●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Christelik / Christian
Christian Living / Christelike Leefwyse

Results 16 to 30 of 89
Sorted by:  Title
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431615742

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 150
R 135You save R 15
In die Tuin van Getsemane het Jesus die ondenkbare gedoen: Hy het JA gesê om aan 'n kruis te sterf om jóú te red. En Hy het dit nie blindelings gedoen nie - Hy het geweet waarvoor Hy Hom inlaat ...
In Die dag toe Jesus JA gesê het stel Stephan Joubert jou voor aan die apostel Markus en sy vertelling van die gebeure rondom Jesus se dood en opstanding. Met Markus as jou toergids sal jy toenemend nader aan Jesus voel wanneer jy die las van die kruis op jou eie skouers begin voel.
Jesus het ja gesê om vir ons sondes te sterf. Daarom is dit vandag ons beurt om ook vir Hom ja te sê. Ons doen dit deur Hom te volg en die Goeie Nuus te verkondig waar ons ook al gaan.
In Getsemane het Jesus JA gesê vir 'n pad van lyding wat aan die kruis geëindig het. Maar omdat Hy op die derde dag opgestaan het uit die dood, het gelowiges saam met Hom opgestaan in 'n splinternuwe lewe en ewige oorwinning oor die dood.
Publication date: 2016-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920654726

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 150
R 135You save R 15
Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou alhoemeer bevraagteken. Hierdie tendens is natuurlik wêreldwyd reeds geruime tyd aan die gang. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar: dit is vrydenkers wat probeer om - buite georganiseerde godsdiens - dieper betekenis en sin in hulle lewens te vind met nuwe denke en redenasie oor God, godsdiens en spiritualiteit. Dit is mense wat 'n nuwe dans wil dans. 'n Nuwe dans met die lewe en met God.
Publication date: 2015-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415333488

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 200
R 180You save R 20
Wat op aarde doen ek hier? Wat is my doel? Die soeke na die doel van die lewe laat mense al vir duisende jare kopkrap. Dit is omdat ons geneig is om by die verkeerde punt weg te spring - onsself. Ons vra egosentriese vrae soos: Wat wil ek wees? Wat moet ek met my lewe doen? Wat is my doelwitte, my ambisies en my drome vir my toekoms? Maar 'n fokus op onsself sal nooit ons lewensdoel openbaar nie. Jy is deur God en vir God gemaak - en totdat jy dit verstaan, sal die lewe nie sin maak nie. God het ons nie in die duister gelaat om te wonder en te raai nie. Hy het sy doel vir ons lewens duidelik deur die Bybel geopenbaar. Jou geboorte was nie 'n ongeluk of iets wat per toeval gebeur het nie, en jou lewe is nie 'n gelukskoot nie. Jou ouers het jou dalk nie beplan nie, maar God het. Jy lewe omdat God jou wou skep. Dit wat jy in jou hande hou, is meer as 'n boek; dit is 'n gids vir 'n 40-dae geestelike reis wat jou sal help om die antwoord op die lewe se heel belangrikste vraag te ontdek: Wat op aarde doen ek hier? Aan die einde van die reis gaan jy weet wat God se doel vir jou lewe is en hoe al die stukkies van jou lewe inmekaar pas. So 'n perspektief sal jou stres verminder, jou besluite vereenvoudig, jou tevredenheid laat toeneem en die belangrikste van alles, jou voorberei vir die ewigheid.
Publication date: 2015-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796316592

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 210
R 189You save R 21
Dr. Phil McGraw sê oor hierdie boek: 'Dr. Cloud wys jou hoe om die resultate waarna jy soek in jou werk en by die huis te verkry.'

