●●● FREE delivery on orders above R450 in RSA ●●●

Winskopies / Specials

Results 31 to 45 of 158
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431617951

Christelik / Christian: Bibles / Bybels

Christelik / Christian  -  Bibles / Bybels
R 600
R 300You save R 300
Die Boodskap is 'n Bybel wat in moderne Afrikaans geskryf is met 'n enig-in-sy-soort-fokus.
Uitstaande kenmerke van Die Boodskap :
• Dit kommunikeer die onveranderlike Woord van God in 'n taal en idioom wat elke Afrikaanssprekende kan verstaan.
• Beide die Ou en Nuwe Testament is vanuit die oorspronklike Grieks en Hebreeus vertaal.
• Dit bevat versnommers vir maklike naslaandoeleindes en memorisering.
• Dit bied 'n nuwe perspektief op die Waarheid van God soos dit deur die eeue behoue gebly het.
Publication date: 2017-06-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781473657984

Fiction: Science Fiction & Fantasy

Fiction  -  Science Fiction & Fantasy
R 190
R 109You save R 81
The daughter of a prominent samurai, Mariko has long known her place—she may be an accomplished alchemist, whose cunning rivals that of her brother Kenshin, but because she is not a boy, her future has always been out of her hands. At just seventeen years old, Mariko is promised to Minamoto Raiden, the son of the emperor's favorite consort—a political marriage that will elevate her family's standing. But en route to the imperial city of Inako, Mariko narrowly escapes a bloody ambush by a dangerous gang of bandits known as the Black Clan, who she learns has been hired to kill her before she reaches the palace.

Dressed as a peasant boy, Mariko sets out to infiltrate the ranks of the Black Clan, determined to track down the person responsible for the target on her back. But she's quickly captured and taken to the Black Clan's secret hideout, where she meets their leader, the rebel ronin Takeda Ranmaru, and his second-in-command, his best friend Okami. Still believing her to be a boy, Ranmaru and Okami eventually warm to Mariko, impressed by her intellect and ingenuity. As Mariko gets closer to the Black Clan, she uncovers a dark history of secrets, of betrayal and murder, which will force her to question everything she's ever known.
Publication date: 2017-05-16
Click to enlarge
Click to enlarge
9780593071366

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 290
R 59You save R 231
TO DO LIST 1) Buy hummus 2) Pay Pilates teacher 3) Find prostitute for son... When it comes to sex, even the best laid plans come unstuck - in the stickiest way possible As a crossword-addicted English teacher, Lucy never expected to be arrested for kerb-crawling. But her autistic twenty-year-old son Merlin is desperate to lose his virginity, and a prostitute seems like the only option . . . only Lucy picks up an undercover policewoman instead. Let off with a suspended sentence, Lucy resigns herself to the fact that her son will never have sex, let alone find love... until the morning she miraculously discovers Merlin in bed with a girl. But is tough, tattooed Kayleigh just taking Merlin for a ride? If so, why? And what has brought Lucy's snake of an ex-husband wriggling back into their lives? As all her best laid plans for Merlin's happiness chaotically unravel, will Lucy ever be able to cut her son's psychological umbilical cord and start to live her own life? And will the funny, quirky and marvellously magical Merlin ever find real love? With plenty of comic twists and emotional turns, Kathy Lette's riotous yet heartrending novel tackles the taboo subject of sex for the `differently abled' - and shows us that when it comes to sex, we all have special needs ...
Publication date: 2017-05-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799383638

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 90
R 29You save R 61
Waar sal jy vlieënde paddas kry?
Watter soort bok het tande soos Dracula?
Watter diertjie kan kilometers onder die see en selfs in die buitenste ruimte oorleef?
Waar sal jy 'n verkleurmannetjie kry wat so groot soos 'n kat is?
Ontdek van die vreemdste diere op ons planeet met hierdie boek propvol prettige feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol prettige feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van vreemde diere kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Maak van naderby kennis met vampiervlermuise, ietermagogs en tapirs - en verstom jou aan van die eienaardigste diere wat jy ooit gesien het! Die temas en aktiwiteite maak hierdie reeks boeke die perfekte hulpbron vir skoolprojekte en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.
Publication date: 2017-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799383515

