●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 10 - 12

Results 196 to 210 of 349
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485303695

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van dié gewilde reeks.

Hierdie is die tweede titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

Jasper het nog altyd geweet hy is lief vir rugby, maar hy het nie besef dat hy 'n rugbyheld sou word nie!

Christiaan Frederik Beyers-Boshoff (1926-1989) was 'n baie produktiewe skrywer wat veral vir sy Jasper-boeke onthou sal word. Hy het ook tientalle tydskrifverhale, kortverhale en ontspanningsromans geskryf. Hy het veral bekendheid verwerf vir radioverhale soos Ongewenste vreemdeling, Dans van die flamink en My liedjie van verlange. Twee van sy draaiboeke, Catch me a dream en Karate Olympia, is in Amerika verfilm en versprei. Hy het ook televisiedraaiboeke vir die Amerikaanse mark geskryf.
Publikasiedatum: 2016-01-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485303787

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van dié gewilde reeks.

Hierdie is die vierde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

Leliesvlei se boere word deur skaapdiewe geteiken en die polisie sukkel om die skuldiges vas te trek. Jasper besluit dis die ideale geleentheid om sy speursin op die proef te stel - hy wou tog nog altyd 'n bobaasspeurder word. Kan hy die nodige inligting vir die polisie in die hande kry? En kan hy die speurder-sersant en sy vrou uit die kloue van die boewe red?

Kom deel in die avonture van Jasper!
Publikasiedatum: 2016-09-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485303756

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van dié gewilde reeks.

Hierdie is die vyfde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

Jasper en Ferdinand onderneem onverwags 'n verbluffende, indrukwekkende reis na die buitenste ruim. Hulle maak kennis met vlieënde pierings en ruimtemanne, en verken die planeet Mars. Maar is die ruimtemanne hulle goedgesind en sal hulle die ruimtemiere kan uitoorlê? En die belangrikste van als: Kan hulle lewe op aarde van uitwissing red?

Kom deel in die avonture van Jasper!
Publikasiedatum: 2016-09-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485303909

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke.

Hierdie is die negende titel in die reeks.

Jasper moet in die koshuis bly terwyl sy ouers oorsee reis. Dit voel of sy vlerke geknip is: Skielik moet hy op spesifieke tye eet, huiswerk doen en gaan slaap. Hy moet selfs sy eie bed opmaak. Die ergste van alles is dat hy - wat gewoond is aan sy eie buitekamer - nou 'n kamer met die skool se grootste boekwurm moet deel. Toe die Viermanskap uitgedaag word tot 'n fietsresies maar Jasper 'n verpligte debatvergadering moet bywoon, is dit een te veel vir hom. Hy begin planne beraam om skelm uit die koshuis te glip ...
Publikasiedatum: 2017-02-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485303879

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die agste titel in die Jasper-reeks. Jasper en Mossie kry die opwindende geleentheid om saam met 'n jaggeselskap Bosveld toe te gaan. Hulle slaap in tente, maak koffie oor 'n vuur en hou snags wag sodat wilde diere nie die kampterrein binnekom nie. Jasper wil egter graag saam met die grootmanne jag, maar blykbaar is hy nog te jonk. Hy stem dus gretig in toe die inboorlinge sy hulp vra om die wreedaardige leeu, wat chaos in hul stat veroorsaak, te vang. Maar is die dorpsjapie opgewasse vir so 'n groot taak?
Publikasiedatum: 2016-11-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485303930

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke.
Hierdie is die tiende titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!
Saam met 'n groep kinders van Leliesvlei se hoërskool, en onder toesig van meneer Basson, gaan Jasper die Wildtuin besoek. Maar op pad daarheen - en nogal op 'n steil bergpas en in gietende reën van 'n Laeveldse donderstorm - raak die bus waarmee hulle reis onklaar. En lank nadat die donderstorm bedaar het, staan die logge ou rooi gevaarte nog al die tyd langs die pad, te steeks om 'n wiel te verroer. Intussen begin dit reeds donker word en meneer Basson word onrustig. Nou nie heeltemal met meneer Basson se toestemming nie, besluit Jasper en sy drie maats dat hulle die wêreld moet gaan verken en kyk of hulle nie hulp kan kry nie. En ja werklik, voordat hulle baie ver gevorder het, hoor hulle die gedreun van 'n vragmotor, wat hulle na 'n afgesonderde plaashuis lei. Omhul deur die waas van geheimsinnigheid, lê die huis tussen die bosse, sonder 'n lig of enige ander teken van lewe, behalwe die vragmotor wat daar staan. Jasper se kort hare gaan staan nog regopper as gewoonlik, maar hy besluit om deur te druk met sy ondersoek. Hy is immers die leier van die Viermanskap. Maar hy moes liewer net daar omgedraai en teruggestap het skoolbus toe. Dit sou beter gewees het vir almal ...
Kom deel in die avonture van Jasper!
Publikasiedatum: 2017-04-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485303664

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer in 1959 uitgegee en sedertdien was daar verskeie herdrukke van dié gewilde reeks.

Hierdie is die eerste titel in die Jasper-reeks. Dit beloof om ure se leesgenot te verskaf, en is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

"Jy kan gaan doppies blaas - ek skryf g'n opstelle nie." Dit is Jasper se antwoord toe Floors wil hê dat hy wat Jasper is, 'n opstel moet skryf oor dieremishandeling. Al is hy in standerd ses en al het hy gehoor van ontgroening op hoërskool, is hy glad nie van plan om vir hierdie seun met sy kwêvoëlkuif opstelle te skryf nie.

