●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING - BINNE RSA GRENSE - OP ALLE BESTELLINGS ●●●

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415210208

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
Bailey Kellerman verlaat Suid-Afrika finaal ná nog 'n liefdesteleurstelling deur haar eerste liefde, Adam. Hulle het 'n aan-en-af-verhouding sedert hulle jong dae, maar Adam verneuk haar gereeld en kom nie tot trou nie. In London trou sy met 'n Fransman, maar word ook deur hom in die steek gelaat.

Terwyl sy oorsee is, word haar ouers wreed in hul huis in Johannesburg tydens 'n rooftog vermoor. Haar broer, Zak, daag woedend by haar huis op en dring daarop aan dat sy terugkom Suid-Afrika toe. Hy verwyt haar ook dat sy nie by die begrafnis was nie, min wetend wat haar omstandighede daardie tyd was.

Sewe maande later is Bailey terug in Suid-Afrika, maar iewers is daar 'n slang in die gras. Hoekom het haar pa nie die kluis tydens die rooftog vir die rowers oopgemaak nie? Wat is in die toegesluite kluis? En gaan Adam weer amok in haar lewe kom maak?
Publikasiedatum: 2018-09-04

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.