●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798177290

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
R 153You save R 17
17jarige Heibrandt bevind homself in 'n buitengewone skool, waar hy deur streng sekuriteit dopgehou word. In groepsterapiesessies word hy aangemoedig om sy lewensverhaal te vertel. Geleidelik ontvou die nagmerrieverhaal van hoe hy hier beland het - met 'n verband om die gat in sy kop.
Hierdie sielkundige riller neem die leser op 'n spanningsvolle reis, waarin die grense tussen werklikheid en hallusinêre beelding getoets word.
Publication date: 2018-08-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624038399

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 155
R 140You save R 15
Ná 'n lang stilte 'n sensitiewe storie deur dié bekroonde en gewilde jeugverhaalskrywer oor die temas van dwelmmisbruik en homoseksualiteit. 'n Storie wat drama, teater en veral Shakespeare lewendig sal maak vir jeuglesers.

Wat is nou eintlik so duisendjarig aan die hede wat die meeste jongmense vandag beleef?

In ieder geval, hier is sy: Anna Meyer, in standerd agt, en sy moet Juliet speel in haar skool se opvoering van Shakespeare se Romeo en Juliet. Dwarsdeur die manuskrip is die verhaal van Romeo en Juliet 'n basis, en dien as parallelspel vir die dood van Sebast, Anna se ouer broer. Anna en haar suster Elise sukkel steeds om die dood van hul broer te verwerk. Die leser verneem later Sebast het selfmoord gepleeg, waarskynlik as gevolg van sy pa se brute hantering van Sebast en Ching-kung, sy gay vriend, se verhouding.
Hul ouers gaan hou vakansie in verre Rusland, ook as deel van die herstelproses, en kort na hul weggaan begin dinge in die goed geordende voorstedelike huishouding verkeerd loop - sommer op 'n galop. Dit loop lelik verkeerd; 'n mens hou jou asem vir die susters op.

Maar op 'n baie delikate manier, en veral deur die tussenkoms van die fantasie-element van Juliet Capulet, die fantasiekind van William Shakespeare, kom die sake stadig weer reg.

In die middel van die verhaal staan 'n werklik beminlike heldin, 'n bloedwarm standerd agt-kind met 'n aptyt vir die lewe en 'n absolute hartstog vir die verwesenliking van die uitnemendheid in haarself. En sy kry dit reg ook, in 'n goed genuanseerde en dig vervlegte verhaal wat sonder twyfel hope te sê sal hê vir 'n klomp jongmense in klompe voorstedelike huise in ons land.
Publication date: 1998-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309185

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 160
R 144You save R 16
Van kleins af is Dawid Pruyt versot op vlieg. Noudat hy binnekort sestien sal wees, haal hy alles uit om sy studentevlieënierslisensie te verwerf. Hy studeer egter in die geheim, want sy streng pa is geheel en al daarteen gekant. Nietemin, vorentoe beplan hy om sy vlieënierslisensie te kry sodat hy eers by die Suid-Afrikaanse Lugmag se gewilde span Silwer Valke kan aansluit. Maar iets gebeur wat sy droom verpletter.
Sy meisie, Donna Brummer, wat self ook ʼn ernstige terugslag in haar lewe ervaar het, weet egter hoe om Dawid se situasie te hanteer. Ná ʼn vlug Kaap toe, beleef die twee saam die haglike toestande op die Kaapse Vlakte waar die gebruik van dwelms, perlemoenstropery, kaping en moord hoogty vier. Dawid moet sy onsekerhede oor sy eie toekoms laat vaar en fokus op die penarie waarin hulle hulself bevind.
Publication date: 2019-01-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485302506

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 185
R 167You save R 18
Skooldae was 'n jeugreeks op die televisie : 1981 tot 1984 (SAUK). Daar was drie reekse in totaal en 36 episodes.
Dis 'n nuwe skooljaar en soos gewoonlik sien die graad 12's op na die vervelige geskiedenisperiodes. Maar tot hulle verbasing maak meneer Christo de Wet - die nuwe, onervare onderwyser - dié periodes so interessant dat hulle nie anders kan as om aan sy lippe te hang nie. Die graad 12's hou sommer baie van meneer De Wet, dis net jammer van die ander personeellede is nie altyd te vinde vir sy unieke manier van skoolhou nie. Die graad 12's leer egter hierdie jaar meer as net geskiedenis - met meneer De Wet se ondersteuning en aanmoediging leer hulle ook hoe om probleme op 'n volwasse manier te hanteer.

