●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770028494

Leermiddels: Graad 5

Leermiddels  -  Graad 5
R 272
Die onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Huistaal. Dit ondersteun die onderwyser se taak deur:

'¢ 'n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures
'¢ leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In 'n neutedop
'¢ wenke te gee vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk, skryf en aanbied
'¢ gepaste inhoud en kontekste, en 'n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas
'¢ onderrigplanne vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning
'¢ 'n formele assesseringsprogram vir graad 5, asook verskeie metodes en instrumente vir assessering
'¢ 'n CD waarop 'n volledige onderwyserslêer, beplanningsdokumente en addisionele werkkaarte verskyn
Publication date: 2016-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770029071

Leermiddels: Graad 5

Leermiddels  -  Graad 5
R 264
Stories vir lekker lees (Vlak 3) is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books.
Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit.
Stories vir lekker lees bevat verskeie soorte kort literere tekste soos kortverhale, mites, fabels, sprokies, vertellings, dramas, hoorspele, fotoverhale, ensovoorts. Die begeleidende vrae, woordverklarings en taal pret het ten doel om die betekenis van die tekste maklik te ontsluit sodat leerders begrip, genot en waardering vir die Afrikaanse letterkunde kan ontwikkel terwyl hulle ook hul leesvaardigheid bevorder.
Die Boek 2-reeks bevat ses bundels:
Stories vir lekker lees - Vlak 1 (Graad 4);
Stories vir lekker lees - Vlak 2 (Graad 4);
Stories vir lekker lees - Vlak 3 (Graad 5);
Stories vir lekker lees - Vlak 4 (Graad 5);
Stories vir lekker lees - Vlak 5 (Graad 6);
Stories vir lekker lees - Vlak 6 (Graad 6).
Publication date: 2012-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780636137806

Leermiddels: Graad 5

Leermiddels  -  Graad 5
R 263
Publication date: 2012-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770022782

Leermiddels: Graad 5

Leermiddels  -  Graad 5
R 262
Piekfyn Afrikaans se leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir Graad 5 Eerste Addisionele Taal.
Hierdie onderwysersgids ondersteun die onderwyser se onderrigtaak deur:
✔ te fokus op kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind
✔ gepaste inhoud en kontekste, en 'n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas wat verband hou met die doelwitte
van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring, en integrering oor die kurrikulum heen spontaan te bewerkstellig
✔ 'n bruikbare onderrig-, leer- en assesseringsplan vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien
✔ 'n omvattende formele assesseringsprogram vir die graad, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering te voorsien
✔ beplanning en verslaghouding te vergemaklik deur die taalvaardighede en prosesse by elke aktiwiteit aan te toon
✔ 'n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite
✔ 'n CD waarop aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take, asook A2-grootte volkleur
plakkate en idiome gratis beskikbaar te stel.
Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV)"
Publication date: 2012-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770029019

Leermiddels: Graad 5

Leermiddels  -  Graad 5
R 259
VLAK 3
Leerders kan met hulp leesstruikelblokke oorkom en taamlike begrip toon.
Publication date: 2009-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770029231

Leermiddels: Graad 5

Leermiddels  -  Graad 5
R 225
Die Piekfyn Afrikaans-reeks vir Graad 4, 5 en 6 bied omvattende, geïntegreerde aktiwiteite propvol interessante inligting en uitdagings. Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag, is in hierdie boeke saamgevat.

Met behulp van die LEERDERBOEK sal leerders

'¢ spontaan oor verskeie interessante onder werpe en tekste gesels
'¢ vlot en ekspressief praat en toesprake lewer
'¢ glad kommunikeer in verskillende sosiale situasies
'¢ vinnig verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik
'¢ noukeurig en krities na taalgebruik luister
'¢ taalstrukture deeglik onder die knie kry en foutloos gebruik
'¢ nuwe woorde en sinne gebruik
'¢ transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf.

