●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920568894

Leermiddels: Graad 12

Leermiddels  -  Graad 12
R 219
Hierdie toenemend gewilde studiegids dek die Graad 12 KABV-kurriklum en motiveer leerders om hul vaardighede in hierdie opwindende vak te ontwikkel. Dit sluit die volgende in:

Omvattende Notas gerangskik in Modules & Eenhede
Eksamenvrae per Module
Memo's vir alle Eksamenvrae
plus 'n kaartwerkafdeling wat notas en voorbeelde van verskillende tipes vrae en berekeninge insluit,

plus eksamenvraestelle en antwoorde. 'n Topografiese kaart in kleur en ortofoto word ingesluit

Hierdie boek het duidelike sketse, bondige verduidelikings en 'n wye verskeidenheid vrae met memo's.
Dit bied aan leerders 'n kompakte gids om al die konsepte in die kurrikulum te bemeester. Onlangse KABV-eksamenvrae en antwoorde is ook ingesluit.

Hierdie 3 in 1 studiegids is vir alle Graad 12-Geografieleerders geskik, van dié wat sukkel om basiese konsepte onder die knie te kry, tot dié wat vasberade is om topsimbole te behaal.
Publication date: 2014-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920686673

Leermiddels: Graad 8

Leermiddels  -  Graad 8
R 199
Hierdie Graad 8-Wiskunde studiegids bied 'n deeglike inleiding tot kritieke wiskundige konsepte soos Algebra en Meetkunde. Hierdie grondslag is noodsaaklik en deurslaggewend vir die leerder se opbou van kennis en selfvertroue in hierdie uiters belangrike vak.

Hierdie 2 in 1 publikasie sluit in:

Onderwerpgebaseerde Vrae & Antwoorde - om die begrip van teorie, tegnieke & konsepte te ontwikkel
Eksamenvraestelle & Memo's- om die teorie in die praktyk toe te pas
Die eerste afdeling stel elke konsep bekend en ontwikkel die begrip daarvan deur gegradeerde vrae oor elke onderwerp. Omvattende antwoorde vir alle vrae word verskaf, met leiding in die vorm van baie ekstra wenke en raad in inligtingsboksies.

Die tweede afdeling bestaan uit 'n verskeidenheid eksamenvraestelle. Volledige oplossings met ekstra verduidelikings, notas en wenke word verskaf om die leerder se vaardighede in eksamentegniek te ontwikkel.

In hierdie uitdagende vak sal hierdie studiegids vir leerders op alle vlakke van bekwaamheid voordelig wees.
Publication date: 2016-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928405252

Leermiddels: Graad 9

Leermiddels  -  Graad 9
R 199
Hierdie Graad 9 Natuurwetenskappe handboek en studiegids is 'n belangrike nuwe toevoeging tot ons Wetenskappe-reeks wat van onskatbare waarde sal wees in die ontrafeling van 'n uitdagende kurrikulum.
Dit sluit in:

Omvattende Vaardighede-afdeling,
Geordende, maklik-om-te-volg Notas
Onderwerpgebaseerde Vrae
Volledige Antwoorde
Sleutelkenmerke:
Vaardighede-afdeling:
stap-vir-stap verduideliking van wetenskaplike ondersoek
geïllustreerde opsomming van voorstelling van data (tabelle/grafieke/diagramme)
uitgewerkte voorbeeld van 'n wetenskaplike ondersoek vraag
uitgebreide lys van Aksiewerkwoorde om die fokuspunt van vrae te identifiseer
duidelike, selfverduidelikende diagramme met byskrifte
verrykingsbrokkies om bespreking uit te lok
visuele opsommende vloeidiagramme
wye reeks vrae met volledige antwoorde
wenke en onderwyser-geselsboksies vir konteks en duidelikheid
Hierdie studiegids lê 'n stewige grondslag vir sukses in Lewenswetenskappe en Fisiese Wetenskappe. Dit moedig onafhanklike leer aan, verhoed die ontstaan van algemene wanopvattings en ontwikkel selfvertroue vir die aanpak van wetenskaplike leerinhoud.
Publication date: 2021-06-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928354758

Leermiddels: Graad 9

Leermiddels  -  Graad 9
R 199
Hierdie 3 in 1 KABV studiegids neem een van die mees uitdagende vakke in Graad 9 en bied die inhoud op 'n aanloklike, maklik toeganklike manier aan.

Die drie modules is in duidelik afgebakende onderwerpe van hanteerbare grootte gerangskik, en bied:

Verduidelikende Notas
Voorbeelde, Aktiwiteite en 'n Eksamenvraestel
Gedetailleerde Antwoorde en 'n Templaatboek (fotokopieerbaar)
Die logiese benadering en duidelikheid van die notas lei die leerder met gegradeerde vrae en antwoorde met verduidelikings deur elke inhoudsarea om deurlopende selfassessering te bied.

Eenvoudige, leerdervriendelike diagramme plaas die inhoud in konteks. Leerders word in elke module gehelp om die inhoud in perspektief te sien en hul vaardighede te bemeester.

Hierdie studiegids bied 'n kragtige inleiding tot Rekeningkunde, Ekonomie en Besigheidstudies in die hoër grade. Onderwysers en leerders, op verskillende vlakke van belangstelling en begrip, sal hierdie boek as 'n wenner beskou.
Publication date: 2017-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920568979

Leermiddels: Graad 9

Leermiddels  -  Graad 9
R 199
Hierdie Graad 9-publikasie bied uiters deeglike en omvattende oefeninge om noodsaaklike tegnieke en konsepte soos wat deur die Graad 9 KABV-kurrikulum vereis word, te bemeester. Dit bevat ook nuttige opsommings van feite en formules.

Hierdie 2 in 1 publikasie bevat:

Onderwerpgebaseerde Vrae en Antwoorde - om begrip van teorie, tegnieke en konsepte te bemeester
Eksamenvraestelle en Memo's wat leerders leer om teorie toe te pas
Die eerste afdeling bied vrae per onderwerp. Die vrae is gegradeer sodat die konsepte stap vir stap kan ontwikkel. Op hierdie manier word die begrip, kennis en selfvertroue van die leerder opgebou.

Die tweede afdeling bestaan uit eksamenvraestelle wat die standaard en gewigte per onderwerp soos deur KABV vereis, weerspieël. Gedetailleerde oplossings met aanvullende verduidelikings, notas en wenke ontwikkel die leerder se eksamenvaardighede.

Hierdie uiters volledige studiegids sal vir leerders op alle vlakke van bekwaamheid voordelig wees.
Publication date: 2015-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.