●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920297985

Leermiddels: Graad 10

Leermiddels  -  Graad 10
R 199
Hierdie waardevolle studiegids, gebaseer op die KABV-kurrikulum, dek 6 onderwerpe, en sluit vir elke onderwerp die volgende in:

Omvattende Notas, Sleutelterme & Tydlyne
Vrae & Opstelle
Vrae & Opstelle se Antwoorde
plus: Eksamenvraestelle en Memo's

Hierdie boek is 'n deeglik bewese weergawe van die tydperke en kulture wat deur die Graad 10 Geskiedeniskurrikulum gedek word. Baie foto's en uittreksels word gebruik om aan gebeure konteks te gee en die vak meer toeganklik te maak.

Die sleutelterme en tydlyne bied maklike verwysing vir elke onderwerp.

'n Wye verskeidenheid brongebaseerde en opsteltipe vrae word verskaf en die volledige antwoorde en modelopstelle illustreer die vaardighede wat leerders moet kan bemeester, baie duidelik.

Hierdie boek is 'n waardevolle hulpmiddel om 'n goeie begrip van die Geskiedeniskurrikulum te vestig.

Onderwysers kan 'n gratis voorstellings-CD aanvra wat saam met hierdie boek in die klaskamer gebruik kan word. Hierdie CD wys ook vir leerders hoe breinkaarte gebruik kan word om sleutelinhoud op te som. Dieselfde materiaal kan ook van die webtuiste afgelaai word.
Publication date: 2013-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920297886

Leermiddels: Graad 10

Leermiddels  -  Graad 10
R 199
Hierdie studiegids is noodsaaklik om die Rekeningkunde-kurrikulum in Graad 10 - 12 aan te durf. Die boek is in logiese afdelings ingedeel; elke afdeling verduidelik basiese terminologie, konsepte en prosesse aan die leerder sodat hierdie uitdagende vak bemeester kan word.

Dit sluit in:

Omvattende Notas met Uitgewerkte Voorbeelde vir elke Onderwerp
Vrae & Antwoorde vir elke Onderwerp
Eksamenvraestelle en Antwoorde sowel as handige wenke
Hierdie studiegids is propvol spesifiek gekose, gegradeerde vrae en oplossings wat die teorie toepas en so daartoe lei dat elke onderwerp deeglik verstaan word.

Leerders sal vinnig deur die afdelings vorder en selfvertroue sowel as kundigheid opbou soos wat hulle elke oefening suksesvol voltooi.

Die geheim van hierdie vak is om te OEFEN en dit is wat hierdie boek jou in staat stel om te doen! Dit sal vir die leerder voel asof 'n ervare onderwyser 'teenwoordig' is om elke wenk en stukkie raad wat regdeur die boek voorkom, aan te bied.

Die opsommings en verduidelikings maak die studiemateriaal as 'n geheel verstaanbaar en dit motiveer die leerder om in die vak uit te blink.
Publication date: 2013-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920297992

Leermiddels: Graad 10

Leermiddels  -  Graad 10
R 199
Hierdie studiegids dek die Graad 10 KABV-kurrikulum en bied 'n deeglike inleiding tot Ekonomie.

Die gids is in KWARTALE ingedeel en bevat:

Omvattende Notas & Uitgewerkte Voorbeelde per Kwartaal
Beide Onderwerpgebaseerde & Kwartaalgebaseerde Vrae
Antwoorde op alle vrae
plus 2 Oorspronklike Eksamenvraestelle & -memo's

Hierdie kompakte stel notas en vrae wat daarby pas, vorm deel van 'n suksesvolle studiegids wat 'n bewese weg na die beste resultate is.

Die fokus is op begrip, eksamenvoorbereiding en om 'n stewige grondslag vir Ekonomie in Graad 11 en 12 te bied.