Dr. Henry Cloud deel in Die een oplossing vir die lewe talle waardevolle strategieë vir 'n lewe met groter samehang en eenvoud ten opsigte van werk, gesin en geloof.
Publication date: 2012-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770002241

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 170
R 153You save R 17
Maak jou oë oop vir die onsienlike wêreld rondom ons.
Elke mens het deel aan twee wêrelde: die fisiese wê­reld waarvan jy jou met jou sintuie kan vergewis, en die gees­tes­wêreld waarvan 'n mens nie langs fisiese kanale insig kan kry nie. Die feit dat sommige mense die bestaan van hierdie geesteswêreld ontken, bete­ken beslis nie dat dit nie bestaan nie of dat ons nie deel is daarvan nie.
In Die geesteswêreld werp Isak Burger lig op hierdie onsienlike wêreld rondom ons. Hy fokus op veral vyf hoof­dele:
Die realiteit van die geesteswêreld
God en die geesteswêreld
Die engele
Satan en sy demone
Die gelowige en die geesteswêreld
Isak Burger wys vir gelowiges in hierdie boek daar­op dat dit nood­saaklik is om kennis te neem van die gees­teswêreld en wat daarin gebeur, want dit raak ons elkeen.
Publication date: 2017-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432203351

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 169
R 152You save R 17
Mense het vrae. Die Bybel het antwoorde.
Min dinge in die lewe is maklik en eenvoudig. Ook vir gelowiges is die wêreld kompleks en moeilik. Selfs die Bybel is nie altyd maklik om te verstaan nie!
Al die ernstige vrae wat in mense se harte leef, verdien eerlike, reguit en goed deurdagte antwoorde. En dis wat jy in hierdie boek sal kry.
In Die groot boek met Bybelse antwoorde praat 150 leraars oor sake wat soms ontstellend is en ander kere interessant en lewensverrykend.
Hulle torring verwarrende vraagstukke netjies los en gee aanwysings hoe om self by antwoorde te kom wat in jou unieke omstandighede kan werk.
Die skrywers ken die vrae wat die meeste deur gelowiges en ongelowiges gevra word. Hulle ken die Bybel en hoe om dit as bron van antwoorde
te gebruik. Geen kitsreseppies of towerformules nie, maar wel inspirasie en riglyne om jou eie oplossings te vind vir vrae soos:
- Hoekom moet ek vir my gemeente geld gee en hoeveel is genoeg?
- Hoe moet ek dit regkry om my vyande lief te hê?
- Is dit oukei as mense nie in die kerk trou nie?
- Help dit enigsins om goeie dinge te doen in die slegte wêreld?
Publication date: 2015-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431622177

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 170
R 153You save R 17
Die mens is meesterlik aanmekaargesit - liggaam, siel en gees. Maar as een van hierdie aspekte skade ly, beïnvloed dit 'n mens se hele wese.
Die heel beste jy! bespreek hierdie drie aspekte in drie afdelings, naamlik: 1. 'n gesonde liggaam, 2. 'n gesonde sielsdimensie en 3. 'n gesonde geestelike lewe.
In afdeling 1 bespreek Esther van der Spuy die nuutste navorsing oor onder andere eetversteurings, emosionele eet, verslawing, slaap en oefening. Sy kyk na moontlike oorsake en gevolge sowel as moontlike oplossings en stappe vir volhoubare besluitneming en heelwording.
Dalena Vogel belig in afdeling 2 kundig die effek, gevolge en genesing van emosionele seerkry sodat 'n mens jouself kan monitor en wyse besluite kan neem om gesond te word.
Dirkie van der Spuy moedig lesers in afdeling 3 aan om stappe te neem om geestelik te groei en deel te word van 'n gesonde geestelike liggaam waarin die Heilige Gees woon.
Hierdie is 'n alles-in-een-handleiding wat 'n mens inspireer om die heel beste jy te word.
Publication date: 2019-04-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781775620457

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 250
R 200You save R 50
Die komende Koning en sy Messiaanse koninkryk bied die lering oor die koninkryk van God aan soos wat dit progressief vanaf Genesis tot Openbaring ontvou. Die koninkryk van God is die sentrale tema van die Bybel, van voor die grondlegging van die wêreld af, in die begin, regdeur die geskiedenis, en tot in die ewige bestel. Jesus Christus is nie net die Verlosser nie, maar hy is ook die komende Koning wat suksesvol oor die aarde sal heers tot in alle ewigheid. Die Bybel se meta verhaal vertel hoe die Laaste Adam alles sal herstel wat in Eden verlore gegaan het. Kom ontdek hoe God sy koninkryksplan in Christus tot uitvoering gaan bring in Die komende Koning en sy Messiaanse koninkryk.
Oor die skrywer
JACO SCHOLTZ voltooi sy meestersgraad in teologie aan die Universiteit van Stellenbosch (MTh [Nuwe Testament]) in 2013. Hy is ʼn navorsingsgenoot van die Departement Ou en Nuwe Testament aan die Universiteit van Stellenbosch, die skrywer van ʼn tiental geakkrediteerde artikels asook die artikels wat op die FaithEquip-blog verskyn. Jaco is getroud met Veronica.
Publication date: 2020-09-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920290573

