●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 10 - 12

Results 211 to 225 of 349
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624090786

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 225
Josh is ingehuldig as die nuwe koning van Kalimbula. Hy sukkel sonder sy ma en met die idee van koning wees, maar met die ondersteuning van Njeri en Ngandu begin hy moed kry. Silvia, sy ma, is egter nie dood nie. Sy word deur haar eie suster op die plaas aangehou. Sy slaag daarin om te ontsnap en probeer Kalimbula bereik.
Intussen maak 'n misterieuse kryger haar verskyning in Kalimbula. Sy dra 'n donker verlede met haar saam en saai verwoesting so ver soos sy gaan. Josh se koningskap word tot die uiterste beproef. Hy vra die hulp van die geheimsinnige sifashama met hul rooi mantels en diep stemme, maar nie een plan werk nie. Op Ngandu se aandrang, besluit Josh om sy aartsvyand - Masjeba, die bose heks - in die tronk te besoek.
Masjeba gee hom antwoorde oor die kryger en hoe om haar te verslaan, maar teen 'n prys. Intussen versterk die professor sy magte. Maar waar is Silvia? Sal sy Kalimbula bereik voor dit te laat is en alles om Josh in duie stort?
Publikasiedatum: 2020-09-04
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624092476

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 225
Na die ontstellende gebeure by die viering van sy ma se terugkeer, vlug Josh van Liba af weg. Op soek na slaapplek dwaal hy en Charlie die misterieuse Geelwoud binne. Hier vind Josh tydelik geluk wanneer die kinders van die Nuwe Jerusalem hulle in hulle boomdorpie laat bly.
En Jandja, die tienerleier van die groep, is 'n seun soos hy. Maar Josh weet Kalimbula brand. Hy moet iets doen.
Dan is daar nog vrae: Het Njeri hom regtig verraai? En wat lê agter tannie Verona se obsessie met die Wafu-water?
Publikasiedatum: 2021-05-24
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351336

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
Drikus voel soos God se afskeepkind. Hy kan nie rugby speel nie. Hy het nie veel maats nie. Hy verloor die skaaktoernooi. En dan is hy in 'n fietsongeluk en daar is nie geld om dit reg te maak nie. Wat nou? Hy besluit om worsbroodjies te begin verkoop om geld te maak, en toe ontmoet hy vir Donovan, 'n straatkind met 'n unieke uitkyk op die lewe. So begin 'n ongewone vriendskap wat al twee seuns se lewens onherroeplik verander. 'n Deernisvolle verhaal met Christelike waardes (sonder om prekerig te wees). Donovan se Kaapse dialoog verleen 'n ander dimensie aan die storie.
Publikasiedatum: 2022-03-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776251926

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Bruin meisies is uitsonderlik.
Ons maak orals 'n verskil.
Droomskeppers en baanbrekers.
Ons kan enigiets wees wat ons wil.
Bruin meisies is leiers.
Ons volg in die spore van kampioene en heldinne.
Hulle woorde en dade word deel van ons liedjies en sinne.
Jy is wonderlik is propvol positiewe boodskappe om bruin meisies te inspireer om hulle drome na te jaag en hulself na waarde te ag. Die boek moedig bruin meisies aan om hulle unieke voorkoms en talente te vier en om uitsonderlik te wees op alle terreine. Ook beskikbaar in Engels, isiZulu, isiXhosa en Setswana
Publikasiedatum: 2022-07-28
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798183000

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 190
George en Harold het die grootste superheld in die geskiedenis van hulle laerskool geskep - en nou gaan hulle lewe aan hom gee! Ontmoet kaptein Onderbroek! Sy ware identiteit is só 'n groot geheim dat selfs hý nie weet wie hy is nie!
Lees hierdie reeks deur dieselfde skrywer as Hondman. Skreeusnaaks en perfek vir eerste of trae lesers!
Publikasiedatum: 2022-07-25
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798183659

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 190
George en Harold is gewoonlik verantwoordelike kinders - wanneer daar amok is, is George en Harold gewoonlik daarvoor verantwoordelik! Hierdie keer boemerang hulle jongste poets en hulle skep per ongeluk 'n hele weermag tandetoilette. Gelukkig ken hulle 'n superheld wie se onderbroekrek 'n gevaarlike wapen is. Dit lyk na nóg 'n opdrag vir Kaptein Onderbroek! Lees hierdie reeks deur dieselfde skrywer as Hondman. Skreeusnaaks en perfek vir eerste of trae lesers!
Publikasiedatum: 2023-05-17
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798184267

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Kobus Geldenhuys
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 195
R 176Jy spaar R 19
George en Harold het al vir amper almal in Leergierig Laer 'n poets of twee gebak. Wanneer hulle nuutste poets veroorsaak dat die skool se kostannies bedank, stel mnr. Mor drie ongewone tannies aan - wat boonop baie soos aliens lyk! Sal Kaptein Onderbroek, die held met die rooi mantel, die skool en kinders kan red? Of sal die drie kostannies uit die ruimte hom vir middagete verslind?
Publikasiedatum: 2024-03-25
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432304195

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Shaun Samuel
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
In die vernuwende strokiesboek Kaptein Pipskwiek moet die bleeksiel Danie skielik 'n geweldige taak aanpak: om die aarde teen 'n gevaarlike aanvaller te beskerm. Nou dra hy 'n kostuum en kan hy selfs vlieg - hy is 'n gemaskerde superheld! Alles is egter nie net pret en avontuur nie, want dit gaan sleg by die huis. Danie se stiefpa en -broer gee hom probleme en verder wil dit lyk of sy ma sieker raak elke keer as hy in Kaptein Pipskwiek verander. Hoe kan hy dan die dorp red? Hy sal vinnig die regte besluite moet neem...
Publikasiedatum: 2020-10-12
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799379044

