●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928404392

Leermiddels: Graad 12

Leermiddels  -  Graad 12
R 239
Hierdie 2 in 1-studigids bied die uitdagende inhoud van Graad 12 Landbouwetenskappe in 'n maklik-om-te-gebruikformaat aan, wat deurlopende hersiening sowel as vaslegging voor die eksamen aanmoedig. Soos jy metodies deur hierdie studiegids werk, sal jy al beter voorbereid raak om in jou eksamens uitstekende punte te behaal.
Publication date: 2020-12-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920568948

Leermiddels: Graad 12

Leermiddels  -  Graad 12
R 239
Hierdie 3 in 1 studiegids is in ooreenstemming met die kurrikulum soos in die KABV vervat en die nuutste Eksamenriglyne opgestel. Dit dek die volgende 4 vaardighede:

Luister en Praat
Lees en Kyk
Skryf en Aanbied
Taalstrukture en -konvensies
Dit bied die volgende:

Breedvoerige Notas oor elk van die 4 vaardighede
Vrae en Antwoorde (Toets Jou Kennis) oor elk van die 4 vaardighede
5 Eksamenvraestelle en -memo's (Taal
Interessante, aktuele en inspirerende voorbeeldtekste word deurgaans voorsien om meer spesifieke vaardighede te ontwikkel. Die logiese uitleg en voorbeelde help met begrip en toeganklikheid van die kurrikuluminhoud.

Die Vrae en Antwoorde (Toets Jou Kennis), sowel as die 5 Eksamenvraestelle en -memo's, bied 'n gestruktureerde oorsig en vaslegging vir doeltreffende eksamenvoorbereiding.

Hierdie studiegids sal leerders in staat stel om Afrikaans EAT met selfvertroue te bemeester.
Publication date: 2017-11-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920568818

Leermiddels: Graad 12

Leermiddels  -  Graad 12
R 239
Hierdie 3 in 1 studiegids is in ooreenstemming met die nuutste Nasionale Eksamenriglyne geskryf en dek alle aspekte van die KABV-kurrikulum.

Dit bevat:

- Omvattende Notas per Kwartaal
- Moontlike Eksamenvrae oor elke onderwerp
- Antwoorde op alle vrae
plus 'n Eksamenvraestel en Memo

Hierdie boek bied die studiemateriaal in 'n toeganklike, georganiseerde, puntsgewyse formaat, met diagramme, tabelle en wenke, wat elke leerderstyl sal pas.

Eksamenvrae uit onlangse KABV-eksamens, aan die einde van elke onderwerp, help leerders om hul begrip te toets en hul vaardighede te oefen.

'n Waardevolle hulpmiddel om topsimbole in Besigheidstudies te behaal.
Publication date: 2016-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920568832

Leermiddels: Graad 12

Leermiddels  -  Graad 12
R 239
Hierdie omvattende studiegids dek die Graad 12 KABV-kurrikulum en is volgens die nuutste Eksamenriglyne geskryf. Dit bied.

- Omvattende Notas per Kwartaal
- Uitgewerkte Voorbeelde
- Onderwerpgebaseerde Vrae & Antwoorde
- Kwartaalgebaseerde Vrae & Antwoorde
- Oorspronklike Eksamenvraestelle & -memo's

In hierdie boek word 'n duidelike oorsig oor elke kwartaal en onderwerp gegee, wat die manier hoe hierdie uitdagende Graad 12-vak beskou word, verryk.

Die duidelikheid van die verduidelikings en illustrasies maak dit vir leerders met verskillende vermoëns en kennisvlakke moontlik om die kernkonsepte van hierdie fassinerende en relevante vak baas te raak.

Die noukeurig, gegradeerde vrae brei leerders se eksamenvaardighede en insig in die vak uit en motiveer hulle om uit te blink.
Publication date: 2016-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920568719

Leermiddels: Graad 12

Leermiddels  -  Graad 12
R 239
Hierdie 3 in 1 studiegids is met uiterste noukeurigheid ontwikkel vir die groot aantal leerders wat vir hierdie gewilde vak inskryf.

Dit bevat:

Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde in al 7 onderwerpe
Oefeninge en 'Toets jou Begrippe' vir elke onderwerp
Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & nuttige wenke
Dit bied bondige, toeganklike notas, duidelik uitgewerkte voorbeelde en vaslegging van konsepte deur gegradeerde oefeninge en toetse.