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 80
R 72You save R 8
Die Here Jesus het ses moordende ure aan die kruis gehang, van nege-uur die oggend tot drie-uur die middag. In daardie ses ure het Jesus sewe keer van die kruis af gepraat. Ons noem dit 'die sewe kruiswoorde'.
Die sewe kruiswoorde word in twee dele opgedeel: Die eerste vier kruiswoorde het betrekking op ander mense, en die laaste drie het betrekking op Homself.
Niemand wat by die kruis kom staan en luister wat daar gesê word en waarneem wat alles daar gebeur, kan ooit weer dieselfde daar weggaan nie. Die boodskap van die kruis het 'n lewens-veranderende krag. Dit raak vriend en vyand, niemand word onaangeroer gelaat nie.
'Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê'. Joh. 3:16
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920290351

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 120
R 108You save R 12
Die studie oor die twaalf dissipels van Jesus het opnuut weer 'n appèl op my eie lewe gemaak. Dit was vir my tot soveel seën dat ek jou ook wil uitnooi en uitdaag om, wanneer jy hierdie boek lees, saam met hierdie manne te stap, hulle lewens dop te hou en deur hulle oë na ons Here en Meester, Jesus Christus te kyk.




Die dissipels het werklik legendes geword. Nooit weer sou daar 'n groep manne opstaan wat so 'n impak op die wêreld en sy mense sou hê soos hulle nie. Manne wat deur Jesus self geroep, opgelei, bekragtig en uitgestuur is. Hierdie manne het die wêreld verander.




In hierdie dissipelgroep van 12 manne wat Jesus geroep het, was daar uiteenlopende persoonlikhede. Onder hulle vind ons 'n verskeidenheid van temperamente, geaardhede, agtergronde en karakters. Hulle was nie nabootsings of duplikate van mekaar nie. Hulle het almal van mekaar verskil. Hulle was en is verteenwoordigend van alle persoonlikhede, temperamente en geaardhede wat ons vandag op aarde kan aantref. Ons kan onsself duidelik in ten minste een of twee van hierdie manne sien. God gebruik verskillende mense, so kan Hy jou en my ook gebruik!
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920290023

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 120
R 108You save R 12
Daar is min dinge so opwindend soos 'n studie van Bybelse profesieë, want dit vertel die geskiedenis vooruit. Bybelse profesieë wys vir ons waarheen die wêreld en sy mense oppad is. Dit toon aan wat in die toekoms moet gebeur. Die koerant vertel jou wat gister gebeur het, die TV vertel jou wat vandag gebeur het, maar, Bybelse profesieë vertel jou wat môre en oormôre en in die toekoms sal plaasvind.
Dr. Jerry Falwel defineer Bybelse profesieë soos volg: 'Bybelse profesieë is God se plan met die wêreld en sy mense vir die toekoms.'
Die Bybel is 'n boek vol profesieë. Uit die 8,325 profetiese tekste in die Bybel is daar 1,800 tekste wat net oor die wederkoms van Christus en aanverwante eskatologiese gebeure handel. Dit beteken dat 22% van al die Bybel se profetiese tekste net oor die wederkoms van Christus handel. Net in die Nuwe Testament alleen is daar 318 profesieë wat direk na die wederkoms van Christus verwys.
Die wêreld staan voor 'n groot en drastiese gebeurtenis 'n gebeurtenis wat 'n invloed op elke mens op aarde se lewe sal hê en die gewone gang van sake in die wêreld ingrypend sal verander. Dié gebeurtenis is die persoonlike wederkoms van Jesus Christus na hierdie wêreld!
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415335604

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 180
R 162You save R 18
'n Lewe van oorwinning begin in jou gedagtes.
In sy heel nuutste boek, Dink beter, leef beter, verduidelik die topverkoperskrywer Joel Osteen hoe jou lewe meer geseënd en vervuld sal word as jy jou gedagtes kan verander om alle negatiwiteit uit jou gedagtegang te verwyder.