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Kyle is moeg daarvoor dat die skoolboelie op hom pik. Toe Kyle 'n nuwe selfoon kry, laai hy app af wat belowe om jou onsigbaar te maak! Dan verander Kyle in 'n superheld: Kaptein Verdwyn! En dis tyd om die boelie 'n les te leer...
'n Aksiebelaaide storie met 'n positiewe boodskap wat kinders kan bemagtig om hul man te staan teen boelies. Agterin die boek verskyn nuttige raad oor hoe om boelies te identifiseer en wat om te doen as iemand jou boelie.
Publikasiedatum: 2016-07-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637001533

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Warren Raysdorf
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Warren en sy maats Kyla, Sharon en Divan is op pad na 'n karatekamp saam met Sensei Fourie. Die maats sien baie uit daarna, maar sommer vinnig word hulle vaardighede getoets en ... maak hulle kennis met 'n draak!
Hierdie aksie-belaaide boek sal lesers van die eerste bladsy af boei!
Publikasiedatum: 2023-03-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195298

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Karel Kameleon word saam met twaalf ander spioene opgeroep deur Groot Gekko Dikke Nekko. Die baasspioen en oprigter van die Geheime Diereverbond ontbied hulle na sy geheime tempel in die oerwoud. Die lys met al die name van die spioene van die Geheime Diereverbond is gesteel. Wie het die lys gesteel? En hoe het hy by die altaarkamer uitgekom?
Publikasiedatum: 2013-11-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195281

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
In hierdie avontuur kry Karel Kameleon en sy vriende Sollie en Henko die opdrag om professor Borrie te vind. Die spore lei na Kwaakstad, 'n stad vol paddas en kikkers. Maar hoekom gedra hierdie diere hulle so vreemd? En waarom is die professor daarheen ontvoer? Wie was dit? En wat het die professor se towerdrankie daarmee uit te waai?
Publikasiedatum: 2013-11-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799392425

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 230
Is jy braaf genoeg om die kas oop te maak?
Denver se kas is 'n geheime ingang na 'n kasteel vol monsters - en hope avontuur! Maak die kasdeure wawyd oop met hierdie 6-in-1 omnibus van al die gewilde Kas vol monsters-boeke!
Die Groen Hand
Daar is iets vreemds aan die nuwe huis ... In die middel van die nag hoor Denver iemand aan sy kasdeur klop. Toe hy ondersoek instel, ontdek hy iets wat sy hare laat regop staan! Maar gaan enige iemand hom glo as hy vertel wat hy gesien het?
Vampierfoto's
Die kas in Denver se kamer is die geheime ingang na 'n kasteel vol monsters. Denver en Meyer kan nie wag om weer die monsters te sien nie. Hierdie keer het een van die monsters hulp nodig. Maar om foto's van 'n vampier te neem ... kan 'n pyn in die nek wees!
Hollywood-mummie
Dit is glad nie so maklik om 'n Hollywood-ster te word nie - veral nie as jy 'n mummie is nie. Sal Denver en Meyer vir Toets kan help om 'n rol in 'n fliek los te slaan?
Weerwolfprobleme
Denver en Meyer het al hope pret saam met die monsters gehad. Maar daar is iets fout in die monsterkasteel. Flaffie die weerwolf is in 'n BAIE slegte bui. En as 'n weerwolf vies is, moet jy liewer nie met hom sukkel nie ...
Die perfekte monster
Een van die monsters in die kas het Denver en Meyer se hulp nodig. Frank is eensaam. Daarom besluit hy dis tyd om 'n meisie te kry. Maar om die perfekte meisie vir 'n groot groen monster te kry, is glad nie so maklik nie!
Kinderspeletjies
Al die monsters is op pad na 'n musiekkonsert. Denver en Meyer bied aan om 'n aand lank baba-oppassers vir 'n oulike monsterbaba te wees. Hulle moet met hom speel, hom kosgee en hom in die bed sit. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees ...?
Publikasiedatum: 2019-02-19
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182317

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Martinus van Tee
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
'n Katastrofe het Katjiesfontein getref! Die geld wat mevrou Mynie Koen vir die talentkompetisie geskenk het, is van juffrou Katoliek se lessenaar af gesteel. Leo is seker dit was daardie boelie, Spiertier. Tiere soek mos altyd skoor! Of dalk het dit iets te doen met Gato, die vreemde nuwe leerling in Laerskool Katedraal wat van Katalonië af kom. Maar skielik dink almal Leo was die dief! Hoe gaan hy sy onskuld bewys en vir Spiertier uitvang? En wie gaan die talentkompetisie wen?
Publikasiedatum: 2022-04-20
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307860

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 70
Wrede kewermodebaas Lucretia Cutter het 'n plan om die wêreld voor haar kewerkloue te laat buig. Hierdie keer behels dit 'n besoek aan die jaarlikse Filmtoekennings in Los Angeles, 'n stel pragtige maar gevaarlike kewerrokke vir bekende aktrises en 'n weermag van bose lieweheersbesies. Darkus, Virginia en Bertold is vasbeslote om 'n stokkie voor haar planne te steek, maar Darkus se pa het hom verbied om verder ondersoek in te stel, die gruwelike skelms, Humphrey en Pickering is weer uit die tronk en die kewers van Kewerberg se lewens word ernstig bedreig.

Hierdie is die tweede boek van die kewertrilogie van die jong skrywer M.G. Leonard.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.