●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485307730

Kinders: Tieners

Translator: Helene de Villiers
Illustrator: Dieter Braun
Kinders  -  Tieners
R 265
R 239You save R 26
Momo is Michael Ende se klassieke sprokiesroman vol poësie oor die towerkrag van tyd.
Momo, 'n klein, verflenterde dogtertjie, woon aan die rand van 'n groot stad in die ruïne van 'n amfiteater. Sy besit niks buiten dit wat sy vind of wat sy van ander ontvang nie, maar sy het 'n buitengewone gawe: Sy luister werklik na ander en gee vir hulle tyd. Een dag ruk die gruwelike grys menere met hulle loodgrys aktetasse en sigare in die groot stad op en begin om die kosbare tyd van die mense te steel. Momo is die enigste een wat die donker mag van die tyddiewe kan beteuel.
Publication date: 2018-08-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639601281

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 150
R 120You save R 30
Môre begin die toekoms ... In hierdie dramateks neem vier vriende afskeid van hulle skool, hulle vriende, hulle kindwees ... en dalk hulle drome. Dis matriekafskeid - die wonderlikste aand in elke tiener se lewe. Maar wat gebeur wanneer dit verby is, wanneer selfs die after party end kry? Vier jongmense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Liza, Quin, Noku en Wayne kom elkeen uit verskillende agtergronde en die toekoms lyk ook vir elkeen van hulle anders.
Publication date: 2020-10-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869198190

Kinders: Tieners

Translator: Daniel Hugo
Kinders  -  Tieners
R 170
R 153You save R 17
In die Nederlandse provinsie Limburg naby die dorp Sittard staan 'n verwaarloosde huis - 'n huis waar die sussies Muulke, Fing en Jes maar langtand is om in te trek. Van tragiese tragedies en 'n ewige gerondswerf het hulle in hul kort lewens al genoeg gehad. Wie wil immers in 'n bouvallige kasarm met 'n voordeur aan die agterkant en 'n drumpel op kniehoogte woon - en dan nog rekening hou met 'n pa wat vas glo éérs glo, dan sien? Maar wanneer die meisies 'n eienaardige ontdekking in die kelder maak, beland hulle op die spoor van 'n fassinerende verhaal: 'n Verhaal van swerwers, verbode liefde en gebreekte beloftes - en van spoke wat wel tot rus gebring kan word.
Publication date: 2013-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799349740

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
R 90You save R 90
In Nova: Die Begin is Lucas en sy vriende op skrikwekkende wyse na 'n VVV weggevoer. Hulle het ontsnap en nou keer alles weer terug na normaal. Of só dink Lucas ... Hulle mediese toetse wys dat alles piekfyn is, maar dan waag Lucas dit om vir sy pa te vertel wat in die VVV met hulle gebeur het: 'Die aliens het ons vasgemaak op tafels, Pa.
Publication date: 2011-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799391176

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 210
R 189You save R 21
By die Nova-weermagbasis word geheime weggesteek. Gevaarlike geheime.
Iets is nie pluis op die weermagdorp Nova nie. Nadat Lucas een aand vreemde ligte in die naghemel gewaar, begin hy allerlei geheime oopkrap. Geheime oor besoekers uit die buitenste ruimte. Geheime waarby nie net Lucas nie, maar ook sy beste vriende en selfs sy gesin betrokke is. Gevaarlike geheime ...
Die eerste drie titels in Fanie Viljoen se naelkou-wetenskapsfiksiereeks is nou in 'n omnibus beskikbaar:
Die begin
Iets is nie pluis in die dorpie Nova nie. Wat is die vreemde ligte wat Lucas en die res van sy gesin een aand op pad terug van vakansie sien? Waarom jok sy pa vir hom? Waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte waarmee hulle agter hoë heinings besig is? En wat is die glibberige swart ding wat Lucas in die rivier gesien het? Voor hy sy oë uitvee, word Lucas en sy vriende deel van 'n wilde avontuurrit vol tergende - en gevaarlike - raaisels.
Vuurdoop
Dit is vir Lucas en sy vriende steeds onwerklik om te dink hulle is vroeër ontvoer. Deur ruimtewesens. Maar gelukkig is al vier van hulle nou veilig, en dinge op die weermagdorp, Nova, kan terugkeer na normaal. Als is egter nie pluis nie. Watter geheime skuil nog agter die hoë heinings van die Nova-eenheid? Wat sal gebeur as Lucas se pa uitvind die ruimtewesens het hulle geopereer? Wat beteken die vreemde aanvalle wat Lucas kry en wie is die geheimsinnige Sterreloper wat vir hom boodskappe stuur? En hoe lank voor die geheimsinnige ruimteskepe weer hul verskyning maak?
Bloedbroers
Lucas wens hy kan alles vergeet wat gebeur het ... Hy wil vergeet van die aand toe hy die eerste keer die vreemde ruimtetuig gesien het. Vergeet van die ruimtewesens wat hom en sy vriende ontvoer het. Vergeet van die vreemde voorwerpe wat daar op die ruimtetuig in hul koppe ingeplant is - en die vreemde kragte wat hulle daarna gekry het. Bowenal wil hy vergeet van die grusame vliegtuigongeluk waarin een van sy vriende dood is. Maar die Nova-weermagbasis is 'n plek vol geheime. Is Lucas en sy vriende gereed om die grootste geheim van almal te ontdek?
Publication date: 2019-02-14
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799393170