Hierdie boek word ten sterkste aanbeveel en waarborg sukses, maak voorsiening vir 'n wye verskeidenheid leerders deur die kurrikuluminhoud op 'n interessante en genotvolle manier aan te bied.

Hierdie boek is al wat jy nodig het om vir die eindeksamen in Wiskundige Geletterdheid voor te berei.
Publication date: 2015-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920568962

Leermiddels: Graad 12

Leermiddels  -  Graad 12
R 239
Hierdie boek dien as 'n toeganklike en doeltreffende hersieningshulpmiddel vir Graad 12-leerders. Dit kan regdeur die kwartaal, asook vir eksamenvoorbereiding, gebruik word.

Dit sluit in:

'n Blitshersiening van alle aspekte van die KABV-kurrikulum. Die noodsaaklike teorie en basiese konsepte word in hierdie afdeling gedek.
7 Eksamenvraestelle en Voorgestelde Antwoorde. Duidelike riglyne vir eksamentegniek en uitleg word deurgaans gegee.
Die wenke, kommentaar en deurlopende advies deur die onderwyser-skrywer, bou leerders se selfvertroue soos hulle sistematies deur die boek werk.

Die riglyne ten opsigte van berekeninge, opsommings van nuttige terminologie en afkortings, dra alles by tot 'n een-stop-boek wat 'n leerder deeglik sal voorberei vir toetse en eksamens.

Hierdie studiegids sal Rekeningkundige vaardighede ontwikkel en Rekeningkundeleerders se prestasie verbeter, ongeag hul vermoë.
Publication date: 2015-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920568795

Leermiddels: Graad 12

Leermiddels  -  Graad 12
R 239
Hierdie studiegids is in lyn met die nuutste Eksamenriglyne geskryf en dek alle aspekte van die KABV-kurrikulum.

Dit bevat, VIR ELKE ONDERWERP:

- Omvattende Notas
- Vrae
- Antwoorde
plus 'n model-eksamenvraestel en -memo

Hierdie boek is 'n betroubare, maklik-om-te-volg gids vir elke Graad 12-Verbruikerstudiesleerder. Dit bevat deeglik nagevorsde notas, duidelike illustrasies, studiewenke en bydraes van vakspesialiste. Die puntsgewyse notas, relevante diagramme en logiese uitleg help met begrip en toeganklikheid van die kurrikuluminhoud.

Die onderwerpgebaseerde vrae en antwoorde, sowel as 'n eksamenvraestel en memorandum, bied 'n gestruktureerde oorsig vir doeltreffende eksamenvoorbereiding.

Hierdie 3 in 1 studiegids verskaf die totale pakket wat 'n leerder nodig het om in Verbruikerstudies uit te blink.
Publication date: 2015-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920568733

Leermiddels: Graad 12

Leermiddels  -  Graad 12
R 239
Net soos sy suksesvolle voorganger, sluit hierdie KABV Fisiese Wetenskappe 2 in 1 boek alle Graad 11 inhoud relevant aan die matriekeksamen in en bevat:

Vrae en Gedetailleerde Antwoorde in ONDERWERPE gerangskik
10 Eksamenvraestelle & Memo's, almal met verduidelikings & handige wenke
Die eerste afdeling van die studiegids fokus op 'n wye reeks vrae en antwoorde per onderwerp en dit is volgens die moeilikheidsgraad gegradeer.

Dit verseker dat die leerder 'n deeglike begrip van die teorie, tegnieke en konsepte wat deur die kurrikulum vereis word, ontwikkel.

Die tweede afdeling bevat onlangse Nasionale en IEB vraestelle - KABV of KABV-aangepas - om leerders breedvoerig vir die finale matriekeksamen voor te berei.

Hierdie studiegids is 'n waardevolle hulpmiddel vir vaslegging en begrip van die studiemateriaal as geheel, dwarsdeur die jaar; terwyl dit optimale, deeglike eksamenvoorbereiding verseker.
Publication date: 2015-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920568993

Leermiddels: Graad 12

Leermiddels  -  Graad 12
R 159
Hierdie volledige samestelling van vrae en antwoorde, saamgestel deur 'n topspan wiskunde-deskundiges, is geskik vir eksamenhersiening. Die doel was, egter, om wiskundige denke en bekwaamheid verby die norm uit te brei.