Die ONDERWYSERSGIDS bied:

'¢ 'n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures
'¢ leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In 'n neutedop
'¢ wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk en skryf
'¢ gepaste inhoud en kontekste, en 'n wye ver skei denheid tekssoorte volgens eietydse temas
'¢ onderrigplanne vir elke module asook riglyne vir lesbeplanning
'¢ 'n formele assesseringsprogram, asook metodes en instrumente vir assessering
'¢ 'n CD waarop 'n volledige onder wysers lêer, beplan ningsdokumente en addisionele werk kaarte verskyn.

Elke LEESBOEK is ingedeel volgens genres, met tekste en temas wat gepas is vir leerders in die Inter mediêre Fase en wat help om leerders se leesvaardighede en taalkennis uit te brei.

Die leesboeke bied:

'¢ kort en lang stories, fotoverhale, dramas, gedigte, en inligtings-, sosiale en mediatekste
'¢ prikkelende materiaal soos poskaarte, briewe, pamflette en plakkate, koerantberigte, resensies, verslae en advertensies.
Ter ondersteuning van die onderwyser is die volgende inligting ook in die leesboek ingesluit:
'¢ vrae oor tekste, geformuleer volgens kog ni tiewe vlakke
'¢ toeligting by moeiliker tekste
'¢ woordverklarings vir komplekse woorde.
Publication date: 2016-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780199048410

Leermiddels: Graad 5

Leermiddels  -  Graad 5
R 212
Publication date: 2014-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415424926

Leermiddels: Graad 5

Leermiddels  -  Graad 5
R 206
Publication date: 2015-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415424643

Leermiddels: Graad 5

Leermiddels  -  Graad 5
R 206
Publication date: 2015-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415423837

Leermiddels: Graad 5

Leermiddels  -  Graad 5
R 206
Die reeks is volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring ('CAPS') geskryf.
'n Moontlike werkskedule is ingesluit.
Elke onderwerp begin met 'n oorsig van wat onderrig word en die hulpbronne wat jy benodig.
Daar is advies oor die voorgestelde pas wat jou sal help om die hele jaar se werk betyds af te handel.
Ons gee by elke onderwerp raad oor hoe om konsepte bekend te stel en hoe om leerders met steierwerk voor te berei en te ondersteun.
Al die antwoorde word gegee; jy bespaar dus tyd omdat jy nie die oefeninge self hoef uit te werk nie.
'n CD propvol hulpbronne is ook ingesluit om jou met onderrig en assessering te help.
Addisionele voorbeeldvrae, toetse of assesseringstake, wat jy kan kopieer, sal jou help om jou leerders effektief te assesseer.
Publication date: 2015-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781107647077

Leermiddels: Graad 5

Leermiddels  -  Graad 5
R 201
Ken & Verstaan Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5 is deur 'n ervare span skrywers ontwikkel om die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) ten volle te ondersteun. Hierdie nuwe kursus help nie net leerders om noodsaaklike inhoud en vaardighede in die vak onder die knie te kry nie, maar gee hulle die bes moontlike grondslag waarop hulle hul kennis van Natuurwetenskappe en Tegnologie kan voortbou. Die omvattende Leerdersboekverskaf aktiwiteite wat leerders se vaardighede en begrip ontwikkel van al die onderwerpe in die kurrikulum, bevat ondersoeke, praktiese aktitiwiteite en verrykingsaktiwiteite vir elke kwartaal, sluit volkleur illustrasies, foto's en diagramme in, bied relevante inhoud wat volgens die KABV-dokument uiteengesit is.
Publication date: 2013-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780521189132