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 230
R 207You save R 23
Vir Lucas en sy vriende sal niks ooit weer dieselfde wees by die Nova-weermagbasis nie.
Daar is geheime op Nova - gevaarlike geheime. Alles het begin met vreemde ligte in die naghemel, besoekers uit die buitenste ruimte, Lucas en sy vriende wat ontvoer is deur ruimtewesens - en eksperimente in Nova-eenheid se laboratoriums. Lucas en sy vriende het baie dinge deurgemaak en uitgevind. Maar daar is nog steeds vrae - en die Eindspel is nog op pad.
Die laaste twee titels in Fanie Viljoen se naelkou-wetenskapsfiksiereeks is nou in 'n omnibus beskikbaar:
Sterreloper
Lucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oë die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale ...
Maar daar is geheime wat Lucas steeds nie ontrafel het nie. Wie is die geheimsinnige Sterreloper wat gereeld vir hom boodskappe stuur? Wat beteken die vreemde visioen wat hy in sy broer se oë gesien het? En waarom wil die grootkoppe van Nova-eenheid hom en sy vriende skielik met vakansie see toe stuur? Kan hulle werklik die vrede vertrou?
Eindspel
Lucas Niemand keer terug na Nova. Maar dan kom die skok: Sy vriende onthou glad nie meer van hulle ontmoetings met ruimtewesens of hulle spesiale kragte nie. Hulle weet ook nie waar Lucas al die tyd was nie - vasgevang in 'n nagmerrieagtige, donker ruimteskip waar aaklige goed met hom gebeur het nie.
Die Eindspel het reeds begin, besef Lucas.
Maar sal hy uit die kloue van die donker ruimtewesens kan bly? Watter geheim dra Troy in hom? Waar kom die drie nuwe alien-tieners vandaan en wat wil hulle van Lucas hê? Hoekom vind Lucas nou eers van die Slaper uit - iemand wat nie is wie hy voorgee om te wees nie? Maar die belangrikste van al die vrae: Sal Lucas Niemand die skrikwekkende Eindspel oorleef ...?
Publication date: 2019-03-04
Click to enlarge
Click to enlarge

5

9780639601779

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 225
R 180You save R 45
Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie...
Dertig soldate kry van kleintyd af intense weermagopleiding in 'n distopiese staat.
Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front.
Een van hulle vermoor hul seksieleier.
Almal ontken hulle is skuldig.
Wie van hulle lieg?

Wenner van die LAPA Jeugromankompetisie in 2019. Hierdie roman kan beskryf word as 'n jong volwasse 1984. Een van die beoordelaars skryf: “Hierdie verhaal is een van die beste wat ek in 'n lang tyd in Afrikaans gelees het.” Suid-Afrikaanse tieners sal kan identifiseer met temas van geweld, verlies van identiteit en boeliegedrag. Hierdie is 'n uitdagende en grensverskuiwende roman; die eerste van sy soort in Afrikaanse jeugliteratuur.
Publication date: 2020-09-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869195816

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
R 153You save R 17
Kom luister saam na hierdie heerlike versameling Zulu-volksverhale - van grappig en ondeund tot groot en grieselrig - soos aan die skrywer vertel deur 'n wye spektrum Zulu-sprekers uit die Vryheid-omgewing. Of jy nou self met stories van Mzimi en Magilogilo grootgeword het of nie - die verhale is onontbreeklike leesstof vir elkeen wat hom- of haarself 'n kind van Afrika noem!
Publication date: 2012-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780636124301

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 148
R 133You save R 15
Hierdie dramatiese jeugroman speel af op 'n plaas in die Karoo. Die hoofkarakter, Stefan, word oorheers deur sy bitter, manipulerende ma terwyl sy pa gereeld ontvlugting soek van die verlede en hul omstandighede op die plaas. Die leser word meegevoer op 'n reis van misverstande, moedeloosheid en sprankies hoop dat dinge kan verander. Die storie fokus veral op die komplekse verhouding tussen ouers en kinders.
Publication date: 2011-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624046691

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 189
R 170You save R 19
Die verhaal speel af by 'n elite privaat seunskool waar Greg Owen hoofseun is en Ekhardt, 'n buitestander, in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm 'n band tussen die twee seuns. Ekhardt erken dat hy 'n voortreflike rekenaar hacker is en lei Greg in die geheime van die onderwereld in wat hom, onwillekeurig, in 'n gevaarlike avontuur intrek.
Publication date: 2015-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624046622

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 210
R 189You save R 21
Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met 'n akteur met twee seuns gaan staan en trou, en nou is Hanna en haar halfboetie Tibo se reeds gekompliseerde gesinslewe nog tien maal meer gekompliseer.

