word hy onverwags meegesleur in 'n samesweerdery om die dwerge se verlore skate terug te steel by Smaug die Vreeslike: 'n reusagtige en baie gevaarlike draak ...

Die hobbit is al vir tagtig jaar lank een van die mees geliefde fantasie verhale ter wêreld en word met reg as 'n klassieke werk beskou.

''n Knap geskrewe sage oor dwerge en elwe, vreesaanjaende aardgeeste en trolle.' Observer

''n Foutlose meesterstuk.' The Times

OOR DIE OUTEUR

J.R.R. Tolkien is in 1892 in Suid-Afrika gebore. Nadat hy as luitenant in die EersteWêreldoorlog gedien het, het hy hom as akademikus onderskei en word gereken as een van die beste letterkundiges in die wêreld. Hy het verskeie professorate beklee en is talle kere bekroon. Hy is in 1973 oorlede.
The Hobbit, professor Tolkien se debuutwerk, is die eerste deel van die verhaal wat in die drie volumes van The Lord of the Rings hervat en voltooi word. In die 1930's het Tolkien die verhaal van The Hobbit aan sy kinders begin vertel - na publikasie was dit onmiddellik suksesvol. Die boek is wyd vertaal en was sedertdien nog nooit uit druk nie.


OOR DIE VERTALER

Janie Oosthuysen is 'n gerekende naam in Suid-Afrikaanse vertalerskringe en met meer as 300 publikasies agter haar naam ook skrywer in eie reg. Haar werk is al verskeie kere bekroon.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795801303

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 270Jy spaar R 30
Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank poeliesman gewees, maar wat hy nóú alles in die media oor die SAPD lees. Hy't juis 'n ander werksaanbod . . . Maar dan kom Kassie te midde van sy loopbaankrisis teen die grieseligste booswig nóg te staan, en hy moet blitsig slim skuiwe bedink om die Pion van die bord af te vee. Spioenasie en wapenhandel-korrupsie, die ontkleeklub-skemerwêreld en 'n moordenaar uit jou nagmerries - dis alles hier in Kamikaze!
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795801464

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 230
R 207Jy spaar R 23
Dit is die somer van 1973. Apartheid floreer, die Amerikaners begin noustrop trek teen die kommuniste in Viëtnam, en in die Kaap is die elfjarige Marnus besig om te leer wat menswees en manwees beteken. Agter hom lê  die geskiedenis van sy familie in Tanganjika. Voor hom, 'n grensoorlog. Tussen geweld en geweld lê daardie oomblik wanneer onskuld verlore raak. Voortaan sal die reuk van appels bly kleef aan alles wat Marnus aanraak.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383508

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 270Jy spaar R 30
Christine wil van Frikkie, haar man, ontslae raak. Moord maak meer sin as egskeiding, veral nadat hy baie geld op die Lotto wen wat hy nie met haar deel nie. Dan trek daar 'n geskeide man met 'n volwasse dogter langs haar in. Wanneer Frikkie op onverklaarbare wyse by die trap in die huis afval, is die speurders en Christine suspisieus oor haar nuwe buurman. Christine, die ryk weduwee, trou gou weer en trek saam met haar nuwe man na 'n veiligheidslandgoed. Haar eertydse kollega, Zebith, is haar nuwe buurvrou. Mettertyd kom Christine agter dat die huis waarin sy en haar nuwe man bly 'n bloedige geskiedenis het. Zebith ken die geskiedenis en was betrokke by die inwoners. Sy ly aan postraumatiese stres en wroeg omdat sy skuldig voel oor wat in die huis langs hare gebeur het. Saam met die skuldgevoel moet sy ook die pyn van haar gebroke hart hanteer. Die twee buurvroue het albei die man saam met wie hulle gewoon het, verloor en albei het skouers geskuur met gewelddadige dood. Daar kan tog nie nog onvoorsiene tragedies vir hulle voorlê nie? Oor die skrywer Elsa Hamersma het al 15 boeke geskryf. Een daarvan was 'n jeugverhaal, Die teken van die crux, waarmee sy die Sanlamprys vir jeuglektuur in 1998 gewen het. Die mense langsaan is haar eerste spanningsroman en dis geskryf in die tradisie van die domestic noir, The girl on the train - 'n eerste in Afrikaans. Pryswoorde Chanette Paul, LAPA Uitgewers se manuskripontwikkelaar, sê: "Ek moet Elsa gelukwens met hierdie manuskrip. Sy het haar goed van haar taak gekwyt. Elsa skryf ook lekker vloeiend en is baie goed taalvaardig. Dis altyd verblydend wanneer skrywers nuwe genres in Afrikaans aanpak. Die noir-genres, en spesifiek domestic noir, is deesdae baie gewild. Ek is dus bly Elsa het hierdie tendens op die proef gestel." Jeanette Ferreira, teksredakteur, sê: "Dit is die beste van Elsa se romans wat ek ooit gelees het. Die bisarheid, die droefheid, die sameloop van omstandighede het my so geboei dat ek nie die teks wou neersit nie. Well done!"
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485303633