Franz Marx is 'n bekroonde akteur, draaiboekskrywer, regisseur en vervaardiger, met verskeie films, televisiereekse, enkeldramas en minireekse agter sy naam. Sy toekennings sluit in die SAUK-prys vir televisiedramas vir die draaiboek van Die buitestaander (1986) en 'n erepenning vir rolprentkuns (1995). Marx het gedurende die vroeë jare tagtig met die jeugreeks Skooldae sy debuut as televisieskrywer en -regisseur gemaak. Vanweë die sukses van dié reeks het twee opvolgreekse gevolg. Skooldae is in 1982 as roman gepubliseer.
Publication date: 2015-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799370744

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
R 176You save R 19
Soos 'n vuishou in die maag. So tref hierdie bundel kortverhale vir tieners jou. Van die bekendste skrywers in Afrikaans span saam vir 'n boeiende leeservaring. Al die stories in hierdie bundel het een ding gemeen - hulle is uit die perspektief van hedendaagse jongmense geskryf en takel kwessies waarmee tieners hulle sterk kan vereenselwig.
Publication date: 2014-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624085348

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
R 176You save R 19
Dit is 2317. Die jong reisigers van ||Hui !Gaeb is op verskillende plekke in Chinafrika vasgevang.  Amber en Shivani wag by die Kangogrotte. Kaleb is betower deur 'n skynbestaan in sy sonstad Aksum. Shaka probeer oorleef op 'n verlate eiland en in Egipte skei Kara en Mohlomi se paaie ook. Wat beteken die magiese voorwerp wat Kara en Mohlomi by die Isisbeeld gevind het? Is dít die sleutel wat die slapende ouers sal wakker maak? Snak is 'n spannende soek- en trekverhaal van geloof, hoop en liefde.
Publication date: 2018-10-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869198152

Kinders: Tieners

Translator: Daniel Hugo
Kinders  -  Tieners
R 165
R 149You save R 16
'Kom ek kyk of ek dit reg verstaan. In Knocke word wapens vervaardig. Dit word aan El-Ende verkoop, sodat die mense daar mekaar aan flarde kan skiet. 'n Deel van die geld wat in Knocke met die wapenverkope gemaak word, gaan na Spalk. Met daardie geld gaan die mense van Spalk die gewondes in El-Ende versorg en die gebombardeerde huise weer opbou. Kortom, hulle gaan die skade weer ongedaan maak. Dit is mos malligheid.'
Publication date: 2012-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624081968

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
R 176You save R 19
2017 Sanlam Prys vir Jeuglektuur - Silwer

Peet Rautenbach het 'n donker geheim: sy obsessie met die blonde juffrou Reynolds. En die stem in sy kop. Hy hoor dit al sy lewe lank. Toe die polisie begin vrae vra oor meisies wat verdwyn en gerugte van 'n reeksmoordenaar die rondte begin doen, is immer-voorbeeldige Peet skielik die middelpunt van die ondersoek. Hy leer ken Port Elizabeth se Goth-onderwêreld, waar die makeup en maskers meer as net die identiteit van die partytjiegangers toesmeer, en waar Peet se stem uiteindelik 'n naam kry.
Publication date: 2017-11-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798175340

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 175
R 158You save R 17
Hierdie stil, maar stemmingsvolle ​coming-of-age ​roman, beskryf die onwaarskynlike vriendskap tussen twee seuns soos hulle die oorgang na volwassenheid betree tydens die somervakansie aan die einde van hulle laaste skooljaar. Saam eksperimenteer hulle met hul nuutgevonde vryheid - met meisies, drank, en selfs vandalisme. Maar daar is ook besluite om te maak oor die toekoms. En beide van hulle word teruggehou deur moeilike gesinsverhoudinge.
Publication date: 2018-01-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9780928316162

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 150
R 135You save R 15
Die mans in Rose se lewe het haar almal in die steek gelaat. Na haar boetie, Gerard, se dood het haar ouers ook van haar vergeet. Deesdae kyk haar ma hopeloos te diep in die bottel en dwaal haar pa se oog heeltemal te veel. Vir Rose is hulle net Blackie en Verona, die mense met wie sy 'n huis moet deel tot sy agtien is. Haar laaste hoop en anker was Rodriek, maar ook hy begin vreemd optree. Hoekom maak hy asof sy saam met hom iets spesiaals gedeel het? Het hy haar drankie gedokter om haar in die bed te kry? Hoekom kan sy niks van die aand onthou nie? Vir die eerste keer in haar lewe is Rose werklik alleen. Selfs haar boesemvriendinne mag nie die detail van die verskriklike aand weet nie. In 'n tyd waar niks sin maak nie, is Rose van een ding seker: sy moet Rodriek terugkry. As sy haar kaarte reg speel kan sy dalk haar ouers se aandag ook terugkry. Sorrie maak nie gesond nie is 'n verhaal van oorsaak en gevolg, waarheid en leuens en wat dit beteken om verantwoordelikheid vir jou eie lewe te neem. Anzil Kulsen toor met woorde sodat jy wegraak in 'n onvoorspelbare verhaal van vriendskap, berou, liefde, drome en wraak. Met Anzil se sukses tot op hede, is dit geen verassing nie dat hierdie boek moeiteloos alle rasse en kulture insluit sonder om 'n wroeg-en-preek-boek te wees.
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799389241

