●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 6 - 9

Results 241 to 255 of 285
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798159869

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
'Kwaaikofski word ontvoer! Sy ontvoerders lyk baie grillerig -- hulle het almal maskers op en hulle kaalgeskeerde koppe is blou! Maar dis nie die ergste nie: Een van die booswigte waag dit om vir Kwaaikofski dieselfde haarstyl te gee -- en nou lyk hy soos 'n blou paaseier.

Ons slim speurder gaan dit beslis nie daar los nie. So begin een van die mees misterieuse sake van sy hele speurloopbaan . . .

Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!'
Publikasiedatum: 2013-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798163149

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Hoe het dit eintlik gebeur dat Kwaaikofski 'n speurder geword het? Kwaaikofski dink terug aan sy eerste saak: Die slinkse slangset. Die legendariese saak wat gesorg het dat Kwaaikofski vir Olga ontmoet en ook Carpenters kougom ontdek het! Dit is ook die raaisel wat daartoe gelei het dat hy sy ware roeping vind: Om 'n wêreldklas speurder te word.

Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798163248

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Gewoonlik ondersoek Kwaaikofski nie sake wat iets met honde te doen het nie - dit is vir beginners. As die stad se ander speurders moet uitvind hy loop agter 'n vermiste hond aan, skaam hy hom morsdood! Maar hierdie keer is dit 'n uitsondering - Masker Mike se reusehond, Wotan, is net so geheimsinnig en buitengewoon soos sy eienaar. Maar wie beskuldig vir Wotan van allerlei wandade? Is dit net 'n manier om van hom ontslae te raak, of probeer iemand vir Masker Mike bykom? Speurder Kwaaikofski stel ondersoek in. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Publikasiedatum: 2013-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798166515

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Kinders is mal oor Speurder Kwaaikofski! Uiteindelik kan hulle nóg 'n heerlike speuravontuur geniet. Kwaaikofski het kompetisie: 'n ander speurder krap in sy slaai! Hierdie ou noem homself 'Koning' en is heeltemal te groot vir sy skoene. Kwaaikofski kan dit beslis nie daar los nie - hierdie dorp is te klein vir albei van hulle. 'n Speurkompetisie sal bewys wie nou eintlik die speurkoning is!
Publikasiedatum: 2014-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798166546

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Olga is ontroosbaar: haar luukse motor is beskadig! Kwaaikofski kom gou agter daar is meer as een motor met krapmerke op. Die leidrade neem hom na die karwassery in Hoofstraat. Maar die eienaar en sy skropborsels en skoonmaakmiddels is dalk baie gevaarliker as wat hy lyk .
Publikasiedatum: 2014-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798166577

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Bloot 'n roetine-ondersoek, dink Kwaaikofski wanneer Olga hom vra om 'n nuwe saak te ondersoek. Elke oggend verdwyn daar koerante voor haar kiosk. Dit lyk eers nie na 'n uitdaging om die dief vas te trek nie, maar voordat Kwaaikofski weet wat hom tref, beland hy in 'n baie gevaarlike situasie. Alleen en verdwaal in 'n doolhof van donker tonnels, kry die speurder uiteindelik snuf in die neus.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179171

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 170
1) Die kougomstrik
2) Die geheim van die vlieende koei
3) Die pienk skoolspook

Kwaaikofski is 'n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal 'n talent daarvoor. Gee hom 'n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski moet uitvind waarom sy gunsteling-kougom uit Olga se winkel verdwyn, die geheim van 'n vlieënde blou rubberkoei ontrafel en 'n vreemde pienk spook op die skoolgronde vastrek.
Publikasiedatum: 2019-03-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179997

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 179
1) Die aand van die blou kaalkoppe
2) Die slinkse slangslenter
3) Honde,hoede en hande

Kwaaikofski is 'n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal 'n talent daarvoor. Gee hom 'n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski word deur ouens met kaalgeskeerde blou koppe ontvoer, hy vertel hoe sy pad vir die eerste keer met die van die Slang gekruis het en hy moet 'n vermiste hond opspoor.
Publikasiedatum: 2019-08-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181877

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Ralf Butschkow
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 179
1) Speurder teen speurder
2) Vuilspel en nat voete
3) Monsters,maanlig en mottegif

Kwaaikofski is 'n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal 'n talent daarvoor. Gee hom 'n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers.
Publikasiedatum: 2020-03-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366358

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Frans Groenewald
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
HERDRUK. Is 'n witmuis nog 'n witmuis as hy groen is?