Jou gedagtes speel 'n belangrike bepalende rol in jou sukses of mislukking. Dink beter, leef beter bied 'n eenvoudige, dog lewensveranderende strategie oor hoe om neerdrukkende gedagtes uit te wis en jou gedagtes te herprogrammeer om positief te dink en sodoende in oorwinning uit te styg.

As 'n kind van die Hoogste God is jy toegerus om enigiets wat na jou kant toe kom, te kan hanteer. Om die doel te bereik wat God vir jou het, moet jy jouself begin sien soos Hy jou sien en die gedagtes vernietig wat jou selfvertroue afbreek. Wanneer jy leer om negatiwiteit te vermy en jouself in te stel op jou roeping, sal die wonderlike planne wat God vir jou het, begin gestalte kry in jou lewe.
Publication date: 2016-12-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796318053

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 230
R 207You save R 23
Romeine 12: 2 "Maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe"_
Met Dink jouself gelukkig wys die wêreldbekende spreker Pieter van Jaarsveld jou hoe jy jou lewe kan omkeer. Hierdie inspirerende boek:
Ontbloot ondermynende mites oor geluk,
Verduidelik dat vreugde vir alle mense beskore is,
Wys hoe jy jou brein kan herbedraad,
Inspireer jou tot 'n positiwe ingesteldheid,
Bevat die nuutste navorsing en tegnieke
Jy kán floreer - hierdie praktiese gids plaas 'n lewe van geluk binne elkeen se bereik.
Publication date: 2015-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432208561

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 99
R 89You save R 10
Ons leef soms bloot van dag tot dag, sonder om te dink waarheen ons op pad is. Dis egter nooit te laat om 'n betekenisvolle lewe te begin leef en vervuld en tevrede te voel nie.
Hoe verander 'n mens jou lewe?

As ons dink aan iets wat ons lewe kan verander, dink ons gewoonlik groot: 'n nuwe werk, 'n verhuising, 'n verhouding wat begin of beëindig word. Soms is dit egter iets kleins wat belangrik genoeg is om 'n groot verskil te maak. Een vraag op 'n slag!

Dit is waar EEN VRAAG PER DAG jou gaan help. Een op-die- man-af-vraag kan die rigting van jou lewe heeltemal verander... Lynette Beer vra 99 vrae oor dinge wat regtig saak maak en jou by lewensveranderende antwoorde sal uitbring. Jy kan op enige tydstip met dié joernaal begin. Skryf bloot vandag se datum by 'n vraag in en gebruik 'n paar minute om daaroor te dink. Skryf jou gedagtes neer en werk dan stelselmatig verder deur die boek. Kyk hoe jou lewe verander

By elke vraag is daar ruimte om op twee verskillende datums 'n antwoord neer te skryf. As die eerste 99 dae om is, kan jy dieselfde vrae weer antwoord. Dit gee jou 'n idee van hoe jou lewe oor 'n paar maande verander het.
Publication date: 2018-08-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415329580

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 170
R 153You save R 17
In Ek Kan, Ek Sal fokus Joel Osteen op die agt onweerlegbare karaktertrekke en eienskappe van hoogs suksesvolle mense. Hierdie persoonlike kwaliteite is getoets oor tyd en alle tipes omstandighede. Hierdie praktiese lewensbeginsels is die wegwyser van vele kampioene:
Skep 'n duidelike visie - waag dit om groot drome te droom
Hardloop jou eie wedloop - Fokus op jou unieke pad en doelwitte
Dink positief - Beheer jou gedagtes en gesindhede
Verwag dat goeie dinge sal gebeur - wees groot geleenthede te wagte
Wees passievol - Steek die vuur binne jou aan en benader die lewe met entoesiasme
Verbind tot uitmuntenheid - doen jou beste en handhaaf hoë standaarde
Hou aan groei - werk aan jou swakhede en hou aan verbeter
Dien ander - Maak 'n belegging van jouself in ander.
Deur hierdie beginsels prakties toe te pas, sal dit jou help om 'n kampioen te word in wat ook al jy aanpak.
Publication date: 2015-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.