●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798180313

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 165
R 149You save R 16
Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om Graad 9 te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur 'n meisie. Sy tweelingsussie wil opsluit deel word van Mars One sending na Mars. Hul verstrooide ouma val vir 'n internetslenter en dan is daar Harold, sy ma wat kuns doseer se menslike geraamte, wat die studente in opstand bring en konflik tussen sy ouers saai. Dalk is Wim se LO-taak die antwoord om dinge weer op koers te kry.
Publication date: 2020-05-27
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799377248

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
R 162You save R 18
Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.
Publication date: 2016-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624049401

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 174
R 157You save R 17
Hanna het 'n ongelooflike verbeelding en sy is boonop baie slim. Dis waarom sy so baie vrae vra en dis hieroor dat sy die bynaam 'Hanna Hoekom' kry.

Op 'n dag besluit haar eksentrieke ma dat die hele familie saam moet vakansie hou in 'n ou huis in die berge, waar die hele familie gestrand raak.

Dis seker nie so erg nie, maar Hanna Hoekom se familie sluit in 'n gay biologiese pa, 'n stiefpa wat 'n akteur is, twee stiefbroers en 'n irriterende klein half-boetie!
Publication date: 2010-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799383805

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
R 176You save R 19
Stories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of 'n traan laat wegvee. Stories wat wéét hoe dit voel om sestien te wees.

Bekende skrywers soos Christine Barkhuizen le Roux, Christo Davids, Carina Diedericks-Hugo, Nelia Engelbrecht, Jaco Fouché, HemelBesem, Jaco Jacobs, Eldridge Jason, Anzil Kulsen, Christien Neser, Nathan Trantraal, Jan van Tonder, Fanie Viljoen, Jan Vermeulen en Elizabeth Wasserman span saam met 'n klompie opwindende nuwe stemme in hierdie fantastiese nuwe bloemlesing wat op ouer tieners gemik is.

Marieta Nel en Adinda Vermaak het as samestellers reeds twee topverkoper-kortverhaalbundels die lig laat sien: Sweef (2009) en Skreeu (2010). Albei bloemlesings het wyd lof ingeoes en is landwyd deur skole voorgeskryf. Hul nuutste bloemlesing bevat 27 splinternuwe stories deur van die mees gerekende skrywers in Afrikaans. Dit is gemik op lesers in graad 10 en 11 en is net so vars, vernuwend en toeganklik soos sy voorgangers.
Publication date: 2017-11-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624077473

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 185
R 167You save R 18
In Boskloof is vreemde dinge aan die gebeur. Vrouens verdwyn spoorlos en onverklaarbaar. Terselfdertyd word Kali bewus van stemme in haar kop. Probeer iemand vir haar iets sê? En dan is daar die merk agter haar nek... dit was nog altyd daar, maar nou brand en gloei dit. In Boek 1 vind Kali en haar vriende uit hulle is Bewakers, 'n groep waarvan hulle reeds van geboorte deel is. Die Ander bedreig weer die Poort en die Bewakers word byeengeroep.
Publication date: 2016-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624077503

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 185
R 167You save R 18
Die viermanskap Leonardo, Kali, Nomsa en Tara pak die reis deur die onderwater-poort aan. Die groep nuwe Bewakers se Kragte en Magte is nog nie ten volle ontwikkel nie , maar tog oorreed Tara hulle om saam na haar ma te gaan soek. Maar in hulle haas reis daar per ongeluk twee van die Ander saam deur die Poort terug . . .
Publication date: 2016-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624077534

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 185
R 167You save R 18
In die derde aflewering van Nelia Engelbrecht se fantasieverhaalreeks Die Poort val nog meer van die legkaartstukke vir die vier Nuweling-Bewakers in plek. Die boek skop opwindend af wanneer Kali-hulle terugreis in tyd en haar Hugenote-voorouers ontmoet. Terug op Bospoort kom die skoolvakansie nader, en Kali moet saam met Leonardo, Tara en Nomsa Italië toe reis terwyl Zak alleen agterbly. Sal sy ooit haar Bewaker-geheim met hom kan deel?
Publication date: 2017-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624077565

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 185
R 167You save R 18
Kan die jong Bewakers van Bospoort staande bly teen die donker magte van planeet Mitigon? Is hulle kragte en magte sterk genoeg om weerstand te bied teen die bose Chanda-Mundia? In boek vier van die Poort-reeks moet Kali nie net haar vriende lei in die aanslag teen Chanda-Mundia en sy volgelinge nie, maar moet sy ook moeilike keuses maak. Te midde van hierdie moeilike keuses, liefdesdriehoeke en donker geheime ontdek Kali dat oorwinning teen 'n prys kom . . . 'n prys wat haar kan vernietig.
Publication date: 2017-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624076537

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 175
R 158You save R 17
'n Aangrypende verhaal oor vriendskap, verlies en die demone wat tieners moet takel in die proses van grootword, geskryf in die taal van vandag se tiener. Die hoofkarakter is 'n 16-jarige seun wat versot is op branderplankry, 'n karakter met wie tieners, en veral seuns, maklik sal kan identifiseer.

Dié boek was een van die wenners van die Sanlamprys vir Jeuglektuur in 1996. Deur die skrywer van die hoogs suksesvolle Aliens en engele.
Publication date: 2015-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485311614

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 160
R 144You save R 16
Dis die eerste oop naweek vir die graad 8's. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! Almal weet sy is so koud soos 'n vrieskas. Reg om jou plat te vee sonder om 'n oog te knip. Wat as Joachim reg is en sy Pieter laat verdwyn het?
En dan is daar die mans met die swart pakke - wat niemand wat iets van hulle af weet lewend sal los nie … Wat sou dit wees waarna hulle soek?