Miek is in groot moeilikheid omdat hy die natuurwetenskapklas se witmuis groen gekleur het, en boonop het hy nog nie aan 'n projek gedink vir entrepreneursdag nie. Al wat hom nou kan red, is as 'n luislang vir juffrou Makhetha en meneer Roux insluk.
Publikasiedatum: 2013-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799351187

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Suzie is mal oor hare. Nog voordat sy kon praat, kon sy al 'n poniestert maak.
Wanneer sy eendag groot is, wil sy 'n haarkapper word. Sy hou van haar pa se netjiese kuif. Sy hou daarvan om haar ma se lang hare te kam. Sy hou van haar boetie se borselkop. Sy hou van haar ouma se grys krulletjies...
Maar Suzie se oupa het glad nie hare nie. Sy kop is kaal soos 'n eier. Daarom besluit Suzie om 'n plan te maak...
Publikasiedatum: 2014-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194239

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
'Haai, Vos! Haai, Haas!'
Dit is Uil wat so roep.
Hy sit in sy boom
en wink deur die venster.
'Dis snaaks,' sê Haas.
'Baie snaaks,' sê Vos.
Want vandat Uil 'n eier het,
wil hy niemand sien nie.
Publikasiedatum: 2011-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394016

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Zinelda McDonald
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
'n Kompetisie vir meesterbakkers op Duinebaai!
Jana en Alisha sien mekaar net wanneer hulle gesinne vakansie hou op Duinebaai. En hierdie vakansie beloof om báie opwindend te wees. Alisha kry 'n pamflet wat 'n kolwyntjie-kompetisie aankondig. Dit maak almal opgewonde - selfs vir Jana se jonger boetie Tiaan - en Jana en Alisha oefen sommer reeds voor die kompetisie hoe om kolwyntjies te bak. By die kompetisie verloop dinge nie so seepglad nie. 'n Kat wat gejaag word deur 'n hond storm by die kompetisie in en voor enige iemand kan keer, is die deelnemers se kolwyntjies op die vloer. Gelukkig kan Jana en Alisha die kompetisie red ... Skielik lyk dit of vandag die beste dag óóit gaan word!

Hierdie is 'n reeks vir meisies, met 'n sterk fokus op humor, vriendskap, vakansiepret en avontuur. Titels in die reeks:
1. 'n Piekniek op die strand (9780799384529)
2. Vlieërs en filmsterre (9780799384536)
3. Die kolwyntjie-kompetisie (9780799394016)
4. Sand, see en dolfyne (9780799394030)
Publikasiedatum: 2019-05-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394030

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Zinelda McDonald
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
'n Dag saam met die dolfyne op Duinebaai! Jana en Alisha is beste vakansiemaats en groot opwinding heers in Duinebaai - 'n nuwe glyplank is by die swembad opgerig! Jana, Alisha, Tiaan en Rudie is gretig om by die nuwe glyplank af te gly. Ongelukkig vir die maats is die res van Duinebaai ook opgewonde oor die glyplank en is dit stampvol by die swembad. Jana, haar ma en Alisha besluit om eerder roomys te gaan eet en daarna in die see te swem. Asof in 'n droom, swem en speel dolfyne saam met hulle. Dit is beslis die beste dag óóit! Hierdie is 'n reeks vir meisies, met 'n sterk fokus op humor, vriendskap, vakansiepret en avontuur. Titels in die reeks: 1. 'n Piekniek op die strand (9780799384529) 2. Vlieërs en filmsterre (9780799384536) 3. Die kolwyntjie-kompetisie (9780799394016) 4. Sand, see en dolfyne (9780799394030)
Publikasiedatum: 2019-05-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799398106

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Zinelda McDonald
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
Skreeusnaakse grappe wat jy vir al jou maats moet vertel!
Vertel die skreeusnaakse grappe en pittige sêgoed in hierdie boek vir jou maats - dit sal ure se lagpret verseker! Kinders sal dol wees op hierdie grappieboek wat grappe oor allerlei onderwerpe het!
• Hoekom het Jan van Riebeeck sy radio in die yskas gesit?
Om cool musiek te luister.
• Hoekom het Jan van Riebeeck sy huiswerk op die dak gedoen?
Want hy wil afkyk.
• Die oom is so oud, sy beenhare krul al om.
• Dit is so koud, die sneeuvlokkies bewe.
• As ek R6.00 in my sak het en ek verloor R2.00, wat het ek in my sak?
ʼn Gat.

Nog ʼn plaaslike grappieboek wat deur Maritha Snyman geskryf is, is Grappe van A-Z. Die boek het ses herdrukke beleef en meer as 13 165 kopieë verkoop.
Jaco Jacobs se 101 grapboek-reeks is ook baie gewild onder lesers.
Publikasiedatum: 2020-02-05

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.