Dit bevat:

10 Vraestel 1 Vraestelle met Memo's
10 Vraestel 2 Vraestelle met Memo's
Dit bevat oefenvraestelle en gedetailleerde antwoorde wat leerders in staat stel om te oefen hoe om die vraestel binne die vasgestelde tydsduur van die eksamen te voltooi. Dit beklemtoon ook dele van die kurrikulum wat meer aandag verg.

Hierdie studiegids bied uitgebreide oefening in die toepassing van teorie en die ontwikkeling van probleemoplossingstegnieke.

Dit sal leerders beslis in staat stel om al die konsepte wat vir beide die KABV- en IEB-eksamens benodig word, te bemeester en om puik te presteer!
Publication date: 2015-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920568801

Leermiddels: Graad 12

Leermiddels  -  Graad 12
R 239
This study guide was written in accordance with the latest Examination Guidelines and covers all aspects of the CAPS curriculum.

It contains:

- Comprehensive Notes per Term
- Possible Exam Questions for each topic
- Answers to all questions
plus an Exam Paper & Memo

This study guide presents the subject material in an accessible, organised format with bulleted summaries, diagrams, tables and hints to assist learners of all abilities and learning styles.

Exam questions from recent CAPS exams, at the end of each topic, enable learners to assess their understanding and also, to practise their skills.

A most valuable tool towards achieving top marks in Business Studies.
Publication date: 2015-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920568771

Leermiddels: Graad 12

Leermiddels  -  Graad 12
R 239
Hierdie studiegids bied die sleutel tot uitmuntende resultate vir hierdie vak.

Die gids is volgens die KABV-kurrikulum saamgestel en bevat die volgende:

Omvattende Notas met Uitgewerkte Voorbeelde vir elke Onderwerp
Vrae & Antwoorde vir elke Onderwerp
Eksamenvraestelle en Antwoorde sowel as handige wenke
Die spesifiek gekose vrae is gegradeer ten einde die studiemateriaal as geheel te verstaan en selfvertroue aangaande vakkennis by die leerder te kweek.

Die omvattende notas, die addisionele verduidelikings en die gedetailleerde oplossings span saam om die teorie te verduidelik en dit motiveer die leerder om meer uitdagende vrae aan te pak en die konsepte te bemeester.
Publication date: 2015-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920568757

Leermiddels: Graad 12

Leermiddels  -  Graad 12
R 239
Hierdie 3 in 1 studiegids, wat aan die vereistes van die KABV-kurrikulum voldoen, is 'n topverkoper, volgepakte uitgawe wat al die oplossings wat jy nodig het om hierdie uitdagende vak te bemeester, bied.

Die gids is in ONDERWERPE ingedeel en bevat:

Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde
Oefeninge & Eksamenvrae
Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & handige wenke
Hierdie studiegids dek al die basiese konsepte, wette, definisies en berekeninge wat op 'n maklik verstaanbare manier verduidelik word en stel leerders in staat om onafhanklik en teen hulle tempo te vorder.

Leerders kan hul wetenskaplike vaardighede ontwikkel en hul begrip van die vak verbeter deur sistematies deur elke onderwerp met gepaardgaande vrae te werk. Die duidelik-uiteengesette antwoorde bied omvattende ondersteuning regdeur die leerproses.

Alhoewel Fisiese Wetenskappe 'n uitdagende vak is, kan topresultate in beide die KABV- en IEB finale eksamens, met die hulp van hierdie studiegids behaal word.
Publication date: 2014-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920568696

Leermiddels: Graad 12

Leermiddels  -  Graad 12
R 239
Hierdie 2 in 1 studiegids bied aan Graad 12-leerders 'n unieke metode om matriekwiskunde te bemeester en daarin uit te blink. Leerders word deel gemaak van 'n sorgvuldig saamgestelde vraag-en-antwoord-'leer' van ontwikkeling en ondersteuning. Hierdie boek bevat 'n uiters omvattende, metodies gerangskikte samestelling van eksamenvrae en - antwoorde, geskik vir beide die NASIONALE en die IEB-wiskunde-eksamens. Die sorgvuldig opgeboude vrae dek ook beide die Graad 11- en 12-inhoud wat in die eindeksamen ingesluit word.

