●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 10 - 12

Results 256 to 270 of 349
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388589

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Stephen Wallace
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Hy's rof en onbeskof ... en hy is Zander se persoonlike lyfwag!
Zander het nog nooit tevore iets gewen nie. Daarom is hy heeltemal uit die veld geslaan toe hy die GROOT PRYS in 'n kompetisie wen: 'n regte egte ... ROFSTOEIER!
Die stoeier se naam is Max die Masjien. Hy is rof en onbeskof. Hy het nie hare nie. Hy het nie 'n nek nie. Maar hy het spiere. Sy spiere het spiere. Sy spiere se spiere het spiere. Bo-op al daardie spiere het hy 'n tatoe. En hy gaan vir 'n hele WEEK lank Zander se persoonlike lyfwag wees!
Zander se tweelingboeties dink dit is die heel beste ding wat nog OOIT met hulle gebeur het. Maar Zander is nie heeltemal seker wat op aarde hy met Max moet doen nie. Niemand anders het nog ooit 'n rofstoeier as lyfwag saamgebring skool toe nie.
Miskien kan Max hom help om vir Wynand Wiese op sy plek te sit. Dalk kan hy hom in sy spesiale Soebat-en-smeek-greep beetkry en hom druk tot sy oë wil uitpop. Wynand het blonde hare en blou oë, en hy lyk so onskuldig soos 'n seuntjie in 'n waspoeier-advertensie. Maar hy is 'n regte boelie. Die soort wat nie eens vir 'n rofstoeier skrik nie.
Ongelukkig loop dinge by die skool lelik skeef.
En Max het boonop 'n geheim van sy eie ...
Kom klim in die kryt saam met Max die rofstoeier vir 'n WILDE, WOESTE skaterlag-avontuur uit die pen van Jaco Jacobs!
Publikasiedatum: 2018-05-15
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485305576

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 220
Meneer Stink het gestink. Hy was die ene stank. Sy stank was so erg dat dit jou asem weggeslaan het. Hy was die stinkste superstankstinker wat nog ooit gelewe het.
'n Superstank is die ergste soort reuk. 'n Superstank is erger as 'n stank. En 'n stank is erger as 'n stankie. En 'n stankie is erger as 'n klankie. Maar 'n klankie is al genoeg om 'n mens jou neus te laat optrek.
Dit was nie meneer Stink se skuld dat hy gestink het nie. Hy was ná alles 'n boemelaar. Hy het nie 'n huis gehad nie en kon hom nêrens ordentlik was soos ek en jy elke dag doen nie.

Chloe is seker die eensaamste meisie in die wêreld. Maar toe ontmoet sy vir meneer Stink, die plaaslike boemelaar. Ja, hy ruik effens sleg - maar hy's die enigste mens wat haar nog ooit ordentlik behandel het. En wanneer meneer Stink blyplek nodig het, besluit Chloe om hom in hulle tuinhuisie weg te steek!

Maar Chloe gaan leer dat party geheime 'n manier het om op 'n ramp af te stuur. En gepraat van geheime, daar steek dalk meer in meneer Stink as wat jy met die eerste neusoptrek sal agterkom ...
Publikasiedatum: 2016-07-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799367195

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Rikus se ouma is anders as ander oumas. Sy het haar eie rockgroep, haar hare is groen gekleur en sy slaan 'n rol in 'n splinternuwe fliek los. Maar 'n filmstel kan soms 'n gevaarlike plek wees ... Sal Rikus uit die kloue van 'n gevaarlike skurk kan ontsnap - en Ouma se loopbaan as rolprentster red?
Publikasiedatum: 2015-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302162

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Tydens een van die koudste en natste somers in jare, besluit Polly en Digory om die soldervloer van hulle ou ry verdiepinghuise te gaan verken. Versigtig klouter hulle oor die dakbalke en al met die lang tonnel af wat hulle blyplekke aan die lee huis langsaan verbind. Digory is seker hulle gaan 'n bende gevaarlike misdadigers daar betrap en dan 'n beloning kry. As 'n huis al vir soveel jare leeg staan, moet daar tog een of ander geheim wees, nie waar nie? Dis daarom amper 'n teleurstelling toe hulle maar net op Digory se oom Andrew in 'n geheime werkkamer afkom. Maar dan laat 'n wilde eksperiment vir Polly soos mis voor die son verdwyn - en ontaard die vervelige somer in 'n naelbytavontuur.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302155

