●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Nie-fiksie / Non-fiction
History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Results 61 to 75 of 255
Sorted by:  Title
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869192044

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 315
R 284You save R 31
In Die Korannafonteiners vertel Pieter de Jager stories; stories wat bewys dat die werklikheid soms vreemder kan wees as fiksie. Dis geskiedenis, maar die fokus val op mense, en dis hulle wat aan die Ottosdal-omgewing sy unieke karakter gee.
Publication date: 2007-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624052555

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 475
R 428You save R 47
Gerespekteerde historikus Hermann Giliomee volg die weë van vyf van die mees invloedryke Afrikanerleiers.

Vir hierdie boek het hy met talle rolspelers onderhoude gevoer. Baie van hulle is nou bejaard, en wil graag hul ervarings deel, soms vir die eerste keer. Die boek gee dus 'n totaal nuwe blik op die binnewerkinge en denke van die regering tydens apartheid.

Giliomee probeer om nie te verdoem nie (want verdoem is maklik, sê hy) maar om te verklaar. Hoe het dit gebeur dat gerespekteerde leiers vir soveel jaar so 'n onderdrukkende stelsel kon handhaaf?

Die lewens, voorstelle en keuses van Hendrik Verwoerd, John Vorster, PW Botha, Frederik van Zyl Slabbert en FW de Klerk word in diepte bespreek - met soms verrassende en onvoorspelbare nuwe insigte. So bespreek Giliomee die moontlikheid dat Verwoerd self ironies genoeg deur sy onderwyswette die doodskoot aan apartheid toegedien het. Hy vertel hoe Vorster homself as keiser van sy eie ryk beskou het, hoe Botha weens 'n verswygde eerste beroerte aan oordeelsvermoë ingeboet het en hoe die Rubicon-gebeure eintlik op 'n misverstand berus het. In die laaste hoofstukke bekyk hy FW de Klerk wat as Dopper 'n morele raamwerk probeer volg het, maar tog ook sy eie blindhede gehad het.

Stimulerende eietydse geskiedenis uit die hoogste rakke.
Publication date: 2012-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781919825151

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Translator: Johann Rossouw
Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 70
R 63You save R 7
Kolonel (later veggeneraal) Georges Henri Anne-Marie Victor de Villebois-Mareuil (22 Maart 1847 - 5 April 1900) was sonder twyfel een van die kleurrykste figure in die Anglo-Boereoorlog. Sy familie is ná die Slag van Bouvines teen Engeland in 1214 tot die Franse adelstand verhef. Die dagboek wat hy vanaf Oktober 1899 tot met die dag voor sy dood gehou het, is 'n insiggewende tydsdokument oor die eerste paar maande van die Anglo-Boereoorlog.
Publication date: 2000-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781919825823

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 250
R 225You save R 25
Charles Oertel bevind hom in 'n netelige posisie. Hy is 'n skatryk Vrystaatse boer en het sentimente jeens beide magte wat tydens die Anglo-Boereoorlog slaags raak.
Publication date: 2003-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869199371

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 215
R 194You save R 21
Hierdie herdruk van G.D. Scholtz se 1942-publikasie verskyn kort voor die 100-jarige herdenking van die Rebellie van 1914. In Scholtz se deeglike oorsig oor die Rebellie word gebruik gemaak van die indertydse regering se blouboeke wat onder andere die verslae van die Parlementêre en Regterlike Kommissies van Ondersoek na die oorsake van die Rebellie bevat het, asook die herinneringe van deelnemers aan die Rebellie en 'n Duitse bron oor die veldtog in die toenmalige Duits-Suidwes-Afrika.

Volgens Scholtz moet die oorsake van die Rebellie herlei word na die Anglo-Boereoorlog en die meeste Afrikaners se ongemaklike verhouding met die Britse Ryk. Ná die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog is die kommandomagte opgekommandeer. Die regering van genl. Louis Botha het nie duidelik gemaak of slegs vrywilligers gebruik sou word om die Duitse gebied in te val nie, en baie burgers was onwillig om die Britse Ryk se oorlogspoging in Suidwes-Afrika te ondersteun.