Hierdie studiegids beklemtoon die skakels tussen veelvuldige ekonomiese faktore wat hierdie komplekse vak so interessant maak en plaas leerlinge, in 'n vroeë stadium, op 'n suksesvolle roete in hierdie vak.
Publication date: 2013-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920297800

Leermiddels: Graad 10

Leermiddels  -  Graad 10
R 199
Hierdie boek - vir graad 10's - word op sy eie beskou as die mees deeglike manier, wat tans beskikbaar is, waarop die nuwe graad 10 kurrikulum behandel is. Dit sluit alles in wat die leerder nodig het om sy/haar volle potensiaal te bereik in graad 10 en 'n sterk basis te le vir sukses in graad 11 en 12. Die notas en uitgewerkte voorbeelde is deur Anne Eadie saamgestel, as 'n hoogtepunt en uitvloeisel van meer as 30 jaar se wiskunde-onderrig in die klaskamer en ekstra lesse. Dit lei die leerder op 'n duidelike en verstaanbare manier deur al die graad 10-konsepte sodat hy/sy dit kan verstaan, vermy die wanopvattings, en verduidelik alles vanaf eerste beginsels. Elke onderwerp het ook 'n groot aantal vrae en antwoorde, wat sorgvuldig uitgekies en gegradeer is, om die teorie in die notas te oefen en om 'n deeglike begrip te kry van elke onderwerp en dit te bemeester, soos jou vertroue en kundigheid toeneem. Die boek word afgesluit met twee eksamenvraestelle met uitgewerkte oplossings en wenke.
Publication date: 2013-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920297978

Leermiddels: Graad 10

Leermiddels  -  Graad 10
R 199
Hierdie gewilde boek dek die KABV-kurrikulum en bied die volgende:

- Omvattende Notas per Kwartaal
- Vrae per Kwartaal
- Volledige Antwoorde
plus 'n Eksamenvraestel & -memo

Hierdie studiegids stel Besigheidstudies bekend as 'n relevante vak en bied duidelike, leersame verduidelikings wat vir leerders van alle vermoëns toeganklik is. Die eenvoudige, maar omvattende onderrigstyl motiveer hulle om teen hul eie pas te werk en in die vak uit te blink.
Publication date: 2013-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920297961

Leermiddels: Graad 10

Leermiddels  -  Graad 10
R 199
Hierdie studiegids dek die Graad 10 KABV-kurrikulum en bied VIR ELKE ONDERWERP:

Omvattende Notas
Vrae
Antwoorde
en sluit ook in:

Praktiese Werk: Voedselproduksie
'n Eksamenvraestel & -memo

Die volledige notas, praktiese wenke, groot verskeidenheid vrae, antwoorde en oefening in die beantwoord van 'n eksamenvraestel, bied aan die Graad 10-leerder al die vaardighede, inhoudsmateriaal en vaslegging wat nodig is om in hierdie vak uit te blink.

Die puntsgewyse styl en tabelformaat maak die leerproses maklik en die inhoud meer toeganklik.

Hierdie boek sal leerders in staat stel om top punte te behaal in hierdie toenemend relevante en interessante vak.
Publication date: 2013-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920297862

Leermiddels: Graad 10

Leermiddels  -  Graad 10
R 199
Hierdie studiegids is volgens die KABV-vereistes saamgestel.

Dit bevat:

Breedvoerige NOTAS per module
Vrae en 'Snelvure' per module
Gedetailleerde memo's
Hierdie gids is 'n noodsaaklike inleiding tot die basiese konsepte wat leerders in Graad 10 teëkom en wat die grondslag vir Lewenswetenskappe in Graad 11 en 12 vorm.

Die vakmateriaal is in logiese afdelings met duidelike kolpuntlys-opsommings ingedeel sodat die kurrikuluminhoud tot toeganklike, maklik verstaanbare eenhede vereenvoudig word.

Die vrae en antwoorde stimuleer die ontwikkeling van die leerder se wetenskaplike vaardighede en dit dra by tot 'n begrip van hoe Lewenswetenskappe en hul omgewing met mekaar skakel. Die 'Snelvuurvrae' aan die einde van elke module toets en bevorder konsolidering van noodsaaklike terminologie.

Deur reg deur die jaar, sistematies deur die vakmateriaal te werk, word die leerder in staat gestel om in hierdie vak te presteer.
Publication date: 2012-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920297848

Leermiddels: Graad 10

Leermiddels  -  Graad 10
R 199
Hierdie studiegids verskaf 'n stewige basis vir Graad 11 en 12 Fisiese Wetenskappe.

Die gids is in ONDERWERPE ingedeel en bevat:

Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde
Oefeninge & Eksamenvrae
Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & handige wenke
Die leerder word stap vir stap deur die teorie, tegnieke en basiese konsepte van hierdie uitdagende vak geneem.

Die formaat is so ontwerp om die leerder deur die noodsaaklike beginsels te lei sodat meer komplekse probleme daarna met selfvertroue aangepak kan word.

