●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 10 - 12

Results 226 to 240 of 349
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180696

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
Mario is die skool se rekenaarspeletjie-kampioen. Maar wanneer hy deur 'n eienaardige nuwe speletjie weggevoer word na die kuberruim, moet hy veg vir sy lewe. 'n Geheimsinnige wese genaamd Gigabyte verduidelik dat hy na die sewe wonders van die antieke wêreld moet reis om ses goue muntstukke te vind, voordat hy kan terugkeer huis toe. Lewensgevaarlike uitdagings wag op hom . . .
'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
Publikasiedatum: 2020-07-07
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181815

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
Gretha maak 'n groot fout wanneer sy haar stiefsussie se sprokiesboek uit wraak vernietig. Want nou bevind sy en haar beste vriend, Hannes, hulle in die koninkryk van Fantastorië, waar ongekende gevare wag. Saam met die iesegrimmige kabouter Kabous moet hulle die sprokieswêreld deursoek vir vyf unieke legkaartstukke, sodat die Towerspieël hulle dalk sal toelaat om terug te keer huis toe . . .
'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
Publikasiedatum: 2021-04-22
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182096

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
Dieter is 'n ware fliekvlooi. Maar gaan al sy filmkennishom help as 'n hologramreus hom en sy tweelingbroer, Darius, na 'n virtuele fliekwêreld ontvoer? Hulle moet van ruimtewesens, booswigte en monsters vlug, saam met 'n superheld veg en nog meer - alles om vier fliekkaartjieste vind en te ontsnap. Maar wat het die ou wetenskaplike in die spookhuis op die bult daarmee te doen?
'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
Publikasiedatum: 2021-06-17
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624028963

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 200
Die grotingang naby Nicolaas se boomhuis is stewig met planke toegespyker a.g.v. die lewensgevaarlike ondergrondse tonnels daarin. Eendag loer hy deur 'n knusgat na binne en sien 'n oog wat reguit na hom staar. Nicolaas se avontuurlike wedevarings wat hierop volg, word eenvoudig en met redelik volgehoue spanning vertel.
Publikasiedatum: 1995-11-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485312505

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Zenno is 'n gewone seun in Benoni, Suid-Afrika. Maar een middag ná skool beland hy in sy professor-oom se kantoor in 'n tydgleuf wat hom voer na Pompeji in antieke Rome, waar die Alveoli-draak dreig om by die vulkaan Vesuvius uit te breek en die hele stad te verwoes. Hier leer Zenno dat hy 'n afstammeling is van Vulcanus, die Romeinse god van vuur, en dat hy saam met die kinders van ander Romeinse gode, Minerva die godin van wysheid, Mars die god van oorlog en Venus die godin van liefde, moet saamwerk om Pompeji van algehele verwoesting te red.

Hierdie is die eerste boek in die Kinders van die gode-reeks.
Publikasiedatum: 2021-06-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485313441

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Cassandra se ma Janet, 'n kampioenbranderplankryer van Jeffreysbaai, verdwyn een aand geheimsinnig in die see. Sy laat vir Cassandra 'n pêrelhangertjie agter, maar Cassandra kom gou agter dat dit geen gewone pêrel is nie: Dis 'n bloedpêrel gesmee uit godebloed, want beide Cassandra en Janet is afstammelinge van die seegod Poseidon. In hierdie tweede boek in die Kinders van die gode-reeks reis Cassandra terug in tyd na die stad Atlantis. Hier moet sy die profesie van die bloedpêrel vervul deur te keer dat Poseidon se dogter, Cymo, dié stad en al sy inwoners vernietig.
Publikasiedatum: 2022-11-05
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182867

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Stephen Wallace
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 145
Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: 'n hond! En hy wil 'n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunsteling-sanggroep, Wagter en die waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik heeltemal skeef loop, of as die hond wat hy kry in iets eienaardigs verander? 'n Storie propvol kinkels en keuses!
Publikasiedatum: 2022-08-04
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798183611

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Stephen Wallace
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 145
Jason wil baie graag eendag 'n fyngebaksjef word. Hy en sy twee beste maats, Tando en Claudia, neem saam bakklasse en besluit om in te skryf vir Bohaai ! 'n bakkompetisie wat op TV uitgesaai word. Maar gaan Minette, Jason se grootste kompetisie, ook deelneem? Wie moet hy kies om in sy span te wees? Hoe gaan hy keer dat Minette wen? Veral as hy met goed soos deegmonsters, stink koekies en resepte in vreemde tale te doen kry? Hierdie heerlike en humoristiese storie is propvol keuses wat die leser namens die hoofkarakter moet maak. Maar daar is ook allerhande onverwagse kinkels om die avontuur ekstra prettig te maak!
Publikasiedatum: 2023-05-12
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177993

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
Dis 'n opwindende dag vir Klapper die drakie en sy maats: Hulle gaan almal op 'n skattejag om na 'n berugte seerowerkaptein se gelukbringer te soek. Barry Bakboord is die bangste in die groep. Maar wanneer sy maats in groot gevaar beland, wys hy vir almal hoe dapper hy is!
Publikasiedatum: 2018-04-16
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485313540

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 295
1940. BRITTANJE VOER OORLOG TEEN NAZI-DUITSLAND.

