●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 6 - 9

Results 121 to 135 of 285
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175296

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Vian Oelofsen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 165
Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending raak Boeboe die bobbejaantjie vermis en almal is bekommerd, want Hoohoeff Hiënia is in die omtrek. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177276

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Vian Oelofsen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 165
Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending vind die opwindende stoeigeveg tussen die Gemaskerde Wonder en Kongo Kangaroe plaas, maar die diere moet ook vlug vir 'n gevaarlike veldbrand in Diereland. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.
Publikasiedatum: 2018-08-14
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177283

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Vian Oelofsen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 165
Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending word Haas Das deur Snawel Knawel ontvoer! Diereland is baie bekommerd oor die vermiste nuusleser. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.
Publikasiedatum: 2018-12-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197018

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Vertaler: Daniel Hugo
Illustreerder: Thé Tjong-Khing
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Piep en Tok gaan weg uit die bos.
Die hok op die heining staan leeg.
Maar nie vir lank nie.
Want Pluim kom kuier.
'Hallo, Vos! Hallo, Haas!
Hallo, Uil!' sê sy.
'Ek het genoeg gehad van die stad.
Ek wou 'n slag uitkom.
En ek gaan 'n rukkie bly.
Is die hok te koop?'

Die vierde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak én die verhaallyn by die vorige drie dele aan. Vos en Haas op die eiland is geskryf in kort sinne, met 'n effens meer gevorderde woordeskat wat rekening hou met die jong leser se begripsvermoë. Die wisselende lettergroottes ondersteun die intonasie en beklemtoning wanneer daar hardop gelees word.
Publikasiedatum: 2013-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781775785590

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
'n Unieke, nuwe reeks wat jy en jou kind saam kan lees. Op die linkerkantste bladsye is die volledige storie vir jou om voor te lees. Op die regterkanste bladsye is eenvoudige, kort sinne wat jou kind maklik kan baasraak.
Publikasiedatum: 2012-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624086895

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 210
Stories oor die ontstaan van mense, diere en dinge is gunstelingvoorleesstories van kinders en ouers. Hierdie versameling bevat 14 verhale, byeengebring deur uitgewer Michelle Cooper: Waar die sterre en Melkweg vandaan kom, hoe Hiëna sy hinkstappie gekry het, waarom die son in die lug hang, waarom Jakkals 'n swart streep op sy rug het, en meer.
Publikasiedatum: 2020-03-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383874

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Zinelda McDonald
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 170
Kom slaap 'n nag lank in die spookkamer.
Vind uit wat gebeur as jy 'n poets op 'n onnie soos juffrou Grimbeek bak.
Waag dit om 'n paar baie spesiale handskoene aan te trek.
Ontdek die nuwe rugbyheld se grillerige geheim.
Vind uit waarom jou kleinboetie nog elke aand met sy bedlampie aan slaap.
En kom swem in die Middernagmeer … as jy dapper genoeg is.
Hierdie boek vol grillerige stories en rympies sal jou heerlik hoendervleis laat kry! Daar is 'n weerwolf wat saam op die skoolkamp gaan, 'n paar spokerige handskoene wat goed is met klavier speel, 'n baie vreemde onderwyseres - en iets wat jou die hardste van almal in die fliek sal laat gil!
Jong grilvrate sal versot wees op hierdie versameling stories en rympies uit die pen van Jaco Jacobs.
Publikasiedatum: 2017-11-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431425266

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 120
Thoko is Niki Daly se lieflike nuwe heldin. Thoko huppel deur die lewe en laat 'n spoor van vrolikheid en 'n paar fronse agterna.
Thoko gaan beslis jou geliefkoosde nuwe vriendin word. Niki maak die leewervaring oor die lewe as jong kind amusant en realisties.
Niki is in 2009 vereer met die Molteno Goue Prys vir Lewensprestasie in Lettrkunde.
Publikasiedatum: 2019-03-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389371

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Elsbeth Eksteen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
Geniet hope pret saam met Lulu en haar nuwe ponie
Die groot dag het eindelik aangebreek ... Lulu verjaar! Nie eens die nare tweeling van langsaan, Alet en Alex, kan haar dag bederf nie. Veral nie toe Lulu haar verjaardagpresent kry nie - 'n ponie!
Kort voor lank begin sy met rylesse. Eers gaan dit sukkel-sukkel, maar Lulu is in haar noppies toe sy hoor die ryskool beplan 'n piekniek in die veld. Al die ruiters en hul ponies mag spesiale kostuums dra. Lulu kan nie wag om 'n oulike kostuum vir haar en haar ponie te ontwerp nie! Sy droom immers daarvan om eendag 'n beroemde modeontwerper te word.
Maar dan loop die uitstappie onverwags skeef - en Lulu beland pens en pootjies binne-in haar grootste avontuur nóg!

