●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432308735

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 340
'n Geslag jong volwassenes het Help! Daar's 'n Stoof in My Kombuis, Annabel Frere se eerste kookboek, leer ken, is mal daaroor en afhanklik daarvan. Dieselfde geslag het die jong beroepslui geword wat nou op 'n ietwat meer gesofistikeerde vlak moet onthaal. As skrywer het Annabel al hierdie stadiums met haar eie dogters meegemaak, en sy het weer eens smaaklike en relatief eenvoudige resepte vir geleenthede saamgestel - van onbeplande samekomste tot goedgeorganiseerde geleenthede.

Groot klem word op goeie beplanning gelê, asook kos wat vooraf berei kan word sodat die kok soveel tyd moontlik aan sy of haar gaste kan bestee, pleks daarvan om die dag in die kombuis deur te bring. Aandag word ook gegee aan tekstuur en aanbieding, met heelwat wenke en voorstelle oor moeitelose onthaal. Waar disse dalk meer ingewikkeld lyk, is Annabel uitstekend daarmee om die misterie te ontsluit. En natuurlik is geen partytjie volledig sonder die regte vloeibare begeleiding nie. Dus is daar 'n hoofstuk oor 'n verskeidenheid skemerkelkies, met en sonder alkohol.

Inhoud: Begin met 'n plan; Nuttige inligting; Vrolikheid vir die glas; Souse, Gegeurde botter en Prikkelbykos; Peuselkos en Vingerhappies; Voorgeregte; Hoofgeregte; Bykosse;Nageregte; Indeks
Publikasiedatum: 2018-09-04

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.