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
R 69You save R 231
Andrea Basson se lewe verander onomkeerbaar toe sy met die ondenkbare gekonfronteer word. Ná dertien jaar van getroude lewe met Dewald, die liefde van haar lewe, ontdek sy hy is 'n rondloper. Sy maak kennis met die slinksheid van 'n Jesebel en gaan deur al die fases van 'n vrou wat owerspel eerstehands beleef - ontkenning, verwerping, woede, wraak en intense hartseer. Die pad na herstel is lank, uitdagend en vol slaggate. Maar die storm staan nie stil nie en sy kom ook nie dieselfde mens anderkant uit nie. In die proses ontdek sy ook heling lê daarin om na ander in nood uit te reik. Egskeiding verwoes, maar die liefde maak heel. Oor die skrywer Anna Penzhorn is die skrywersnaam van Anni Niewenhuis. Helende liefde is haar 44ste boek. Sy bly op Modimolle, maak graag tuin, luister na klassieke musiek en is 'n kompulsiewe leser. Sy het 'n passie vir skryf, om haar lesers te laat ontvlug en telkens die liefde opnuut te laat ervaar. Sy beskou verhale waarin die liefde tussen man en vrou sentraal staan as 'n positiewe en helende krag. In 2000 het sy die eerste LAPA-liefdesromantoekenning ontvang vir Gesteelde liefde en in 2004 vir Hart van 'n held. Pryswoorde Chanette Paul, LAPA se manuskripontwikkelaar, sê: "Wat 'n heerlike, deurleefde manuskrip! En boonop so vlot geskryf en goed versorg. Anni lewer hier werk van uitstekende gehalte. My hart wou breek vir Andrea. Ek het saam met haar swaar gekry. Haar seerkry het in my geëggo, haar verwarring en die ontreddering wat sy voel, het my diep ontroer." Jeanette Ferreira, teksredakteur sê: "Hierdie is knap hantering van 'n sensitiewe tema deur 'n ervare skrywer van romanses en liefdesromans. Die leser lag en huil saam met die hoofkarakter, word op 'n reis geneem wat emosionele geweld in sy rouste vorm uitspel. Maar Andrea kies die pad wat na heelheid en uiteindelik ook 'n nuwe liefde lei. Anna Penzhorn het 'n fyn aanvoeling vir die psige van die vrou en die verwikkeldheid van verhoudings."
Publication date: 2017-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799383508