Aandag word gegee aan die uitbreek en verloop van die gewapende opstand, die dood van genls. De la Rey en Beyers en genls. Maritz en Kemp se ondersteuning van Duitse troepe. Die belangrikste gevolg van die Rebellie, wat 'n militêre mislukking was, was egter 'n herlewing van die republikeinse ideaal onder Afrikaners.
Publication date: 2013-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781919825526

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 250
R 225You save R 25
Schoeman bied hiermee 'n beeld van die Nederlandse koloniale tydperk in Suid-Afrika aan die hand van eietydse Nederlandse tekste in 'n Afrikaanse vertaling. Die tekste wat hier byeengebring is, is 'n persoonlike keuse van Schoeman wat in die loop van sy navorsing onder sy aandag gekom het en na sy mening insiggewend, interessant of vermaaklik is.
Publication date: 2002-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485311270

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 350
R 315You save R 35
Al is die gebruik van osse as trekdiere lank nie meer deel van die bestaan van die meeste mense in Suid-Afrika is nie, is die land se geskiedenis sonder inagneming van die bydrae van die trekos ondenkbaar. Vir die eerste keer word die benutting en ontwikkeling van die os en die gepaardgaande trektoerusting, met spesifieke verwysing na die trekos as kragbron, in die ontwikkelingsgeskiedenis van Suid-Afrika deeglik bekyk, na waarde geskat en die os en sy toerusting breedvoerig as kultuurhistoriese entiteit beskryf. Hierdie boek is 'n verwerking van die skrywer se verhandeling ingelewer vir sy Magister in geskiedenis aan die Noordwes-Universiteit.
Publication date: 2020-07-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624086741

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 295
R 266You save R 29
Dis 1984. PW Botha is desperaat.
As Nelson Mandela in die tronk sterf, gaan die land ontplof. Mandela, Prisonier 913, weet dat 'n vryheidstryd se uitkoms afhang van of daar met “die vyand” gepraat word. Kobie Coetsee, minister van justisie, weet dat 913, amptelik 'n gevaarlike gevangene, 'n belangrike leier is wat dringend vrygelaat moet word.
In opdrag van Botha begin die enigmatiese Coetsee in die geheim met Mandela praat, die eerste uit die NP om dit te doen. Hulle word spanmaats in 'n ingewikkelde proses op soek na 'n skikking. Boonop sonder die kennis of toestemming van die kabinet.
Skrywer en akademikus Willie Esterhuyse, self betrokke by gesprekke tussen die ANC en die NP, vertel saam met Gerhard van Niekerk die onvertelde verhaal van die onbesonge helde van die oorgang. Mense soos Adèle de Waal en Winnie Mandela. Maar veral Coetsee en Mandela, sonder wie se waagmoed daar geen skikking sou wees nie.

“'n Skatkis van nuwe inligting. Die volledige verhaal word hier vir die eerste keer ontsluier.”
Jan-Jan Joubert
Publication date: 2018-10-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869192471

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 265
R 239You save R 26
In 1996 is die grond van die eertydse sendingstasie Elandskloof in die distrik Citrusdal teruggegee aan enkele oorlewendes en afstammelinge van destydse inwoners van die stasie. Die sendingstasie het in 1961 opgehou om te bestaan nadat die grond aan twee boere verkoop is. Die geval het heelwat aandag getrek, omdat dit een van die eerste geslaagde grondeise van die nuwe Suid-Afrika was.
Publication date: 2009-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620244336

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 20
R 18You save R 2
In Johanna Brandt se veelbewoë lewe het die meetsnoere nie altyd op lieflike plekke geval nie. Die Anglo-Boereoorlog en haar deelname daaraan is nou verweef met haar en Lou Brandt se besondere liefdesverhaal.