Die duidelike kernnotas en gegradeerde vrae voldoen aan die vereistes van die KABV-kurrikulum en verseker dat leerders elke onderwerp in die geheel verstaan.
Publication date: 2012-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920558383

Leermiddels: Graad 11

Leermiddels  -  Graad 11
R 219
Hierdie 3 in 1 studiegids dek die Graad 11 KABV-kurrikulum en sluit die volgende in: Omvattende Notas per Kwartaal, Vrae per Kwartaal en Volledige Antwoorde plus 2 Eksamenvraestelle & Memo's. Besigheidstudies vereis beide kennis en probleemoplossing: Die verduidelikings en illustrasies in hierdie boek vereenvoudig konsepte en help met begrip en gevallestudies wys leerders hoe om probleemoplossingstegnieke te implementeer. Die boek bied uitstekende ondersteuning vir alle leerders, ongeag hul vermoe, en die puntsgewyse styl en tabelformaat maak die inhoud meer toeganklik. Dit sal aan leerders alles bied wat hulle nodig het om in hierdie toenemend relevante en interessante vak, hul beste te bereik.
Publication date: 2016-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920558307

Leermiddels: Graad 11

Leermiddels  -  Graad 11
R 219
Hierdie 3 in 1 studiegids bied 'n gegronde oorgang tussen die basiese konsepte wat in Graad 10 Wiskundige Geletterdheid behandel is en die vaardighede wat nodig is vir die Graad 11-eindeksamen.

Dit bevat:

Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde in al 7 onderwerpe
Oefeninge en 'Toets jou Begrippe' vir elke onderwerp
Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & nuttige wenke
Hierdie boek is volgepak met inhoud, toepassings en assessering en sal tuis en in die klaskamer baie goed gebruik kan word. 'n Toeganklike, logiese benadering maak die leerervaring makliker. Die rangskikking en aanbieding van die materiaal gekombineer met verduidelikende notas, motiveer leerders om hul vaardigheid in hierdie kernvak te verbeter.

Die uitgebreide reeks vrae fokus daarop om vaardighede te ontwikkel om wiskundige probleme in die werklike lewe, binne die raamwerk van die KABV-kurrikulum, aan te pak. Leerders word toegerus om uitdagende vrae met selfvertroue en insig te benader.

Al verskil hul vermoëns en leerstyle, sal alle Graad 11-leerders hierdie boek as 'n treffer ervaar.
Publication date: 2016-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920686512

Leermiddels: Graad 11

Leermiddels  -  Graad 11
R 139
Hierdie volledige samestelling van vrae en antwoorde, saamgestel deur 'n topspan wiskunde-deskundiges, is geskik vir eksamenhersiening. Die doel was, egter, om wiskundige denke en bekwaamheid verby die norm uit te brei.

Dit bevat:

10 Vraestel 1 Vraestelle met Memo's
10 Vraestel 2 Vraestelle met Memo's
Dit bevat oefenvraestelle en antwoorde, wat leerders in staat stel om te oefen hoe om die vraestel binne die vasgestelde tydsduur van die eksamen te voltooi. Dit beklemtoon ook die afdelings van die kurrikulum wat meer aandag verg.

Die handige wenke en gedetailleerde memo's help om die leerder se selfvertroue te ontwikkel sodat alle konsepte wat deel van die KABV/IEB-kurrikulum uitmaak, bemeester kan word.

Die wye reeks vrae sal die leerder se kennis verryk sodat vordering en uitnemendheid in hierdie uitdagende, lonende vak bespoedig word.
Publication date: 2015-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920558345

Leermiddels: Graad 11

Leermiddels  -  Graad 11
R 219
Alles wat jy nodig het vir Graad 11 Rekeningkunde met Notas, Vrae, Antwoorde en Volledige Eksamens wat die hele kurrikulum dek.

Hierdie studiegids bied alles wat enige leerder nodig het om hul volle potensiaal in Graad 11 te bereik.

Daar is drie komponente in hierdie gids wat aan die KABV-vereistes voldoen:

Omvattende Notas met Uitgewerkte Voorbeelde vir elke Onderwerp
Vrae & Antwoorde vir elke Onderwerp
Eksamenvraestelle en Antwoorde sowel as handige wenke
Die kombinasie van gedetailleerde notas, uitgewerkte voorbeelde, duidelike oplossings, wenke en spesifieke raad lei daartoe dat hierdie studiegids 'n wenresep aan leerders wat oefening en konsolidasie nodig het, bied. Dit stel die leerder in staat om die studiemateriaal as geheel te verstaan.

