●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770079120

Nie-fiksie / Non-fiction: Plante / Plants

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plante / Plants
R 530
Hierdie omvattend uitgebreide, hersiene uitgawe van die beste verkoper onder boom-veldgidse vir die streek bied veel meer as die hoogs suksesvolle eerste uitgawe. Volledig bygewerkte teks (insluitend bykomende spesie-inskrywings) en verspreidingskaarte, talle nuwe foto's en 'n nuwe seksie van 87 bladsye met foto's van die hele boom maak dié gewilde gids nog meer noodsaaklik in die veld.

Suider-Afrika het 'n ryk verskeidenheid bome, met sowat 2 100 inheemse en meer as 100 genaturaliseerde uitheemse spesies. Veldgids tot bome van Suider-Afrika beskryf en illustreer meer as 1 000 hiervan, met die klem op die algemeenste bome en dié wat waarskynlik die meeste teëgekom word. Spesies is op grond van maklik waarneembare blaar- en stingelkenmerke logies in 43 groepe gerangskik, elke inskrywing met volkleurfoto's van die diagnostiese dele van die plant. Praktiese gebruike van die plante word ook genoem.
Publikasiedatum: 2013-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.