●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 10 - 12

Results 166 to 180 of 349
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798184298

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 200
R 180Jy spaar R 20
Het JY al ooit 'n GOOR WEEK gehad? Justin Chase het MAANDAG en DINSDAG skaars oorleef, maar nou is dit . . . WOENSDAG!

Sy kat is steeds spoorloos weg. Hy word per ongeluk 'n internetsensasie. En op die oomblik swem haaie in sirkels om hom, want hy's vasgekeer in 'n hart-gaan-staan, vel-word-hoendervleis, mond-hang-oop, lewe-op-die-spel SOS (sweet-op-sweet) situasie saam met sy ongelooflik irriterende aartsvyand!
Publikasiedatum: 2024-04-22
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176750

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Shân Fischer
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is hierdie kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen 'n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word?
Publikasiedatum: 2018-03-09
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176729

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Shan Fischer
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hulle plaas, Moordkuil, in die karoo verlaat om 'n nuwe skooljaar in 'n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van 'n meisie in 'n bergskeur op die plaas ontdek. Is dit die liggaam van haar pa se vermiste suster? Tot Pippa se skok, is haar nuwe kamermaat gaande oor spinnekoppe. En hoekom voel dit asof die mummie haar skool toe gevolg het?
Publikasiedatum: 2018-05-08
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176781

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Shan Fischer
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy 'n probleemkind. Hy word na 'n eksklusiewe rehabilitasiekamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie. Clayton is vreesbevange vir die digte bome wat die kamp omring en snags sluip vreemde gediertes in die woud rond. En dan begin van die tieners verdwyn. . .
Publikasiedatum: 2018-07-05
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178860

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Shan Fischer
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Babette kom by die gawe tannie Theodora op Rustfontein bly - 'n geskiedkundige dorpie wat wemel van eienaardige stories. Gelukkig ontmoet sy die aantreklike Tiaan en vind uit sy kan haar sangtalent in 'n plaaslike musiekproduksie uitleef. Maar iets spook by haar. Wie is die bebloede meisie wat in haar kamer verskyn? En wat het dit te doen met die legende van onsterflikes wat zombies gebruik om kinders na die ou begraafplaas op die bult te jaag?
Publikasiedatum: 2019-06-07
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178891

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Shan Fischer
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Die tingerige Wian is baie opgewonde wanneer hy uiteindelik in pleegsorg geplaas word en van die weeshuis kan ontsnap. Net jammer dat die oorgewig boelie, Pierre, saam met hom by dieselfde gesin gaan woon. Maar Wian se nuwe ouers is glad nie gaaf en ordentlik soos hy hom voorgestel het nie. Inteendeel, hulle maak hom doodbenoud. Veral toe hulle hom voorstel aan sy nuwe 'suster', Cornelia - 'n massiewe, mak krokodil wat in die agterplaas woon.
Publikasiedatum: 2019-08-12
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180702

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Shan Fischer
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
2021 ATKV WOORDVEERTJIEPRYS - SKRYWER - SELFLEESKATEGORIE GRAAD 6-7

Vanessa se ouers was eens skatryk, maar wanneer haar pa alles verloor moet hulle trek na 'n piepklein huisie op 'n skrootwerf waar haar pa as bestuurder van 'n insleepwa gaan werk. Die motorongeluk waarin Vanessa betrokke was, spook steeds by haar. En al die gruwelike motorwrakke in die skrootwerf gee haar die horries. Wanneer sy die eienaardige Wayne ontmoet, vind sy boonop uit dat die skrootwerf meer as een spokerige geheim wegsteek . . .
Publikasiedatum: 2020-07-20
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175371

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 210
Daar is 'n spookplaag in die dorp! 'n Hele klomp kinders in Otto se skool word skielik deur spoke geterroriseer en 'n oorlede Spaanse bulvegter wil by Otto se tante intrek. Maar drie huisspoke en 'n pratende vlermuis is klaar genoeg - Otto het beslis nie nog 'n huismaat nodig nie. Waar kom al die spoke vandaan? En hoe raak mens van hulle ontslae? Gelukkig het Otto se vriend Harry, die Grieselgryper, goeie kontakte aan die Oorkant.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175401