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 69You save R 231
Christine wil van Frikkie, haar man, ontslae raak. Moord maak meer sin as egskeiding, veral nadat hy baie geld op die Lotto wen wat hy nie met haar deel nie. Dan trek daar 'n geskeide man met 'n volwasse dogter langs haar in. Wanneer Frikkie op onverklaarbare wyse by die trap in die huis afval, is die speurders en Christine suspisieus oor haar nuwe buurman. Christine, die ryk weduwee, trou gou weer en trek saam met haar nuwe man na 'n veiligheidslandgoed. Haar eertydse kollega, Zebith, is haar nuwe buurvrou. Mettertyd kom Christine agter dat die huis waarin sy en haar nuwe man bly 'n bloedige geskiedenis het. Zebith ken die geskiedenis en was betrokke by die inwoners. Sy ly aan postraumatiese stres en wroeg omdat sy skuldig voel oor wat in die huis langs hare gebeur het. Saam met die skuldgevoel moet sy ook die pyn van haar gebroke hart hanteer. Die twee buurvroue het albei die man saam met wie hulle gewoon het, verloor en albei het skouers geskuur met gewelddadige dood. Daar kan tog nie nog onvoorsiene tragedies vir hulle voorlê nie? Oor die skrywer Elsa Hamersma het al 15 boeke geskryf. Een daarvan was 'n jeugverhaal, Die teken van die crux, waarmee sy die Sanlamprys vir jeuglektuur in 1998 gewen het. Die mense langsaan is haar eerste spanningsroman en dis geskryf in die tradisie van die domestic noir, The girl on the train - 'n eerste in Afrikaans. Pryswoorde Chanette Paul, LAPA Uitgewers se manuskripontwikkelaar, sê: "Ek moet Elsa gelukwens met hierdie manuskrip. Sy het haar goed van haar taak gekwyt. Elsa skryf ook lekker vloeiend en is baie goed taalvaardig. Dis altyd verblydend wanneer skrywers nuwe genres in Afrikaans aanpak. Die noir-genres, en spesifiek domestic noir, is deesdae baie gewild. Ek is dus bly Elsa het hierdie tendens op die proef gestel." Jeanette Ferreira, teksredakteur, sê: "Dit is die beste van Elsa se romans wat ek ooit gelees het. Die bisarheid, die droefheid, die sameloop van omstandighede het my so geboei dat ek nie die teks wou neersit nie. Well done!"
Publication date: 2017-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799383560

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 250
R 69You save R 181
(Tweede druk.) Vir die pragtige en sprankelende Jacqueline de Péronne is die lewe aan die Kaap 'n lied. Nie eens haar gereëlde huwelik met haar uiters onaantreklike stiefneef, kaptein don Miguel Cortés, 'n groot, vet en onaantreklike slawehandelaar kry haar onder nie. Miguel is vort met sy vrag slawe en Jaqueline hervat haar ongebonde lewe van pret en partytjies. Christoban Hernández, 'n uiters aantreklike reisiger en gas aan haar tante se huis het egter ander idees oor die huwelik. Hoe 'n getroude vrou haar behoort te gedra. Hy onderneem om haar vryhede in te perk. In te staan vir haar man. Maar niemand regeer Jacqueline nie. Allermins 'n vreemdeling. Sy tart hom. Treiter hom. Maak haar rokke se halslyne nog laer. Jaag sy bloeddruk doelbewus op. Keer op keer beland sy in Christoban se arms, maar swig kan sy nie. Sy is en bly 'n getroude vrou. Miguel se terugkeer verander alles. Christoban het 'n ou appeltjie met Miguel te skil. Christoban was 'n roeier op Miguel se galeiskip en dra die letsels oor sy lyf. Miguel moet sterf. Nie eens Jacqueline kan Christoban keer nie. Maar vir wie se lewe moet sy vrees? Haar man s'n of die man wat sy liefhet?
Publication date: 2017-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799382877

Nie-fiksie / Non-fiction: Crafts & Hobbies & DIY / Stokperdjies & Handwerk

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Crafts & Hobbies & DIY / Stokperdjies & Handwerk
R 370
R 79You save R 291
Vrouekeur 50 breipatrone bied 'n breibonanza vir die ywerige handwerker. Christa Swanepoel en Vrouekeur bied 50 splinternuwe breipatrone in een boek, opgedeel in 5 temas: Babas, Meisies, Seuns, Mans en Troeteldiere. Die moeilikheidsgraad van die patrone en tegnieke wat gebruik word wissel, wat die boek ideaal maak vir beginners asook brei-entoesiaste met meer gevorderde vaardighede. Projekte wat aangepak word wissel van skattige babamussies en -truitjies tot truie, serpe en musse vir kinders en vir mans. Troeteldierliefhebbers sal mal wees oor die hoofstuk wat items vir troeteldiere, soos verskeie hondejassies, 'n drasak, katbedjie en - speelgoed, bevat! Die boek bevat ook 'n lys van brei-afkortings in Afrikaans en Engels.
Publication date: 2017-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799384550