Johanna Brandt was 'n merkwaardige
Publication date: 1999-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485300199

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 365
R 329You save R 36
Daar is reeds baie navorsing gedoen en 'n groot aantal publikasies het verskyn oor die geskiedenis van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se tyd aan die Kaap. Nogtans het baie kundiges 'n behoefte aan 'n gesaghebbende publikasie wat die VOC se bewindstyd aan die Kaap volledig sou behandel, geïdentifiseer. 'n Motivering was 'n nuwe belangstelling in die Kompanjiesgeskiedenis en heelwat aspekte van die VOC se verbintenis met Suid-Afrika wat nog nie in die historiografie neerslag gevind het nie. Sewentien medewerkers, wat elkeen 'n deskundige op sy of haar besondere terrein is, is gewerf.
Publication date: 2017-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431427543

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 290
R 261You save R 29
In the South African House of Assembly, on 6 September 1966, Dimitri Tsafendas stabbed to death Prime Minister Hendrik Verwoerd. Afterwards, Tsafendas was declared to be a schizophrenic who believed a tapeworm lived inside him which controlled his actions, and that he had no political motive for assassinating Verwoerd. Pronounced unfit to stand trial, Tsafendas went down in history as a deranged parliamentary messenger. For fifty years, this story prevailed. However, this book now reveals the truth about Tsafendas; that he was deeply political from an early age.
He was arrested numerous times, starting in Mozambique, the country of his birth. In Portugal, the security police opened a file on him in 1938, when he was aged only twenty. After the assassination, Tsafendas volunteered a series of incontestable political reasons for killing Verwoerd, but these, along with details of his political past, were never allowed to see the light of day. This book reveals the extent of the cover-up by South Africa's authorities and the desperate lengths they went to conceal the existence of Tsafendas's opposition to apartheid. The book exposes one of the great lies in South African history, that Verwoerd was murdered by a mad man. It also offers for the first time a complete biography of this extraordinary man.

Advocate George Bizos characterised Dousemetzis's work on Tsafendas and Verwoerd's assassination as 'monumental' and of being 'of major historical importance for South Africa and as to our understanding of Verwoerd's assassination'. Professor John Dugard said 'South African history should know the truth about Tsafendas. Dousemetzis has done South Africa a service by correcting the historical record.'
Publication date: 2018-11-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415207246

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 190
R 171You save R 19
An asteroid the size of Table Mountain crashed into what was to become South Africa over 2 billion years ago, marking the spot. The country's history since then has always been robust and full of energy. This book takes you in record time from that moment, when the earth's richest gold reefs were shaped, to the advent of democracy in 1994, another event that stunned the world, and beyond.

Along the way you will encounter some of the most ancient dinosaurs on record, the very first people on the planet, and the first cultures. You will see outsiders moving in to reshape history: hunters and gatherers, cultivators and herders, iron-workers from the north, and
immigrants from Europe and Asia. They fought and made peace; they stumbled upon gold and diamonds; they rose to the heights of excellence and sank to the depths of oppression, until on one day they all queued as equals to elect a government. That is the story marked
by dinosaurs, diamonds and democracy.
Publication date: 2017-03-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781919825410

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 20
R 18You save R 2
Van der Heyden bespreek insiggewend die rol van die Duitse pers, die Duitse regering se dubbele spel en die openbare mening in Duitsland tydens die Anglo-Boereoorlog. Dit blyk dat vriendskaplike betrekkinge tussen die Boererepublieke en Duitsland nie so probleemvry was soos destydse publikasies aangevoer het nie.
Publication date: 2002-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624073420

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 460
R 414You save R 46
In 1896, kort voor die ABO, vertrek die jong koerantman Eugene Marais uit die Transvaal na Londen, waar hy vyf jaar sal bly. In 1974 verskyn Leon Rousseau se lewensverhaal oor hom, Die groot verlange. Rousseau glo Marais se tyd in Londen is vir die geskiedenis verlore. In Donker stroom leer ons nou presies waarmee Marais tydens die ABO besig was, en dit het veel meer met lord Milner en die Randlords te doen as wat 'n mens jou kan indink . . .

Carel van der Merwe is in 1963 in Johannesburg gebore. Sy eerste roman, Nasleep/No Man's Land, is gekortlys vir 'n aantal pryse. Geldwolf/Shark het in 2009 verskyn, en Skaduwee/Shadow in 2012. Geldwolf is met die Eugène Maraisprys bekroon. Carel woon op Stellenbosch saam met sy gesin en Donker stroom is sy eerste geskiedeniswerk/biografie.
Publication date: 2015-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.