Jasper is die kêreltjie wat omgekrap raak as iemand na sy borselkop verwys as 'poenskop', en wat saam met die ander drie lede van die Viermanskap - Mossie, Giep en Ferdinand - baie avonture beleef. Saam soek hulle na 'n klein seuntjie wat wegraak en saam voer hulle kleilatoorlog teen Floors se manne. Hulle vang saam 'n skaapdief en word beloon. Op dieselfde dag proe hulle hoe dit smaak om te rook, en word goed gelooi.

Kom beleef die avonture van Jasper!

DIE OUTEUR

Christiaan Frederik Beyers-Boshoff (1926-1989) was 'n baie produktiewe skrywer wat veral vir sy Jasper-boeke onthou sal word. Hy het ook tientalle tydskrifverhale, kortverhale en ontspanningsromans geskryf. Hy het veral bekendheid verwerf vir radioverhale soos Ongewenste vreemdeling, Dans van die flamink en My liedjie van verlange. Twee van sy draaiboeke, Catch me a dream en Karate Olympia, is in Amerika verfilm en versprei. Hy het ook televisiedraaiboeke vir die Amerikaanse mark geskryf.
Publikasiedatum: 2015-10-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485303725

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van dié gewilde reeks.

Hierdie is die derde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

Jasper gaan kuier op die plaas en wat 'n avontuur is dit nie! Van jagluiperds jag tot hoenders vang - Jasper geniet hom gate uit!

Kom deel in die avonture van Jasper!
Publikasiedatum: 2016-03-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485303961

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke.

Hierdie is die elfde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

Jasper se pa wil weet wat hy eendag wil word. Die probleem is dat daar so baie opsies is. Soms wil hy 'n renmotorjaer word wat in 'n rooi Ferrari oor die aarde skeer, dan stel hy weer belang in rillerverhale skryf en net die volgende dag wil hy regte gaan studeer. Toe die sirkus egter 'n draai in Leliesvlei maak, besef Jasper dat hy eintlik 'n akrobaat wil word. Maar sal sy ouers sy besluit ondersteun?

Kom deel in die avonture van Jasper.
Publikasiedatum: 2017-04-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485303817

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke.

Hierdie is die sewende titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!
In alles was Jasper nog altyd die onbestrede leier, maar nou lyk dit asof sy maats hom eenkant toe stoot, en dit net omdat hy nie soos 'n meisiekind op 'n verhoog wil gaan ronddans nie. Asof daar nie veel belangriker dinge is wat 'n seun kan doen nie! En boonop lyk dit ook nog asof hulle dink hy kan nie toneel speel nie! Jasper is egter nie iemand wat homself bejammer as dinge 'n bietjie donker lyk nie. Hy het lankal geleer dat dit die heel beste is om uit te spring en iets te doen om die saak reg te stel - en soos altyd spring die klein borselkop met soveel entoesiasme aan die werk, dat hy homself, en die leser, 'n bietjie uitasem laat.
Kom deel in die avonture van Jasper.
Publikasiedatum: 2016-11-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309628

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Die derde boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks.
Die wêreld se beroemdste skrywers kom spog met hulle bedorwe brakke by die Grommengrys-herehuis se literêre hondeskou.
Maar daar is allerhande vreemde dinge in en om die herehuis wat Ada pla - geheimsinnige dierespore, tjankgeluide snags en skoene waaraan gekou is. Kan sy uitvind wat aangaan voor dit weer volmaan is?
Publikasiedatum: 2019-02-28
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309611

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Chris Riddell
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Die opvolg van die bekroonde Juffrou Goth en die spookmuis. Daar word naarstiglik voorbereidings getref vir die volmaanfees en die groot Grommengrou-bakkompetisie.
Beroemde kokke daag vir die groot geleentheid op, en soos gewoonlik tree Maltravers verdag op. Om alles te kroon verras Ada se ontwykende kamermeisie, Martelina, haar met 'n groot geheim en dit lyk asof almal Ada se verjaarsdag vergeet het!
Publikasiedatum: 2018-10-04
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309635

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Die vierde en finale boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks.
Lord Goth hou 'n musiekfees by die Grommengrys-herehuis, en die land se beste musikante gaan daar kom optree. Ada sien baie uit, maar eers kry sy te doen met haar ouma wat probeer om vir haar pa 'n deftige dame as vrou te kry, 'n sater wat in haar klerekas bly en Maltravers wat weer sy ou streke uithaal. Ada moet seker maak dat alles volgens plan verloop, en gelukkig bied 'n baie interessante huisgas aan om te help …
Publikasiedatum: 2019-04-16
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309468

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Wenner van die Costa Kinderboek van die Jaar 2013. Ada Goth is die enigste kind van Lord Goth. Hulle woon saam in die reusagtige Ghastly-Gorm Hall. Lord Goth glo dat kinders gehoor maar nie gesien mag word nie, en laat Ada groot lomp stewels dra sodat hy haar altyd kan hoor wanneer sy naderkom. Dit maak dir vir haar moeilik om vriende te maak en sy is eintlik baie eensaam. Een dag kom Emily en William Cabbage by hulle bly, en saam met 'n spookagtige muis met die naam Ishmael begin hulle om agter die kap van die byl te kom van dit wat die geheimsinnige opsigter Maltravers probeer konkel. Ada en haar vriende moet saamwerk om 'n stokkie voor sy nare planne te steek voordat dit te laat is!
Publikasiedatum: 2018-07-16
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624090779

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 225
Josh woon by sy tannie nadat sy ma verdwyn het. 'n Vreemdeling daag op en probeer hom ontvoer. Hy vind uit dat 'n groep mense sy bloed soek.
In die magiese vallei Kalimbula, sal hy antwoorde vind.
Hy pas die legkaart van sy ma se verdwyning stadig bymekaar, maar toe die goue kalbas oopgemaak word, kry Josh die verrassing van sy lewe . . .
Publikasiedatum: 2020-07-20
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.