Nie-fiksie / Non-fiction: Food & Drink / Kookboeke

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Food & Drink / Kookboeke
R 300
R 69You save R 231
Heruitgawe
Met dié boek word ma's tydelik uit die kombuis verban, want jou wederhelf en kinders is van plan om jou te bederf met heerlike kos wat hulle sonder hulp of te veel moeite voorberei het. "Nie vir Ma's nie" se resepte is maklik, beproef en het stap-vir-stap aanwysings wat enige groentjie gemaklik sal laat in die kombuis.
Die boek verskaf ook die nodige omskakelingstabelle en wenke en laat kinders toe om meer te leer oor die doel van kombuistoerusting.
Daar is heerlike resepte vir ontbyte, ligte etes, voorgeregte, kitskos, aandetes, bykosse, braai disse, nageregte, teetyd-versnaperinge en smulgoed vir smulpape. Buiten heerlike resepte, is daar ook 'n hele hoop wenke wat kosmaak sommer kinderspeletjies maak.
Hoofstukke
ï‚· Ontbytjolyt
ï‚· Haastige happies
ï‚· Pret met pasta
ï‚· Sorg vir aandete
ï‚· Bring en braai
ï‚· Groente en slaaie
ï‚· Perfekte poedings
ï‚· Bak en brou
Hierdie is 'n hersiene uitgawe met nuwe resepte
Publication date: 2017-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799380149

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 90
R 29You save R 61
Waarom bring 'n baba-kangaroe die eerste paar maande van sy lewe in sy ma se buidel deur?
Hoeveel melk kan 'n olifantkalfie in een dag drink?
Hoe leer 'n baba-sjimpansee om al die dinge te doen wat sy ma en pa kan doen?
Hoe oorleef ysbeerwelpies in die ysige Arktiese koue?
Hierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wêreld van babadiere te verken! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van babadiere kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Ontdek van die oulikste babadiere in die wêreld, en vind uit hoe hulle aangepas is om in die natuur te oorleef.
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799383331

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 69You save R 231
In hierdie tweede boek in 'n reeks oor Luna, 'n jong speursersant van Stellenbosch, word sy betrek by die ondersoek na 'n tienermeisie, Elodie, wat spoorloos uit 'n plaaslike gastehuis verdwyn het.
Die meisie se ouers het as jong getroudes na Engeland geëmigreer en nou is die pa weer hier vir werk. Die ma en dogter het met vakansie saamgekom en Elodie kry ook geleentheid om spesiale vioollesse by die universiteit by te woon.
Luna se bekommernis oor wat met die meisie gebeur het, laat haar dieper betrokke raak by die gesin en noop haar eindelik om meer te waag as wat haar bevelvoerders van haar sou verwag. Sy volg 'n suspisieuse motor tot in 'n swart woonbuurt waar sy oorrompel en self ontvoer word. In die bak van die motor vind sy die meisie, maar nou is albei gevangenes van 'n kartel wat handel dryf in jong vroue.
Luna moet elke greintjie inisiatief inspan en al haar kennis betreffende selfverdediging bymekaarskraap om van die ontvoerders af weg te kom. Ook om vir Elodie uit die gebou te kry en steeds uit die ontvoerders se kloue te hou. Geleidelik blyk dit dat die gesinnetjie se bestaan nie so idillies is as wat dit vir buitestanders mag lyk nie. Aan die einde van die verhaal wag 'n skokkende onthulling op die leser.
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799383324

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 250
R 69You save R 181
Anina Roux vlug tydelik Fynbos toe om haar egskeiding en haar ouma se boedel af te handel. Noodgedwonge leer sy 'ouvrougoed' soos hoe om wol te spin en te kleur en - hemele behoede haar - te hekel! Sy leer dat hoop in verskeie skakerings voorkom en dat haar aantreklike buurman haar knieë nog net so lam maak soos jare gelede.
Mark Burger kan nie meer professioneel gholf speel nie en sukkel om dit te aanvaar. Nog minder stel hy belang in 'n verhouding met sy buurvrou, maar raak halsoorkop verlief op haar driejarige dogtertjie. Hy kry haar ma egter om die dood nie uit sy kop of sy hart geweer nie.
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799382785

