●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485308799

Kinders: Tieners

Translator: Kobus Geldenhuys
Kinders  -  Tieners
R 200
R 180You save R 20
Hierdie storie gaan oor 'n jong towenaarseun en 'n jong krygermeisie wat van geboorte af geleer is om mekaar soos gif te haat.
Die storie begin met die ontdekking van
'N REUSAGTIGE SWART VEER.
Is die towenaars en krygers dalk so besig om teen mekaar te baklei dat hulle nie agterkom dat 'n oeroue bose mag teruggekeer het nie?
Is daardie veer dalk regtig 'n hekseveer?
Publication date: 2018-08-28
Click to enlarge
Click to enlarge

2

9780798180252

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 185
R 148You save R 37
Die ongeluk het Kylie se lewe uitmekaargeruk. Sy het haar linkerhand verloor en haar jonger sussie, Lieke, is vir altyd weg. 
'n Onbeplande road trip saam met haar eksentrieke oupa en sy jong assistent, is Kylie se kans om te ontsnap. En miskien is dit haar geleentheid om iets vir Lieke te doen; om 'n paar goed op haar sussie se bucket list af te merk.
Dit word 'n vakansie wat Kylie nooit sal vergeet nie. 'n Reis terug na haarself, na heelword.
Publication date: 2020-05-27
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869198503

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 150
R 135You save R 15
Die hoofdogter Beatrice Malan het die perfekte lewe: sy word gekroon tot 'rugbyprinses' en gaan uit met die gewildste ou in die skool - die rugbykaptein. Maar sy raak verlief op 'n surfer van die 'verkeerde kant van die spoorlyn'.
Skielik vermy haar vriende haar en stamp sy koppe met haar skoolhoof-pa. Wat moet sy doen? Haar ore toedruk en die golf ry saam met haar nuwe ou? Of moet sy aanvaar dat 'n verhouding tussen twee mense uit totaal verskillende wêrelde nie kan werk nie? Boonop sweer die rugbykaptein wraak op Bea se nuwe liefde ...
Publication date: 2012-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624035459

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 140
R 126You save R 14
Die eerste Bo-Kaapse jeugroman in Afrikaans, gebaseer op die hoogs suksesvolle musical met dieselfde naam. Ice en Diekie glo, soos Romeo and Juliet, dat daar nog nooit 'n liefde soos hulle s'n was nie. Tot die nag waarin 'n loeiende polisie-sirene en skote wat klap 'n keerpunt in hulle lewens bring.
Publication date: 1997-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798136624

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 142
R 128You save R 14
Ditsem, Dawid! is 'n roman wat handel oor Dawid Kroukamp, wat saam met drie ander ouens, wat hy skaars ken, op die jagveld beland. Hy is die nuweling in die skool en het sy pad tot reserwe van die eerste rugbyspan oopgespeel.
Publication date: 2006-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624090465

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 250
R 200You save R 50
Greg Owen, voormalige hoofseun van Lawson Kollege en kuberkraker van formaat, is 'n eerstejaar-Matie na die jaar waarin sy gesin se lewe uitmekaar val. Sy pa en Dok Pienaar is ontmasker as die Baker en die Candlestick Maker van Project Nursery Rhyme en is agter tralies. Maar wie en waar is die Butcher? Greg sal nie kan rus tot die derde lid van die gewetenlose driemanskap aan die pen ry nie. As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe . . .
Publication date: 2020-06-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869192211

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 165
R 149You save R 16
Vir Fanie, Japie en Piet 'is daar twee groot ideale in die lewe: om saam met hul pa Bosveld toe te gaan en om eendag saam met hom oorlog toe te gaan'. Uit die bloute daag oom Gert by hulle huis op en vra Fanie se pa om saam te gaan jag in die Bosveld. Die seuns kan beswaarlik hulle geluk glo toe oom Fanie aankondig dat hulle mag saamgaan.
Publication date: 2008-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799383621

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 155
R 140You save R 15
Dans is Byron Carelse se hele lewe. Dit is sy energie, sy passie, sy geluk ... sy vonk. Wanneer die ritme sy lyf beetkry, vergeet hy van die probleme wat by die huis op hom wag. Sy beste vriendin, Tasha, sê altyd hy moenie toelaat dat ander mense sy vonk steel nie. Maar sy weet nie van die dinge wat by sy huis gebeur nie. En dalk is dit beter so. Wat sal sy van hom dink? Op 'n dag sien iemand Byron se talent raak. Hy kry saam met 'n groepie ander township-kinders die kans om deel te wees van 'n glansryke vertoning by die kunstefees. Die kans om groot drome te droom ... groter as die township waar hy bly. Maar wat doen jy as die lewe jou drome probeer steel? Hierdie splinternuwe jeugroman uit die pen van Fanie Viljoen is in eenvoudige, maklik verstaanbare taal geskryf - perfek vir trae lesers of lesers wie se tweede of derde taal Afrikaans is.
Publication date: 2017-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624030096