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 210
'n Fortuinverteller trek oorkant die straat van Otto en tannie Sharon in en ewe skielik begin vreemde dinge in die buurt gebeur. Harry die Grieselgryper vind uit dat 'n gruwelgees die vrou se huis oorgeneem het! Dit is 'n baie gevaarlike soort spook en Grieselgrypers is hulpeloos teen hulle. Otto en Harry moet 'n spesiale eenheid van die SBI inroep: die spookmeesters. Maar dit lyk nie of die ouens hulle regtig wil help nie . . .
Publikasiedatum: 2017-09-17
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177153

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 210
Otto en Emily het 'n nuwe onderwyser wat baie vreemd optree en gedurig vrae vra oor Otto se vermiste oom Archibald. Harry Griesel het ook probleme: iemand het 'n onwettige deurgang na Die Oorkant oopgesluit en nou krioel die stad van zombies! Die SBI moet dadelik uitvind wie die skuldige is en Otto en sy vriende is op die punt om die raaisel op te los, wanneer tannie Sharon haarself skielik in groot gevaar bevind.
Publikasiedatum: 2018-06-08
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177184

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 210
Dit is Halloween in Radysstraat, maar Otto sit alleen by die huis. Selfs Harry Griesel hou hom skaars, want sy nuwe baas by die S.B.I., Rufus Rittelbeen, is baie streng oor kuiertjies in werkstyd. Gelukkig kan oom Archibald nou vir Otto help om sy vermiste ouers op te spoor. Hulle vind uit dat sy ouers deur 'n Grieselgryper met 'n houtbeen ontvoer is. Is dit toevallig dat Rufus daardie beskrywing pas?
Publikasiedatum: 2018-08-10
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798184076

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Van 'n teddiebeer wat lewend word, tot 'n snotmonster wat 'n koshuis terroriseer en 'n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister. Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan. Die laaste storie is boonop ekstra spannend en onvoorspelbaar, aangesien dit as 'n aflosverhaal geskryf is - een hoofstuk elk, afwisselend deur hierdie twee grilverhaal-meesters.
Publikasiedatum: 2023-10-06
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199661

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Hik die Horribale Hamerkop die Derde is 'n fantastiese swaardvegter, 'n draaktemmer en die beste Wikingheld wat al ooit gelewe het.
Kan Hik met 'n haasbekdraak die draak-inisiasieprogram slaag en boonop die Seedrakonius Kolossalikus Maksimus verslaan voordat dié wreedaardige gedierte elke Wiking op die eiland Berk vermorsel? Dis tyd dat Hik leer hoe om 'n held te wees.

Cressida Cowell is 'n goeie vriendin en vertroueling van Hik die Horribale Hamerkop. As sy nie by Hik kuier om sy avonture te dokumenteer nie, bly sy in die VK. Sy is ook die outeur van boeke soos The Rabbit Belongs to Emily Brown, What Shall We Do With the Boo Hoo Baby? en verskeie ander prenteboeke.
Publikasiedatum: 2013-09-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300106

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 185
HARWARRUS HORRIBALUS HELDEHELM DIE DERDE
was 'n swaardvegter en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het.

Kan Harwarrus Grombaard die Gruwelike se skat vind voor Alvin die Verraderlike sy slinkse kloue daarop kry? En wat as Harwarrus 'n kis oopmaak wat sê MOENIE OOPMAAK NIE? Sal hy lewe om die storie te vertel?

'Skreeusnaaks, wonderlik geskryf ... Vol humor én spanning.'
Lovereading4kids
Publikasiedatum: 2013-09-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300540

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
HARWARRUS HORRIBALUS HELDEHELM DIE DERDE was 'n meesterlike swaardvegter en draakfluisteraar, en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het.

Tandloos is gevang, die nanodraak gaan opgevreet word en honger Haaiwurms lê op die loer. Harwarrus moet weer eens kophou en bewys hy's 'n held ...
Publikasiedatum: 2014-06-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.