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 170
R 153Jy spaar R 17
Lafras Cuyper se opdrag is om die skone gravin Yvette Fremont na Napels te neem. Die gravin verdwyn egter spoorloos 'n dag voor hul vertrek. Lafras laat geen steen onaangeroer om haar op te spoor nie. Hy plaas selfs sy eie lewe en sy geliefde skip, die Hirondelle, op die spel. Maar is dit nie al te laat nie?
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316711

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 175
R 158Jy spaar R 17
'Jou lewe speel soos 'n rolprent voor jou af in die oomblikke voor jy sterf.'

Hierdie is só 'n verhaal:

Barbette le Roux moes geweldige opofferings maak ter wille van haar passie om predikant te word. Sy is geroepe; as kind is sy deur 'n misterieuse weldoener uit 'n brand gered. Toe sy as student besef sy is gay, sweer sy om selibaat te bly. Haar pad kruis later met Sonja, 'n jong vrou met 'n troebel verlede. Watter impak het die ontmoeting op haar? Gaan sy bly by haar streng beginsels en vereistes van die kerk waar sy uiteindelik haar ideale amp beklee? En wie is die vreemde weldoener wat sy as Ou Klaas Vaak uit haar kinderjare onthou?

Barbette is konserwatief, gefolterd en gekompliseerd, maar sy het 'n ware roeping en opregte liefde vir God.
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624082460

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 270Jy spaar R 30
Op 'n winterdag in 1945 ontferm 'n kinderlose wit egpaar, Sara en Erik de Graaff, hulle oor 'n driejarige halwe weeskind - Mina Afrika. Hulle wil haar graag 'n kans in die lewe gee. Terwyl Mina nog vol ambisie haar toekoms beplan dryf die verraderlike daad van 'n ryk jong wit man haar weg uit die Vallei, laat haar beland in 'n eindelose spiraal van bedrog. 'n Lewe van vernedering in Groenpunt en tussen die bendes van Distrik Ses.
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624082491

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 266Jy spaar R 29
Carli Botha is amper sewe jaar oud toe haar Italiaansgebore moeder, Bella, sterf tydens die geboorte van haar wanskape, breinlose [anensefaliese] boetie. ("Dis 'n katkoppie, Baas', het Carli vir Lena, die jarelange huishulp in Grootvlei se plaashuis, by die kraambed hoor sê.)

Sy word agtergelaat in die sorg van haar dranksugtige pa, Wilhelm Botha, wat haar treiter. Dora, wat ook soms in die plaashuis help, kom bedags tot Carli se redding. Sy was 'n sterk vrou en sy het 'n swaard gehad om oor die baas van Grootvlei se kop te hou. Sy het die plaas se geheime geken reg van oupa Maans se tyd af, en sy sou praat, dit het Wilhelm Botha geweet...
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798174541

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 345
R 311Jy spaar R 34
Dis die goudstormloop van die 1880's. Hebsug, verraad en passie is aan die orde van die dag. Beeldskone en vasberade Deborah von Albein word gedwing om hul familieplaas te verlaat en verhuis na die goudstad Johannesburg. Te midde van onrusbarende uitdagings moet sy kies tussen Kit Malloy, 'n ambisieuse dobbelsaloneienaar, en Karl Mannheim, eksentrieke erfgenaam van die Mannheim-fortuin. Onvermydelike konfrontasies volg. En so begin die drieluik van Die Mannheim-sage...
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307273