Kinders: Tieners

Translator: André Trantraal
Kinders  -  Tieners
R 190
R 171You save R 19
Hardloop. Dis al wat Spoekie ken. Van die aand dat Spoekie se pa hom en sy ma met 'n geweer in die straat afgejaag het, hardloop hy vir al die verkeerde redes. Vasgevang in 'n omgewing vol geweld en misdaad, sien Spoekie geen uitkomkans nie. Al wat hy doen is moeilikheid maak - en daarvan weghardloop. Tot die dag wat hy vir Coach ontmoet - Coach wat al Olimpiese medaljes gewen het en die natuurlike talent in Spoekie dadelik raaksien. Spoekie kan die beste atleet in die stad word. Maar gaan sy verlede hom inhaal, of gaan hy uiteindelik leer jy kan nie vir jouself weghardloop nie?
Hierdie boek deur die veelbekroonde Jason Reynolds is meesterlik deur André Trantraal in Kaapse Afrikaans vertaal vir 'n voorheen onontginde mark. Lesers sal hulself met hierdie karakters en konteks kan vereenselwig soos nog nooit tevore nie. Maar dis uiteindelik Spoekie self wat inderdaad by die leser bly spook - 'n karakter met so 'n komplekse en outentieke reis dat die leser vasgebind bly aan die verhaal lank nadat die boek klaar is.
Publication date: 2019-04-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9781919765068

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 75
R 68You save R 7
Tienerspoke, die Hawermoutman, 'n tokkelossie, Mnr. D. Ood, 'n hotel met vreemde inwoners en 'n monster-medikus ... Fantasi se splinternuwe spookbundel met 13 kraakvars grilstories propvol vrees, moord, spoke, lyke en bloed ... Is jy dapper genoeg?
Publication date: 2010-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799395037

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
R 180You save R 20
Warno Alberts is 'n doodgewone ou wat in doodgewonde Sekelrivier bly. Behalwe dat hy geheime lêers het waarin hy die doen en late van spoke neerskryf. Daar is ook 'n paar spoke wat hóm dophou ... Die boek bevat 'n aantal spookstories met dieselfde hoofkarakter in al die stories.
Publication date: 2019-08-16
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639601267

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 220
R 176You save R 44
SPOKE BESTAAN NIE.
MOET DUS NIE BANG WEES NIE.
HULLE KAN JOU NIKS DOEN NIE.
MAAR WEET HÚLLE DIT?
Warno Alberts is onder die indruk dat hy 'n nuwe begin kan maak ná sy ontmoetings met spoke in Spooksoeker # 1. Ongelukkig is dit nie sy lot nie. Sy pad kruis weer met 'n reeks geheimsinniges en spoke. Nie net kom hy van aangesig tot aangesig met die berugte spookmeisie van Uniondale, die geheimsinnige man in swart, en die grusame bruid nie, maar hy ontdek ook die ander spooksoeker ...
Publication date: 2020-08-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485304074

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 160
R 144You save R 16
Spooksoene is die verhaal van Micki (Muis) wat deur haar agterbakse vriendin, Roxy, geboelie word. Sy ontvang 'n geheimsinnige uitnodiging na die hotel op Skimbaai waar haar silwerdoekheld, Voltaire-X, se nuwe riller verfilm word. Micki brand om 'n rol teenoor Voltaire los te slaan, maar het nie 'n kans teen die beeldskone Roxy nie. Boonop kom sy gou agter alles is nie pluis in die Spookhotel nie ... Hoe oorkom jy 'n yslike puisie op jou neus, 'n aanstellerige vriendin en grillerige ligte wat jou snags na kamer 13 lok? Wat is agter die toe deur? En wie is die Sieleslurper? Micki ontmoet vir Aldo, 'n seun wat vakansiewerk in die hotel doen, en saam beleef hulle 'n avontuur waarin hulle die spokerige geheim ontrafel. Wanneer Micki uiteindelik van aangesig tot aangesig kom met die Sieleslurper, kan sy haar eie oë nie glo nie ...
Publication date: 2015-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.