Nie-fiksie / Non-fiction: Food & Drink / Kookboeke

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Food & Drink / Kookboeke
R 100
R 29You save R 71
Tuisgemaakte sop en brood is een van die beste maniere om liggaam en siel te voed gedurende die koue wintermaande - of dit 'n ontspanne middagete of 'n meer gesofistikeerde voorgereg is, sop bly die maklikste en mees veelsydige opsie.
50 Sop- en Broodgeregte bevat vyftig voedende sop- en broodresepte wat familiegunstelinge sal word.
Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik bekombaar is by jou plaaslike supermark.
Die resepte sluit treffers in soos:
- Hoendernoedelsop
- Romerige blomkool-en-aartappelsop met spek
- Oom-en-tantesop
- Kruiebrood in 'n blikkie
- Olyf-en-spekbroodwiele
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799379891

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: David Theron
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
R 39You save R 121
Theo bly saam met sy ma, sy broer en sy suster reg langs die biblioteek. Die ander katte stel net belang in kos, kattekwaad en kattemaai. Maar nie Theo nie. Hy hou van lees. In hierdie omnibus verskyn drie lekkerleesstories oor Theo se avonture. In Theo die biblioteekkat is Theo die enigste een wat 'n rot ruik toe die aaklige mevrou Zuurpruim al die katte nooi om by haar te kom woon. In Theo en die kattedief is al die katte in Huis Kietziekatzie dol daaroor wanneer Theo vir hulle stories lees. Maar op 'n dag verdwyn die katte skielik spoorloos. Waar kan hulle wees? In Theo en die sirkus is daar op 'n dag 'n plakkaat in die biblioteek opgeplak. Alle diere word genooi om by die sirkus aan te sluit. Almal is opgewonde en oefen om toertjies te doen. Maar Theo lees iets wat sy snorbaarde laat kriewel ... Hierdie drie prettige stories is nou vir die eerste keer in een pragtige omnibus beskikbaar - perfek vir voorlees of selflees.
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799383119

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 59You save R 241
Op Pelgrimshoop, 'n weggesteekte dorpie in die voue van die Laeveld, waar die vlaktes wemel van skaap, gras en die oudste klipformasies in Suid-Afrika, daar vind Hannah de Witt in 1956 haar voete weer na 'n verbryselende verhouding wat sy agterlaat in Pretoria. Ongeag die feit dat haar student, Elias Bart, die knorrige boer van Bartelheim, die man wat 'die ding het met die perde', aanvanklik nie wil saamwerk met waarvoor hy haar laat kom het nie: Om hom verder te kom leer. Die legendariese vete tussen Vliet Vorster, sy 4-manbende, en Bart dreig boonop om in 'n volskaalse konflik te ontaard want Vorster haat die 'bontspul' op Bartelheim. Vliet Vorster, voorste boer en burgemeester, wat elke Saterdagaand Die Oog leegdrink en Sondag voor in die kerkgestoeltes sit. Ondanks die dorp se opstand oor Hannah en haar skrywerbroer Abram se teenwoordigheid in die omgewing, die atmosfeer op die plaas wat maar styf is en Hannah se onwillige student groei die waarheid, teerheid en nederigheid - en Hannah leer 'n ander Elias ken. Die boek verloop deur een baie belangrike jaar in ons geskiedenis, 1956, die instelling van 'petty politics' en met o.m. die vrouemars na die Uniegeboue. Dit vertel 'n stukkie ongekende geskiedenis - en is gebaseer op werklike gebeure in ons geskiedenis wat onverteld is, om een of ander rede
Publication date: 2017-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.