Leermiddels: Graad 5

Leermiddels  -  Graad 5
R 201
Ken & Verstaan Sosiale Wetenskappe is deur 'n ervare span skrywers ontwikkel om die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) ten volle te ondersteun. Hierdie nuwe kursus is maklik om te gebruik en help leerders nie alleen om belangrike vaardighede in die vak te ontwikkel nie, maar gee aan hulle ook die bes moontlike basis waarop hulle hul Geskiedenis- en Geografi e-kennis kan voortbou. Die omvattende Leerdersboek:
- verskaf aktiwiteite wat leerders se vaardighede en begrip van al die modules wat in die kurrikulum vir Sosiale Wetenskappe voorgeskryf word, ontwikkel
- sluit volkleur illustrasies, foto's en diagramme in
- bied nuwe en relevante inhoud wat volgens die KABV-dokument uiteengesit is. Die innoverende Onderwysersgids bied:
- stapsgewyse leiding met betrekking tot die onderrig van elke les en elke vorm van assessering
- remediërings- en verrykingsaktiwiteite vir elke module
- interessante voorstelle hoe om die kurrikulum met die leerder se leefwêreld te verbind
-'n omvattende afdeling vir Formele Assessering met voorbeeldeksamenvraestelle en -memorandums, asook fotokopieerbare rekord- en voorbeeldvelle om onderrig te ondersteun.
Publication date: 2013-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770022775

Leermiddels: Graad 5

Leermiddels  -  Graad 5
R 200
Piekfyn Afrikaans Graad 5 is gemik op leerders wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal neem. Dit bevat interessante leerstof en volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder.
Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat leerders opdoen, hulle ervaringswêreld verryk en hul sodoende deeglik voorberei vir Graad 6.
Die aktiwiteite is gerig op die verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is leerders se voorland. Leerders word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en hulle word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, In 'n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids berei leerders vir enige soort taak voor.
Dan is daar boonop die Piekfyn Afrikaans Leesboek om leerders se leesvaardighede te ontwikkel en 'n liefde vir lees te kweek.
Geniet 'n piekfyn leerervaring!
Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV)
Publication date: 2012-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770029088

Leermiddels: Graad 5

Leermiddels  -  Graad 5
R 198
VLAK 4
Leerders kan voldoende lees en voldoende begrip van die teks toon.

Stories vir lekker lees (Vlak 4) is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en nie-fiksie leesstof insluit. Stories vir lekker lees bevat verskeie soorte kort literere tekste soos kortverhale, mites, fabels, sprokies, vertellings, dramas, hoorspele, fotoverhale, ensovoorts. Die begeleidende vrae, woordverklarings en taal pret het ten doel om die betekenis van die tekste maklik te ontsluit sodat leerders begrip, genot en waardering vir die Afrikaanse letterkunde kan ontwikkel terwyl hulle ook hul leesvaardigheid bevorder. Die Boek 2-reeks bevat ses bundels: Stories vir lekker lees - Vlak 1 (Graad 4); Stories vir lekker lees - Vlak 2 (Graad 4); Stories vir lekker lees - Vlak 3 (Graad 5); Stories vir lekker lees - Vlak 4 (Graad 5); Stories vir lekker lees - Vlak 5 (Graad 6); Stories vir lekker lees - Vlak 6 (Graad 6).
Publication date: 2009-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770029262

Leermiddels: Graad 5

Leermiddels  -  Graad 5
R 195
'n Leesboek soos min!
Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Eerste Addisionele Taal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediere Fase ontwikkel.
Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir leerders in hierdie fase. Wanneer leerders hierdie leesboek lees, gaan hulle hulself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks.
Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is ook langer stories en fotoverhale wat jong lesers nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of om te dramatiseer.
Daar is ook heelwat inligtings-, sosiale en mediatekste wat leerders se lus vir lees sal aanwakker. Hulle lees oor allerlei temas waarvan hulle dalk nog nie weet nie of ontdek vreemde plekke waarvan hulle nog nooit gehoor het nie. Soms gaan hulle oulike poskaarte, briewe, pamflette en plakkate lees. Dan is daar ook talle interessante koerantberigte, resensies, onderhoude, verslae en advertensies om hul taalkennis uit te brei.
Al hierdie lekker leeswerk gaan jong lesers help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en hul taalbegrip te bevorder.
Vir die klaskamer :
Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien:
✔ Vrae oor die meeste tekste wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is
✔ Toeligting by moeiliker tekste
✔ Woordverklarings vir komplekse woorde
✔ Die stappe van die leesproses
Publication date: 2012-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.