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 150
R 135You save R 15
Eenkantkind is 'n sensitiewe grootwordstorie en een van Marita van der Vyver, bekende skrywer van Griet skryf 'n sprokie, se heel eerste boeke. Vir Jana voel alles net verkeerd - haar gesig, haar neus, haar nuwe lang, maer meisielyf.
Publication date: 1997-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799354966

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
R 171You save R 19
Frankie se gesin is anders. Behalwe dat haar pa soos Atilla die Hun lyk, met sy wilde hare en harige voorarms, kom hy van Vlaandere en hy praat nog steeds Nederlands - en soms 'n bietjie Frans as hy Frankie wil treiter. Hy ry met 'n Big Boy-bromponie en het sy eie kookskool. Haar ma, weer, het in die hippie-jare vasgesteek, dra batik-broeke en het die hele planeet en al sy bewoners lief. Dis waarom sy lensies eet en V8-groentesap drink.
Publication date: 2012-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624090816

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
R 171You save R 19
Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval 'n ontstellende gesprek af. Boonop word die twaalf balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer!
Publication date: 2020-08-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624087458

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 185
R 167You save R 18
Die sestienjarige Alicia word na Oxford gestuur om te gaan kyk hoe dit met haar suster gaan. Inez het innoverende nuwe programmatuur ontwikkel, maar 'n onderduimse professor probeer dit verkoop. Voor sy weet waarin sy haar begewe, steel Alicia die verlore dagboek van Charles L. Dodgson, beter bekend as Lewis Carroll. Dit bevat 'n formule wat Inez se werk ver kan laat vorder. Met SkyTech kort op haar hakke maak almal op Alicia staat om die Wonderland-program te beskerm . . .
Publication date: 2019-09-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624077442

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 185
R 167You save R 18
'n Studiereis na Parys was die laaste ding wat Emma vir haar 16de verjaardag wou hê!  Sy word egter gou oorrompel deur die skoonheid van die stad. Boonop is daar Luc, Madame Flaubert se seun, wat gids speel en die stad se bes bewaarde geheime vir Emma oopsluit. Soos dat die sleutels tot Parys as middelpunt vir musiek, argitektuur en letterkunde deur drie muses gedra word. Na elke eeu moet hierdie sleutels aan Parys se burgemeester oorhandig word. Maar wat het dit met Emma te doen?
Publication date: 2016-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624085805

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 185
R 167You save R 18
Danika ontmoet uiteindelik die man wat sy net van 'n ou foto af ken: haar pa, bewaarder op 'n eiland in die Seychelles! Die heel eerste aand op die eiland hoor sy toevallig van 'n ryk sjeik wat sy oog op die eiland het. Wat daarvan as hy nie werklik belang stel in ekotoerisme nie, maar in die finansiële gewin uit 'n painiet-myn?  Uit die bloute kom nog bekendes uit Kaapstad op Cousin aan . . . So word dit elf dae wat Danika nooit sal vergeet nie!
Publication date: 2018-09-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799347623

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
R 171You save R 19
Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorlê. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel:
1. Beskaafde mense hou nie vakansie in 'n tent in die diepste bosse van Botswana nie.
2. Sy mis haar twee beste vriende, Estelle en Chanelle, en die winkels en partytjies in die stad.
3. Zero selfoonontvangs.
4. Die familie en haar pa en ma se universiteitsvriende, die Mosterts, kom sak en pak saam.
5. Die Mosterts se twee irriterende, beterweterige, chauvinistiese, kondensmelkdrinkende seuns, Divan en Alex. Twee dorpsjapies. Twee koshuisbrakke. Wat haar boonop ignoreer. Vir háár, Elle-Belle. Geen normale ou met gesonde hormone het haar nog ooit geïgnoreer nie.
Maar in die bosse van Botswana ontdek Elle boonop 'n nare geheim oor haar ouers ... en teen wil en dank moet sy die twee seuns beter leer ken.
Publication date: 2010-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.