En asof dit nie genoeg is nie, kry haar ma nog die simpel idee dat hierdie hele groot, gelukkige gesin saam 'op wittebrood' moet gaan - om mekaar beter te leer ken. Voeg by al die komplikasies hierbo 'n ou huis met 'n lekkende dak op 'n verlate berg, en al die bestanddele vir 'n eersteklas ramp is daar.
Publication date: 2002-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799389319

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 210
R 189You save R 21
Wenner van LAPA se Jeugromankompetisie 2017!

Soms vind harte mekaar selfs oor eeue heen …
Sewe maande ná haar hartoperasie begin Madelaine Taaibosch vermoed daar is iets verkeerd. Sy is seker die skenkerhart wat in haar borskas klop, is 'n gebroke hart. Die dokters verseker haar daar is niks met die hart verkeerd nie, maar sy begin vreemde dinge sien. Dinge uit die verlede. Dinge wat in die toekoms gaan gebeur.
Dis wanneer Madelaine op haar antieke hemelbed lê dat die Franssprekende Camille verskyn en sy in die verlede terugreis. Dis wanneer sy Koba word en verlief raak op Buks, wat sterf wanneer hy haar tydens die Anglo-Boereoorlog teen die Engelse beskerm; dis wanneer sy Madelaine Taillefert word en haar lewe nog eens deur haar beminde, Hildebrand von Solms, gered word …
En dan is daar Brand, die rekenaar- en geskiedenisboffin wat graag navorsing oor sy stamboom doen. Hy vind uit Buks was sy pa se oupagrootjie en dat Hildebrand von Solms ook een van sy voorvaders was. Brand se oorlede meisie se hart klop nou in Madelaine se bors …
Terwyl Madelaine en Brand die geheime van die verlede stadig maar seker ontrafel, is hulle gewikkel in 'n stryd teen tyd voordat die hart in Madelaine se borskas ophou klop …
Hierdie asemrowende jeugroman deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen laat die grense tussen droom en werklikheid, hede en verlede meesterlik vervaag in 'n wegholrit van 'n liefdesverhaal wat jou meesleur tot op die laaste bladsy.

'n Uitdagende, boeiende roman vir jong volwassenes; temas soos sterflikheid, orgaanskenking, tweede kanse, reïnkarnasie, tydreise en tienerromanse word ondersoek.
'n Vorige roman deur Jan Vermeulen wat die LAPA Jeugromankompetisie in 2015 gewen het, is Asem.
Publication date: 2019-08-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485302346

Kinders: Tieners

Translator: Daniel Hugo
Kinders  -  Tieners
R 175
R 158You save R 17
Dit is die yskoue winter van 1944/1945. Die Tweede Wêreldoorlog woed nog en Nederland ly onder die Duitse besetting. Die 15-jarige Michiel kan nie wag tot hy oud genoeg is om aan die ondergrondse versetsbeweging deel te neem nie. Wanneer Dirk, hulle bure se seun, hom vra om 'n brief af te lewer voel hy dat hy uiteindelik ernstig opgeneem word. Maar Dirk word gearresteer en die persoon aan wie hy die brief moet besorg, word deur die Duitsers doodgeskiet. Gaan Michiel die brief oopmaak en die verantwoordelikheid van die opdrag daarin aanvaar?

OOR DIE OUTEUR
Jan Terlouw (1931-) het in 1970 gedebuteer as jeugboekskrywer. Hy was die leier van D66, 'n liberale linksgesinde party in Nederland. Hy het 'n opwindende en lewendige skryfstyl en, gekoppel aan sy sosiale bewustheid, skep hy magiese werke wat aansien en gewildheid geniet. Hy is reeds twee maal met De Gouden Griffel-prys bekroon.

OOR DIE VERTALER
Daniel Hugo was 'n spesialisomroeper by Radiosondergrense en verantwoordelik vir die literêre program 'Leeskring'. Hy is 'n gerekende digter met 14 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.
Publication date: 2015-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799354942

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 155
R 140You save R 15
Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in 'n pizzarestaurant by die see. Anja steur haar soos gewoonlik nie aan al Zanelle se praatjies oor ouens of aan die tydskrifartikels wat sy lees nie.
Publication date: 2007-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624046226

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 247
R 222You save R 25
Op 'n verlore spoorweghalte is stasiemeester Hendrick McDonald 'n teleurstelling vir sy vrou, Katrien. Sy loop bedags agter die huis en huil as sy dink niemand sien haar nie. Hulle dogter, Emma, kan nie meer klavier speel nie en is vasgevang in 'n saai liefdesverhouding. Hulle seun, Willem, praat twee jaar lank nie meer nie. En al vier maak asof niks verkeerd geloop het nie. Maar dan bring 'n sirkustrein vir Manuel die nar in hul lewens. Eers werk sy paljas met Willem, dan met hulle as gesin. Nou moet dit nog met 'n hele gemeenskap werk …
Publication date: 2008-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.