Die elfjarige Eric bring die meeste van sy dae deur in die plek wat hom die gelukkigste maak: die Londense dieretuin. En daar is een dier vir wie hy ontsaglik lief is: Gertrude die gorilla.

Terwyl daar oral in Londen bomme val, moet Eric vir Gertrude red.

Saam met sy oom Sid, 'n opsigter by die dieretuin, vlug die drie. Maar terwyl hulle in 'n seedorpie wegkruip, vlek hulle 'n hoogs geheime Nazi komplot oop …

Kodenaam Piesangs is 'n gilsnaakse en aksiebelaaide avontuur vir die hele gesin.
Publikasiedatum: 2023-04-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639600796

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Elanie Bieldt
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 110
'n Skooluitstappie soos min
Lea se ma is 'n veearts en haar pa is 'n diereregteaktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea en haar klasmaats is op pad na 'n primaatskuiling toe om vir 'n paar dae as vrywilligers te werk. Sy kan nie wag nie, maar 'n paar van die seuns het heeltamal die verkeerde idee en dink sowaar die apies is troeteldiere! Boonop dwing Suna en Mpho vir Lea, Hazel en Nikita om al hulle werk ook te doen en hulle moet 'n kamer deel. Glad nie pret nie. Dan begin alles skeefloop: iemand het 'n paar van die apies gesteel! En net toe Lea uitpluis wat met hulle gebeur het begin die bos brand ...

Die storie het ʼn sterk ekologiese en omgewingsfokus en is geïnspireer deur en opgedra aan almal wat teen die veroestende brande in Australië geveg het in 2019.

Ander titels in die reeks:
Lea lief seeskilpaaie
Lea lief honde
Lea lief uile
Publikasiedatum: 2020-07-30
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397970

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Elanie Bieldt
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 110
Hoera vir heldhaftige honde
Lea se ma is 'n veearts en haar pa is 'n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed!
Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Daar is net een probleem: Hik, die hondjie wat Lea gered het, wil net nie die toertjies leer nie! En Lea se ma het gesê as Hik nie maniere leer nie, dan moet hulle hom opgee om aangeneem te word ...
Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar 'n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins.
Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te laat is.

Ander titels in die reeks:
Lea lief seeskilpaaie
Lea lief apies
Lea lief uile
Publikasiedatum: 2020-02-11
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799395716

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Elanie Bieldt
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 110
Lea lief alle diere!
Lea se ma is 'n veearts en haar tannie werk by die akwarium se seeskilpadredding- en rehabilitasie-sentrum - om diere te red, is in haar bloed! Toe sy die kans kry om saam met haar familie see toe te gaan om haar tannie te gaan help met die seeskilpaaie kan sy nie wag nie. Haar sussie, Lola, het egter net ooghare vir Amelia Ametis: die gewilde popsangeres wat 'n groot konsert hou!
Maar Lea beleef allerhande onverwagse avonture by die akwarium; van 'n siek pikkewyn, 'n skielike swem in die haaitenk en Amelia Ametis wat opdaag - met skilpaddopjuwele! Lea moet net iets doen om die seeskilpaaie te probeer red. Toe kry sy 'n blink plan ...

Hierdie is die eerste boek van 'n nuwe reeks vir meisies. Die storie fokus op diere wat 'n baie gewilde onderwerp is vir kinders, en het 'n sterk ekologiese en omgewingsfokus. Op die oomblik is dit baie aktuele sake.

Ander titels in die reeks:
Lea lief honde
Lea lief apies
Lea lief uile
Publikasiedatum: 2019-07-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639604183

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Elanie Bieldt
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 110
Hoe-hoe-hoekom gaan al die uile dood?
Lea se ma is 'n veearts en haar pa is 'n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Daar is 'n probleem in Lea-hulle se dorp: die uile is besig om dood te gaan! Terwyl al Lea se maats net dink aan die opwindende nuwe restaurant wat oopgemaak het, probeer Lea en haar ouers uitvind wat die uile doodmaak. Vinnig kom hulle agter: die dorp het ook 'n muisplaag en almal probeer van die muise ontslae raak! Is hierdie dinge dalk alles verbind, en wat kan Lea doen om al die diere te red?
Die storie het 'n sterk ekologiese en omgewingsfokus. Op die oomblik is dit baie aktuele sake wat 'n opvoedkundige rol speel.

Ander titels in die reeks:
Lea lief seeskilpaaie
Lea lief honde
Lea lief apies
Publikasiedatum: 2021-02-17
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798166706

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Daniela Kohl
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 195
Lotta Liebenberg is tien jaar oud. Haar beste vriendin se naam is Chantelle, sy hou van pannekoek en sy is MAL oor diere. Maar eintlik is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en haar tweeling-raasbekboeties. So sy verstaan nie hoekom daar die laaste tyd sulke snaakse goed met haar gebeur nie. By die skool verskyn daar vanself lelike goed op die bord en haar gunstelingkos smaak skielik na spruitkool. Jig! En dan is daar nog die vreemde Indiese blokfluit wat haar ma vir haar present gegee het. Maar sy het nie nou tyd vir sulke nonsens nie. Sy wil 'n troeteldier hê. Chantelle het tweehonderd konyne in haar kamer, maar sy wil nie eens enetjie afstaan nie! Lotta het egter klaar 'n plan hoe om haar EIE troeteldier te kry . . . Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings. Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind.
Publikasiedatum: 2014-07-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.