Daar is TWEE duidelik onderskeibare afdelings in die boek:

Onderwerpgerigte Vrae & Oplossings - om 'n deeglike begrip van teorie, tegnieke & konsepte in elke onderwerp te ontwikkel.
14 Eksamenvraestelle en Memo's wat uit vorige vraestelle saamgestel is.
In die eerste afdeling van die studiegids is vrae in aparte ONDERWERPE gerangskik, wat leerders in staat stel om een onderwerp op 'n slag te bemeester. Die vrae is gegradeer en gegroepeer om leerders in begrip, selfvertroue en kundigheid te help groei. Dit dek nie net die Graad 12-inhoud nie, maar ook alle vorige (Graad 10 & 11) konsepte wat noodsaaklik is vir begrip en sukses.

In die tweede afdeling is die 7 eksamenvraestelle volgens die Nasionale Eksamenriglyne saamgestel en kognitiewe vlakke en gewigstoekenning per onderwerp is in ag geneem. Vrae is met omsigtigheid uit die 7 eksamenvraestelle gekies sodat dit alle aspekte en tegnieke van alle onderwerpe volledig dek.

Nuttige notas, opsommings en teksraampies met raad word regdeur die publikasie gegee.

Hierdie topverkoper bied regdeur die jaar uitstekende voorbereiding vir KABV- en IEB-matrikulante en het al baie leerders gehelp om bo hul verwagtinge in hierdie belangrike vak, sukses te behaal.
Publication date: 2014-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920568849

Leermiddels: Graad 12

Leermiddels  -  Graad 12
R 239
Hierdie boek is DEEL 1 van 'n STEL van 2 Lewenswetenskappe-gidse wat tesame die Graad 12 KABV-kurrikulum wat in 2014 geïmplementeer is, breedvoerig dek.

Dit bevat die 2 Kennisareas wat in VRAESTEL I van die eksterne Nasionale finale eksamen geëksamineer word:

Lewensprosesse in Plante en Diere
Omgewingstudies
Dit sluit ook volledige notas oor Graad 11 Omgewingstudies as 'n komponent van die Graad 12 Vraestel 1 in.

Beide DEEL 1 end DEEL 2 Graad 12 studiegidse bied:

Breedvoerige NOTAS per module
Vrae en 'Snelvure' per module
Gedetailleerde memo's
Hierdie 3 in 1 studiegidse bied NUWE materiaal wat deeglik nagevors, relevant, toeganklik en genotvol is. Die inhoud is omvattend, tog leerdervriendelik.

Die gegradeerde vrae (en antwoorde) wat vir elke eenheid verskaf word, verseker dat die uitdagings wat hierdie vak bied, deeglik bemeester word. Die 'Snelvuurvrae' aan die einde van elke module toets en bevorder konsolidering van noodsaaklike terminologie.

Deur reg deur die jaar sistematies te werk, word graad 12 leerders met verskillende leervermoëns en leerstyle geïnspireer om uitstekende resultate te behaal.
Publication date: 2014-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920568863

Leermiddels: Graad 12

Leermiddels  -  Graad 12
R 239
Hierdie boek is DEEL 2 van 'n STEL van 2 Lewenswetenskappe-gidse wat die Graad 12 KABV-kurrikulum wat in 2014 geïmplementeer is, breedvoerig dek.

Dit bevat die 2 Kennisareas wat in VRAESTEL II van die eksterne Nasionale finale eksamen geëksamineer word:

Lewe op die Molekulêre, Sellulêre en Weefselvlak
Diversiteit, Verandering en Kontinuïteit
Beide DEEL 1 en DEEL 2 Graad 12 studiegidse bied:

Breedvoerige NOTAS per module
Vrae en 'Snelvure' per module
Gedetailleerde memo's
Hierdie 3 in 1 studiegidse spreek tot leerders van alle vermoëns en leerstyle. Dit verskaf duidelike, nuut-nagevorsde notas en kolpuntlys-opsommings. Duidelike diagramme verbeter die leerproses en vergemaklik begrip van uitdagende onderwerpe.

Vakmateriaal is in kleiner dele opgebreek en praktiese wenke word deurgaans gegee.

Die 'Snelvuurvrae' aan die einde van elke module toets en bevorder konsolidering van noodsaaklike terminologie. 'n Wye reeks vrae en antwoorde berei leerders vir hul finale eksamens voor.

Deur reg deur die jaar, sistematies deur die vakmateriaal te werk, word die leerder in staat gestel om in hierdie vak te presteer.
Publication date: 2014-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.