●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 10 - 12

Results 136 to 150 of 349
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798173650

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 190
Mnr. Twak is 'n stink en mislike man met stukkies graanvlokkies en sardientjies in sy baard. Mev. Twak is 'n aaklige ou heks met 'n glasoog. Hulle hou die apie Moggelwomp en sy gesin al gans te lank gevange in 'n hok in die tuin en nou wil die apies WRAAK neem . . .
Hierdie klassieke verhaal is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met briljante vertaling deur Kobus Geldenhuys.
Publikasiedatum: 2016-06-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195632

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Hoe goed kan die vyf Uile swem?

Toe Jorsie se ouers sy vier vriende saam see toe nooi, het hulle geweet dit sal nie 'n rustige vakansie wees nie. Maar die gevaar en opwinding wat sou volg, kon hulle nooit voorsien nie. Dit beteken natuurlik nie dat Jorsie, Philip, Vaatjie, Berrie en Hennie - wat hulleself die Uile noem - na moeilikheid soek nie, maar watter seun wat sy bendenaam waardig is, sal net staan en toekyk wanneer honderde duisende rande se diamante na 'n boot gesmokkel word?
Publikasiedatum: 2012-05-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195670

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Die vyf Uile is nou jongmanne. Hul skooldae op Kranskop is verby, maar die avontuurlus leef steeds voort waar dié ouens hulle nou bevind: die leërgimnasium. Hier is die luitenante en korporaals manne om rekening mee te hou. Dit is nou tyd om taai te word, om te leer dat 'n man nie moeg is totdat jou wil ingegee het nie - en hier mág jou wil nie ingee nie!
Sal Philip, Hennie, Berrie, Vaatjie en Jorsie al die uitdagings, die bloedsweet en boelies in die gimnasium oorleef?
Publikasiedatum: 2013-11-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194703

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Die lede van die Genootskap van die Groot Uil staar nuwe, vreemde bedreigings in die gesig ...
Philip Senekal, die leier van 'n vyftal vriende wat hulleself die Uile noem, oortuig sy pa om hulle almal saam te neem op 'n jagvakansie in die Kalahari. Maar dié opwindende vakansie draai anders uit as wat hierdie seuns van Kranskop verwag het. Kort voor lank kruis hulle paaie met gevaarlike wilde diere en hulle moet uit verknorsings gehelp word. Wie is die geheimsinnige woestynman met sy onverstaanbare taal wat hulle elke keer help? En sal hy ook kan help wanneer die Uile deur 'n groep gevaarlike inboorlingpriesters ontvoer word?
Publikasiedatum: 2011-11-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195656

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Onderweg na Johannesburg versteek iemand geroofde diamante in Jorsie se tas. So beland hy en sy vriende - die Uile - in die middel van 'n ondergrondse smokkelnetwerk gelei deur die wreedaardige Lan Fu. En wanneer die moeilikheid hulle tot by 'n verlate mynskag bring, raak dinge eers gevaarlik. Hoe op aarde gaan die Uile hierdie keer ontsnap?
Publikasiedatum: 2012-07-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194710

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Hoe ontaard 'n heerlike vakansie ver weg van die beskawing in 'n stryd om oorlewing?

Vir die vyf dapper vriende wat hulleself die Uile noem, is dit opwindend om na die skatte van 'n geheimsinnige, verlore stad in die Kalahari te gaan soek. Opwindend, ja, maar ook lewensgevaarlik. Want in die Kalahariwoestyn is die enigste bedreigings nie net die roofdiere en sandstorms nie, maar ook vyande wat self 'n oog op die buit het. Sal die Uile hierdie gevaarlike manne kan uitoorlê? En is daar werklik 'n verlore stad en skatte diep in die woestyn?
Publikasiedatum: 2012-01-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195649

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Sal die Uile weer uit die moeilikheid kan kom?

DIe vyf vriende bekend as die Uile kan aan geen lekkerder manier dink om hul somervakansie te spandeer as 'n fietstoer nie. Natuurlik is die avontuur nie sonder onvoorsiene uitdagings nie. Asems word opgehou wanneer Berrie se fietsketting breek op 'n smal bruggie terwyl daar 'n voertuig van voor kom...
Publikasiedatum: 2012-06-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194598

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
'n Bosveld- en wildtuinvakansie hou vir die Uile onverwagte avonture in ...

Philip, Hennie, Berrie, Vaatjie en Jorsie, die vyf vriende bekend as die Uile, reken die grootste vakansie-avonture wag vir hulle op 'n bosveldplaas. Toe Philip, die Groot Uil, 'n luiperd uit 'n boom plattrek, dink hulle die vakansie kan nou net rustiger raak. Maar toe besluit die vyf om Krugerwildtuin toe te gaan. En daar skuil groter uitdagings, want Josie kom per ongeluk op die spoor van drie uitgeslape skelms vir wie die sukses van hulle smokkelstreke belangriker lyk as die lewe van vyf jong seuns.
Publikasiedatum: 2011-10-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869196974

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Wit strande, tropiese visse, vakansie ... en gevaar!
Gevaar en avontuur volg die vyf Uile net waar hulle gaan. Vir hierdie vriende is 'n tropiese vakansie in asemrowende Mosambiek gou veel meer as pret en plesier. Sal 'n noue ontkoming met 'n haai die einde van die drama wees? Of is dit net die begin? Dalk lê die antwoord op 'n geheimsinnige kaart wat die roete na 'n afgeleë eiland aandui, die eiland waarop die Uile toevallig vakansie hou.
Publikasiedatum: 2013-06-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195496

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Tussen die bome langs die Limpoporivier wag daar allesbehalwe 'n rustige kampvakansie ...

