●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770229297

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 260
In Sabbatsreis vertel Annelie Botes hoe sy in 2004 blindelings op 'n vliegtuig geklim het om in Engeland 'n ouma te gaan soek wat sy kon oppas. Om haar skuld te betaal. Vir 'n hellejaar (ook met heelwat hemelse oomblikke!) word sy Granny se hoeder.

Maar genoeg is selde genoeg. Kwalik ses maande nadat sy teruggekom het Baai toe, vlieg sy wéér Engeland toe. Dié keer as die goewernante van vier onhebbelike bloubloed-seuntjies. En, soos Aspoestertjie, bevind sy haar in 'n grillerige ou kasteelhuis, en sy is net 'n kasteelbediende. Sy ly honger; sy verkluim. Sy moet haar karige leefruimte deel met die wandelende gees van 'n vrou wat lankal oorlede is, maar steeds snags in die kasteelgange rondloop.

Om vir haar 'n wegkruipplek te skep, rig sy 'n antieke Mercedes-Benz vol muisneste, wat verlate in 'n plaat onkruid staan, in as haar heiligdom. Droomplek. Dinkplek. Huilplek.

Tien jaar later sit sy by haar ou bruin lessenaar en rol die kamera terug na daardie tyd. Bekyk die glasskoentjies wat elke mens langs die pad verloor. Lugkastele wat tuimel. Alles net swaanveertjies in die winterwind. Tog, ondanks ons stukkende vlerke, leer ons vlieg. Hoër en verder as wat ons ooit kon droom.

Soms. Soms nie.
Publikasiedatum: 2016-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.