Hoërskool is nie vir sissies nie!
Publication date: 2020-07-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310013

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 160
R 144You save R 16
Ná 'n maand in Rietvallei Hoër is Daniël du Randt 'n Rietrot tot in sy kleintoontjienael se voorste punt. Peet Pretorius het egter steeds nie die boodskap gekry dat ontgroening, oftewel oriëntering, nie meer plaasvind nie en Daniël-hulle moet mooi loop om uit sy kloue te bly.
Dat hulle boonop die kwaai juffrou Faure, wat saam met haar man 'n spioen in een of ander oorlog was, se papegaai moet oppas, maak die lewe nie juis makliker nie.
Tussendeur oefen die seuns kliphard vir die groot atletiekbyeenkoms in Johannesburg. Dié uitstappie ontaard egter in iets wat Daniël nie in sy heel wildste verbeelding sou kon voorstel nie.
Hoërskool is nie vir sissies nie!
Publication date: 2020-03-09
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309987

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 160
R 144You save R 16
As Rietrot moet jy jou plek ken, besef Daniël du Randt met die intrapslag in Rietvallei Hoër. Almal sê daar bestaan nie iets soos ontgroening nie, maar hierdie matrieks het duidelik nog nie die boodskap gekry nie. Gelukkig het hy vriende soos Malebo, Antonie en Giovanni, want Peet Pretorius eet graad 8's vir ontbyt en spoeg hulle soos fyngekoude grate uit. Een vir een.
Wanneer Daniël en Malebo een nag uit die koshuis glip en hulle vasloop in 'n skelm - wat vir Peet soos 'n lammetjie laat lyk - begin hulle probleme werklik. Moet hulle vir iemand daarvan vertel? Kan hulle dit waag? Sê nou daardie ou kom een donker nag terug om sy dreigemente uit te voer?
Hoërskool is beslis nie vir sissies nie!
Publication date: 2019-07-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485304517

Kinders: Tieners

Translator: Daniel Hugo
Illustrator: Fiel van der Veen
Kinders  -  Tieners
R 170
R 153You save R 17
Niemand het nog ooit die Rooi Prinses gesien nie, want sy het agter die mure van die Wit Toringpaleis grootgeword. Eers op haar twaalfde verjaardag kom sy uit om in 'n feestelike optog aan die volk bekendgestel te word. Dit is 'n lang stoet van rytuie vol waardige persone, met heel aan die einde die rooi koets waarin die prinses sit. Die volk rek hulle nekke om haar uiteindelik te sien, maar voor enigeen 'n glimp van haar kan kry, gebeur iets verskrikliks. Woeste rowers storm nader en ontvoer die prinses met koets en al in 'n wilde rit die stad uit en die wildernis in.
'Hoe vreeslik!' dink almal. Maar dan begin sommige mense wonder of dit nie alles net toneelspel was nie. Bestaan die Rooi Prinses regtig? Niemand het haar dan met 'n oog gesien nie. En daardie rooihaarmeisie wat in vuil klere stoksielalleen deur die wildernis dwaal, is dit 'n prinses? Elke meisie van twaalf met rooi hare kan mos nou sê sy is die Rooi Prinses. En dit gee iemand 'n blink idee ...
Publication date: 2015-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799383614

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
R 95You save R 95
Adele was nog altyd versot op kuns. Dit was haar díng. Maar sedert die begin van die jaar kry sy skielik vrot punte. Dalk hou die nuwe kunsjuffrou nie van haar nie. Hoekom sukkel sy so met haar selfportret vir die volgende klasprojek? Is dit omdat sy haar bos rooi hare en kurwes so verwens? Die afgelope tyd voel dit buitendien of 'n groot hand haar wêreld gevat en geskud het. Soos daai ou bordspeletjies wat hulle kleintyd saamgevat het op vakansies. Iemand stamp per ongeluk net liggies aan die Slangetjies-en-leertjies en al die knope en dobbelsteentjies is deurmekaar, en niemand het meer 'n cooking clue of hulle naby die einde of die begin is nie. En dit alles begin die middag toe sy van die skool af stap en 'n leeu in hulle tuin ontdek ... Hierdie nuwe jeugverhaal uit die pen van die bekroonde Annelie Ferreira is 'n holderstebolder-wipwarit vol humor, romanse, aksie en avontuur.
Publication date: 2017-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485302445

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
R 153You save R 17
Met hierdie verhaal fokus Dolf van Niekerk weer eens op 'die buitestander/outcast'. Die buitestander se groot verlange is om nie 'n buitestander te wees nie, maar deur omstandighede is hy gewerp in 'n situasie van eensaamheid waaruit hy nie kan ontsnap nie. Die grootste behoefte van die buitestander/uithuisige figuur is om 'tuis' te kom.

Die jong rebel, Diederik Versveld, is 'n buitestander - alleenmens, enkeling, vreemdeling op aarde. Hy is op soek na lig - hoop, uitkoms, rede. Ná sy broer se wrede dood gedurende die 1914-rebellie, begin hy by die goudmyne werk waar hy onwillig betrek word by die mynstakings. Hy word willoos deur die onstuimigheid van sy tyd rondgeslinger, maar vir hom is daar niks wat 'n standpunt werd is nie - hy is niemand, niks, nêrens.
Publication date: 2014-12-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.