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Toe die Tweede Wereldoorlog uitbreek, word Edmund, Peter, Susan en Lucy uit Londen weggegestuur om by 'n ou familievriend op die Engelse platteland te gaan woon. Met die dat ou professor Kirke skynbaar heeltemal in sy eie wereld leef, kan die kinders ongestoord na hulle eie vermaak soek in sy yslike ou huis in die middel van nerens. Eers is daar die opwinding van die huis verken: lang gange, eindelose spaarkamers, vertrek op vertrek vol boeke en dan een enorme kamer waarin daar niks behalwe 'n groot klerekas staan nie. Dit, dink Lucy, verdien nadere ondersoek. Terwyl sy nog haar pad deur die rye jasse binne-in die kas oopdruk, voel sy meteens iets sag en poeierig en yskoud op haar val en ontdek dat sy in die middel van 'n woud staan. Dis aand, en daar's sneeu onder haar voete en sneeuvlokkies dwarrel deur die lug. Lucy het sowaar in die vreemde towerwereld van Narnia beland. Die tweede avontuur in die opwindende Kronieke van Narnia - meesterlik vertaal deur Kobus Geldenhuys.
Publikasiedatum: 2016-02-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302179

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Toe Sjasta uitvind hy's nie regtig die arm visserman Arsjeesj se seun nie, is hy verras en selfs 'n bietjie verlig. Hy't in elk geval nog nooit soos 'n Kalormeen gevoel nie. Dit beteken hy kan enigiemand wees! In sy wildste drome sou hy hom egter nie die verrassings en avonture kon voorstel wat op hom wag wanneer hy deur die pratende perd Bree oortuig word om Kalormen te verlaat en na die magiese koninkryk van Narnia te vertrek nie. Hulle reis is propvol gevaar en intrige: eers deur die bose stad Tasjbaan, dan verby grieselrige grafkelders van oerkonings en dan deur 'n skynbaar nimmereindigende woestyn tot by die hoe berge van Argenland. En wanneer Narnia reeds op die horison wink, besef Sjasta die grootste uitdaging le nog voor hom: 'As jy dit opmors, gaan jy elke geveg in jou lewe opmors. Dis nou of nooit.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302186

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Die vier Pevensie-kinders sit nog ewe mismoedig op die stasie en wag vir die trein wat hulle moet terugneem skool toe, toe Lucy skielik 'n pluk voel. Dan voel Edmund dit ook, en 'n minuut later Susan en Peter ook. In 'n ommesientjie verdwyn die stasie en bevind die kinders hulle in 'n ruie woud langs die see, naby die bouval van wat vroeer hulle kasteel, Kair Paravel, was. Hulle is terug in die magiese land Narnia, waar hulle as konings en koninginne geheers het in Die leeu, die heks en die klerekas. Iets is egter nie pluis nie. Hulle eens majesteuese kasteel is 'n ruine en dis oral vreemd stil en leeg. Deur Troempels die dwerg leer hulle van die tragiese lot wat Narnia getref het: Burgeroorlog is besig om die land te verwoes en die dapper Prins Kaspian probeer moedig om sy regmatige koninkryk uit sy bose oom Miraz se kloue te red. Kaspian het egter hulp nodig en met Aslan se leiding aanvaar die kinders die uitdaging om Narnia weer 'n vrolike en vry land te maak.
Publikasiedatum: 2016-02-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302193

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
In Die vaart van die Dagbreker beland Edmund en Lucy Pevensie saam met hulle mislike nefie Eustace Scrubb aan boord van die Dagbreker - die skip waarmee Prins Kaspian onderweg is na die Eensame Eilande, op soek na die sewe lords van Narnia wat jare gelede spoorloos verdwyn het. Op dié gevaarlike reis trotseer hulle allerlei uitdagings- maar die droom om tot by Aslan se land aan die einde van die wêreld te seil, bly groter as enige vrees vir die onbekende.
Alhoewel die eerste vier boeke in die wêreldbekende Kronieke van Narnia met verloop van tyd drupsgewys en deur verskillende uitgewers in Afrikaans vertaal is, is Protea Boekhuis se publikasie van Die vaart van die Dagbreker 'n eerste: dis nie net die vyfde titel in die reeks se debuut in Afrikaans nie, maar ook die eerste van Kobus Geldenhuys se uitmuntende vertalings wat uiteindelik al sewe boeke in die reeks onder die Protea-vaandel sal verenig.
Publikasiedatum: 2015-06-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302216