Oor die reeks
Lulu droom daarvan om eendag 'n modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar rooi tekenboek te skets nie. Hierdie opwindende reeks uit die pen van die bekroonde Fanie Viljoen is propvol aksie, avontuur … en opwindende modes! Die vorige boeke in die reeks was Oe la la, Lulu; Bravo, Lulu; Oepse daisy, Lulu en La di da, Lulu.
Publikasiedatum: 2019-01-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624092414

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Vertaler: Elsa Silke
Illustreerder: Theodore Key
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 175
Twee uiteenlopende nagdiere leer mekaar ken en besluit om saam 'n hotel oop te maak. Erdvark is impulsief en vol planne, heeltemal anders as Ietermagô, wat eers alles wil oorweeg en die rustigheid vanself is! Hierdie storie vol humor en avontuur ondersoek die elemente wat ware vriendskap laat ontstaan. Uiteindelik is dit die vreemde klein geskenkies wat die 'hotelgaste' agterlaat wat Erdvark en Ietermagô laat besef wat vriendskap werklik beteken.
Publikasiedatum: 2021-08-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624092384

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Vertaler: Elsa Silke
Illustreerder: Theodore Key
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Twee uiteenlopende nagdiere leer mekaar ken en besluit om saam 'n hotel oop te maak. Erdvark is impulsief en vol planne, heeltemal anders as Ietermagô, wat eers alles wil oorweeg en die rustigheid vanself is! Hierdie storie vol humor en avontuur ondersoek die elemente wat ware vriendskap laat ontstaan. Uiteindelik is dit die vreemde klein geskenkies wat die 'hotelgaste' agterlaat wat Erdvark en Ietermagô laat besef wat vriendskap werklik beteken.
Publikasiedatum: 2021-08-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389289

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Alex van Houwelingen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Lekkerleespret vir jong diereliefhebbers!
Ontmoet 'n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het; ontmoet 'n brilpikkewyn met die naam Gregory Peck wat mense geïnspireer het om nie die see te besoedel nie; en skud poot met Just Nuisance, 'n hond wat by die Britse vloot aangesluit het!
Hierdie boek bevat vyf asemrowende ware dierestories:
1. Seeman Just Nuisance
Het jy al gehoor van 'n hond wat lid van die vloot is? Of 'n pet dra en alleen trein ry? Dis wat Just Nuisance gedoen het.
2. Visvriende Big Red en Blackie
'n Wonderlike ware verhaal oor die wonderbaarlike vriendskap tussen twee
troetelvisse.
3. Jock van die Bosveld
Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die dapper Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het.
4. Die ysbeer en die kietsiekat
Die merkwaardige verhaal van 'n katjie wat op 'n dag in die ysbeerpoel by 'n
dieretuin beland het - en deur een van die gevaarlik bere gered is!
5. Gregory Peck die brilpikkewyn
Vind uit hoe 'n brilpikkewyn genaamd Gregory Peck mense geïnspireer het om vir die
natuur om te gee.
Die stories word op 'n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat
beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
Publikasiedatum: 2018-09-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928407188

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 49
Bevat oorspronklike Disney - illustrasies! Hierdie skitterende reeks is 'n spesiale versameling wat altyd kosbaar sal wees.
28 bladsye - Mini hardeband boek
Grootte: 120 x 180mm
Publikasiedatum: 2020-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928407218

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 49
Bevat oorspronklike Disney - illustrasies! Hierdie skitterende reeks is 'n spesiale versameling wat altyd kosbaar sal wees.
28 bladsye - Mini hardeband boek
Grootte: 120 x 180mm
Publikasiedatum: 2020-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928407225

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 49
Bevat oorspronklike Disney - illustrasies! Hierdie skitterende reeks is 'n spesiale versameling wat altyd kosbaar sal wees.
28 bladsye - Mini hardeband boek
Grootte: 120 x 180mm
Publikasiedatum: 2020-01-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.