Die wye verskeidenheid oefeninge berei die leerder volgens die vereistes van die KABV-kurrikulum voor.

Hierdie studiegids bied 'n onbetwiste raamwerk vir leerders sodat hulle die nodige vaardighede kan ontwikkel om hul in staat te stel om so goed as moontlik in Graad 11 sowel as Graad 12 Rekeningkunde te kan presteer.
Publication date: 2013-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920558284

Leermiddels: Graad 11

Leermiddels  -  Graad 11
R 219
Hierdie 3 in 1 publikasie ondersoek die dieper vlakke van al die noodsaaklike komponente van die
KABV-kurrikulum. Leerders wat hierdie indiepte studiegids aanpak, sal toekenning verdien soos hulle stap-vir-stap vorige onsekerhede te bowe kom en 'n suksesvolle pad vorentoe verseker.

Dit bied:

Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde per onderwerp
Oefeninge wat gegradeer is om die logika en tegnieke wat vereis word, te bevorder
Gedetailleerde Oplossings vir alle oefeninge
plus 'n omvattende eksamen (vraestel 1 & vraestel 2) met volledige verduidelikings vir deeglike vaslegging en finale eksamenvoorbereiding.

Hierdie effektiewe studiegids hersien al die noodsaaklike beginsels wat in vorige grade gedek is. Die leerder se begrip word deur stap-vir-stap notas uitgebrei en uitgewerkte voorbeelde word gebruik om nuwe werk bekend te stel.

Die opsommings en handige wenke dra daartoe by dat die leerders die studiemateriaal as geheel verstaan en sodoende word selfvertroue en vaardigheid by die Graad 11-leerder bevorder.

Hierdie boek waarborg die ontwikkeling van 'n stewige grondslag vir elke leerder wat vir die Graad 11 en 12 Wiskunde-eksamens voorberei en wat vasbeslote is dat hulle wil uitblink, 'n besliste weg na oop deure vir hul toekoms!
Publication date: 2013-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920558260

Leermiddels: Graad 11

Leermiddels  -  Graad 11
R 219
Hierdie gids dek die Graad 11 KABV-kurrikulum soos in 2013 geïmplementeer.

Dit bevat:

Breedvoerige NOTAS per module
Vrae, 'Snelvure' per module
Gedetailleerde memo's
Die notas, vrae en antwoorde in hierdie studiegids omskep die uitgebreide Graad 11-kurrikulum in hanteerbare en toeganklike studiemateriaal.

Die verduidelikings is maklik om te verstaan. Leerders verkry insig in hoe alle interaksies van lewende wesens met mekaar verband hou.

Kolpuntlys-opsommings en duidelike diagramme verbeter die leerproses en vergemaklik begrip van uitdagende onderwerpe.

Die gegradeerde vrae (en antwoorde) wat vir elke eenheid verskaf word, verseker dat die uitdagings wat hierdie vak bied, deeglik bemeester word. Die 'Snelvuurvrae' aan die einde van elke module toets en bevorder konsolidering van noodsaaklike terminologie.

Uitgebreide vrae verbeter leerders se eksamenvaardighede sowel as hul waarnemings van die biologiese wêreld.

Hierdie studiegids stel leerders met uiteenlopende prestasievermoëns in staat om hul beste te lewer.
Publication date: 2013-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920558321

Leermiddels: Graad 11

Leermiddels  -  Graad 11
R 219
Hierdie studiegids wat aan die KABV-vereistes voldoen, vereenvoudig die teorie van Graad 11 Fisiese Wetenskappe en bou die leerders se selfvertroue op deur verstaanbare verduidelikings tesame met hersieningsvrae.

Die gids is in ONDERWERPE ingedeel en bevat:

Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde
Oefeninge & Eksamenvrae
Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & handige wenke
Met die ondersteuning wat hierdie studiegids aan die Graad 11-leerder bied, word probleemoplossende vaardighede ontwikkel sowel as die regte benadering om die vakkennis te bemeester.

Die vrae wat van eenvoudig tot meer kompleks gegradeer is, toets die leerder se vordering regdeur die jaar en is veral op eksamenvoorbereiding gemik.

Praktiese wenke word verskaf om algemene foute uit te wys en te verseker dat leerders 'n stewige basis vir die daaropvolgende Graad 12-kurrikulum vaslê.
Publication date: 2013-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.