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Net toe Jill Pole na die langste en goorste skoolkwartaal in haar lewe begin opsien, gebeur iets magies: Sy en Eustace Scrubb beland in Narnia! Aslan gee aan hulle vier tekens en 'n opdrag: om Prins Rilian, wat jare gelede spoorloos verdwyn het, op te spoor en terug te bring na Kair Paravel. Ongelukkig is die kinders so meegevoer deur hulle nuwe omgewing dat die eerste drie tekens heeltemal by hulle verbygaan. Sal hulle die vierde teken ook mis - of sal hulle daarin slaag om Prins Rilian met sy sterwende vader te herenig?
Die silwer stoel, briljant vertaal deur Kobus Geldenhuys, verskyn hiermee vir die heel eerste keer in Afrikaans.
Publikasiedatum: 2015-06-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302209

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
In Die laaste geveg - die sewende en laaste aflewering in Die kronieke van Narnia - keer Jill en Eustace terug na Narnia om dié magiese land te red van ondergang. Die slinkse aap Swendel het die donkie Warboel verlei om hom met 'n leeuvel te vermom en die diere en dwerge te laat glo hy is die ware Aslan. Chaos dreig en oorlog tussen die Narniane en die Kalormene is onafwendbaar. Sal die kinders Narnia van ondergang kan red?

Die laaste geveg is danksy Kobus Geldenhuys se uitmuntende vertaling nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar.
Publikasiedatum: 2015-06-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182843

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Iain Rennie
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 155
'n Alien land in 'n swembad, kinders verdwyn in 'n biblioteek, 'n monsterhond word 'n woefie-woef en 'n vampier-jagter-ouma bestorm 'n skool met 'n knoffel-bazooka . . . Maar dis nog lank nie al nie!
Hierdie versameling van tonekrul-lekker stories deur Jaco Jacobs is al meer as 'n dekade lank gewild. Die nuwe uitgawe met fassinerende illustrasies deur Iain Rennie sal lesers laat gril en ril van plesier. En die beste van alles? Een splinternuwe storie is bygevoeg!
Publikasiedatum: 2022-07-08
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178822

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 290
'n Asemrowende storie oor 'n vervloekte meisie wat die dood vryspring en haarself in 'n toweragtige nuwe wêreld bevind, maar dan meer beproef word as wat sy in haar wildste drome sou kon glo . . .
Morrigan Crow is vervloek. Bestem om op haar elfde verjaardag te sterf. Maar toe die klok middernag slaan, word sy deur 'n merkwaardige man genaamd Jupiter Noord weggevoer na die geheime stad Nimmermeer. Daar word sy genooi om by die Wondergenootskap aan te sluit. 'n Lewe vol misterie en towerkrag wag op haar - mits sy vier onmoontlike proewe kan baasraak, met behulp van 'n uitsonderlike talent. 'n Talent waaroor sy nie beskik nie . . .
Publikasiedatum: 2019-04-07
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624085447

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 190
Nina en Jessie woon die Eksotiese Eksperimente Ekspo by. Dit is die beste ooit! Hulle verkyk hulle aan al die slim uitvindings. Die pet het ook saamgekom, want Nina wil die briljante professor Crower vra om dit te ondersoek. Daar is dalk 'n wetenskaplike verklaring vir die pet se kragte. Maar dan raak die pet weg . . .
Publikasiedatum: 2018-03-07
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799362404

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 210
My naam is Martin Retief. Ek is dertien jaar, elf maande en twaalf dae oud. My ma noem my Martin, maar almal by die skool noem my Hoender. Ek hou daarvan om dinge te tel. Hoender Retief se hele lewe verander een middag toe sy pa op pad huis toe by 'n winkel stilhou om 'n snoek te koop. En terwyl sy gesin probeer om hul verlies te verwerk, versorg hy sy Leghorn-hoenders, verkoop eiers aan die mense op die plotte en doen saans wiskunde as hy sukkel om te slaap. Maar op 'n dag ontmoet Hoender vir Drikus. Drikus wat aan 'n siekte ly wat na iemand vernoem is. Drikus wat daarvan droom om sy eie zombiefliek te maak. Wat volg, is 'n avontuur vol skouhoenders, skelms, mooi meisies, wiskunde, kammabloed en zombies. 'n Hartroerende en dikwels humoristiese grootwordverhaal wat 'n ongewone blik bied op gesinne, vriendskap, die hantering van verlies ... en lang deelsomme.
Publikasiedatum: 2013-09-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192259

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Wanneer Sakkibiaan, 'n seuntjie van Dorslandtrekkers, wegdwaal terwyl sy familie deur die Kalahari na Angola trek, maak groot hartseer gou plek vir groot avontuur. Sy pad kruis met dié van twee donker woestynmense en jagmaats, Doemdoempie en Gagaboemboem. Terwyl Doemdoempie, met sy mooi hart, graag sy nuwe wit broertjie wil help, wil Gagaboemboem met sy swart hart graag biltong van Sakkibiaan maak!
Publikasiedatum: 2010-07-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.