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
R 225Jy spaar R 25
Hoe gebeur dit dat 'n hele gevestigde gemeenskap sy tentpenne uitruk en die wildernis intrek? In Geknelde land gee FA Venter 'n diep-menslike antwoord op dié en ook op baie ander vrae oor die Groot Trek. Dit is die verhaal van die Dreyer-gesin van Grensplaas en vertel van die ontberings en terugslae wat dié boeregesin moes verduur voor hulle uiteindelik ook besluit om te trek. Die hooffiguur, Rudolf Dreyer, weier aanvanklik om sy plaas te verlaat, selfs nadat dit verwoes is. Geknelde land is 'n uitbeelding van die konflik in Rudolf se gemoed en die stryd wat hy met sy medemens en met homself voer voordat hy tot 'n besluit gedwing word.

OOR DIE OUTEUR
Frans Venter (1916-1997) gaan skool op Strydenburg en Hopetown en studeer later letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Vanaf 1938 is hy joernalis totdat hy as enigste seun hom in 1959 op die familieplaas, Constantia, vestig. Hy ontvang die Hertzogprys vir Prosa in 1976.
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485306207

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 185
R 167Jy spaar R 18
Dit is die ironie van die lewe dat die dinge waarna jy die hardste streef omdat jy meen dat jy daardeur geluk kan verwerf, jou ontgaan juis op die oomblik wanneer dit net binne jou bereik lê. Dit is die pad van die lewe wat na eensaamheid lei.
Willem, 'n uitgeworpene, is oortuig dat daar niks op die aarde is om na te strewe en voor te werk nie. Dan kry hy 'n nuwe geloof wanneer hy weer verantwoordelikheid kry vir plante en diere, vir lewende dinge wat van hom afhanklik is.
Willem se pad kruis met Hans. Hans aanvaar al sy lewe lank dat elke mens verantwoordelikhede het en 'n plig om te werk. En wanneer hy begin vrae stel en die aanvaarding verdwyn, plaas hy nie net homself op die pad na eensaamheid nie, maar hy vernietig ook die geluk wat twee ander mense moontlik sou kon vind.


OOR DIE OUTEUR

Kas van den Bergh, wat in 1997 oorlede is, is in die omgewing van Matlapein naby Rustenburg gebore en het lewenslank verbonde gevoel tot hierdie bosveldomgewing. Hy was lank rubriekskrywer vir onder andere Huisgenoot en is verder bekend vir 'n groot aantal kort- en vervolgverhale asook verskeie romans en speurverhale.
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383331

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 270Jy spaar R 30
In hierdie tweede boek in 'n reeks oor Luna, 'n jong speursersant van Stellenbosch, word sy betrek by die ondersoek na 'n tienermeisie, Elodie, wat spoorloos uit 'n plaaslike gastehuis verdwyn het.
Die meisie se ouers het as jong getroudes na Engeland geëmigreer en nou is die pa weer hier vir werk. Die ma en dogter het met vakansie saamgekom en Elodie kry ook geleentheid om spesiale vioollesse by die universiteit by te woon.
Luna se bekommernis oor wat met die meisie gebeur het, laat haar dieper betrokke raak by die gesin en noop haar eindelik om meer te waag as wat haar bevelvoerders van haar sou verwag. Sy volg 'n suspisieuse motor tot in 'n swart woonbuurt waar sy oorrompel en self ontvoer word. In die bak van die motor vind sy die meisie, maar nou is albei gevangenes van 'n kartel wat handel dryf in jong vroue.
Luna moet elke greintjie inisiatief inspan en al haar kennis betreffende selfverdediging bymekaarskraap om van die ontvoerders af weg te kom. Ook om vir Elodie uit die gebou te kry en steeds uit die ontvoerders se kloue te hou. Geleidelik blyk dit dat die gesinnetjie se bestaan nie so idillies is as wat dit vir buitestanders mag lyk nie. Aan die einde van die verhaal wag 'n skokkende onthulling op die leser.
Publikasiedatum: 2017-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.