'n Vakansie langs die Limpopo hou ongetwyfeld avonture vir die Uile-bende in - veral omdat hul goeie vriend Wadda, die woestynmens, saamgaan. Maar die afgeleë boswêreld is nie net vir dié vriende aanloklik nie. Vir 'n meedoënlose smokkelbende is dit die ideale plek vir hul skelmstreke en hulle verwag nie dat vyf dapper seuns van Kranskop en 'n man wat gebrei is deur die Kalahariwoestyn, met hulle paaie sal kruis nie.
Wanneer honger krokodille boonop tot die gevaar gevoeg word, moet Philip en sy vriende vinnig dink én optree ...
Publikasiedatum: 2012-03-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194345

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Op 'n geheimsinnige brief wat Philip Senekal vir Hennie Pretorius in die Wiskundeklas stuur, staan in groot drukletters: 'UITERS GEHEIM - WYS VIR NIEMAND NIE'. Die brief is onderteken deur Die Groot Uil en Hennie moet hom tweede pouse by die bome agter die skietbaan ontmoet. Wat kan dit beteken? Dit is nie net Hennie wat so 'n vreemde boodskap van Die Groot Uil kry nie.
Publikasiedatum: 2011-03-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485306313

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Die Uile vlieg weer is 'n paar jaar na die oorspronklike Uile-reeks geskryf. Dit handel oor die geliefde Uile se kinders wat nou in die voetspore van hul ouers volg. Philip Senekal begin sy hoerskoolloopbaan op Kranskop. Dit is sy pa se ou skool en hy weet al soveel van die koshuis en die omgewing dat hy uitsien na die avonture wat op hom wag. Maar eers moet hy ook 'n Uile-bende stig. Was sy pa dan nie die Groot Uil van die beroemde Uile-bende nie? En hy is uitgeknip sy pa se seun. Groot is sy verbasing toe hy sy kamermaat ontmoet - ene Jorsie Neethling, seun van 'n ou vriend van sy pa. Een na die ander kom die seuns van die Uile op Kranskop aan. Uiteindelik is die bende weer voltallig!
Publikasiedatum: 2016-03-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195663

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Diefstal, spoke, skobbejakke ... en 'n tier!
Op Kranskop is daar nie 'n tekort aan koshuisstreke, avontuur of raaisels wat opgelos moet word nie. Wanneer 'n groot sirkustier boonop uit sy hok ontsnap, is dit die begin van selfs meer aksie.
Philip en sy vriende - die Uile - word nie toegelaat om aan die gewapende soektog deel te neem nie en besluit om dan maar na geitjies vir die biologieklas te gaan soek.
Maar sal hulle dalk in die proses op iets afkom wat veel groter en gevaarliker as 'n geitjie is?
Publikasiedatum: 2012-12-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776354573

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Toe Seamus wakker word, is sy bene weg. Hulle het net verdwyn. Hy kan nie vir sy ma daarvan sê nie, want sy sal heeltemal uitfreak en sy het vandag 'n belangrike onderhoud. Hy wens hy het geweet wat om te doen. Is dit ''n siekte? Is hy besig om dood te gaan? Moet hy die ambulans bel of is dit normaal? Dalk is dit niks om oor te stres nie. Dalk gebeur dit met alle kinders as hulle dertien is en praat net niemand daaroor nie. Dan begin die res van sy lyf te verdwyn. Hy besef hy het probleme. Groot probleme. En daar begin die vreemdste dag van sy lewe ... Die boek is 'n naaswenner van LAPA se Jeugromankompetisie. Nerine het saam met Alet Steenkamp talle boeke vir tieners geskryf. Die gewilde “SSS-reeks”, met titels soos Selfone, skelms en sjokolade, is 'n voorbeeld.
Publikasiedatum: 2022-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311775

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Marjorie van Heerden
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 200
Hierdie bundel het ontstaan na aanleiding van 'n gesoute bibliotekaresse se vreugde oor kinders wat 'n ou hardebandbundel met Langenhoven se spookstories uit die volwasse afdeling smokkel om in die kinderafdeling voos te lees ... Die spookverhale is versigtig uitgekies en hervertel deur Wendy Maartens om by die oorspronklike teks aan te sluit, en terselfdertyd ook tot die kind van vandag te spreek.
“Ek was mal oor spoke. Eintlik was ek 'n soort spookwetenskaplike. Oral waar ek gekom het, het ek spookstories bymekaar gemaak. En nou is ek self 'n spook … kan 'n mens so gelukkig wees?” - C.J. Langenhoven, soos verbeel deur Maartens in Die wandelende geraamte en ander spookstories van CJ Langenhoven
“Terwyl ek aan die bundel gewerk het, het ek my soms verbeel Langenhoven sit in die blou leunstoel langs my boekrak. As hy tevrede was met waarmee ek op daardie tydstip besig was, was daar die gemeenskaplike stilte wat baie woorde op papier soms tussen twee mense bring en … nou en dan, die geur van 'n pyp wat aangesteek word.” - Wendy Maartens
C.J. Langenhoven, ook bekend as “Sagmoedige Neelsie”, was een van Suid-Afrika se grootste denkers, digters en skrywers. Hy was ook 'n kampvegter vir Afrikaans.
Publikasiedatum: 2022-03-02
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.